Artikels

Titel: Die verhouding tussen ons, Jesus en God, die wet van God en Jesus se gebod

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sien dat daar sedert die vroegste tye reeds verwarring bestaan rondom die verhoudings tussen ons en Jesus, tussen Jesus en Sy(ons) Vader en tussen die gebooie van God en Jesus se gebod. Paulus was een van die wat dit aan die begin nie lekker verstaan het nie.

Gelukkig het Johannes Jesus se lering oor die onderwerpe aangeteken en veel duideliker as dit kan mens dit nie stel nie. Dis regtig jammer dat Paulus nie Johannes se Evangelie gelees het nie want dan sou hy dit ook verstaan het.

Wat ook jammer is, is die dat die vroeë Germaanse Christene wie se voorgangers hulle teologie op Johannes se Evangelie se aanbieding van Jesus se teologie gebaseer het later deur die Roomse Katolieke kerk met geweld gedwing was om die leerstelling van 'n drie-enige god waarin Jesus en Sy Vader en die Heilige Gees van Sy Vader aan mekaar gelykgestel word as somehow een en dieselfde maar tog verskillend in teenstelling met Jesus self se leerstelling oor die onderwerp aan te neem.

Meeste van die latere vertakkings vanuit die Rooms Katolieke tradisie, soos die Protestante, het die vals leerstelling van die drie-enigheid voortgedra tot waar mens dit vandag in die meerderheid kerke in die sogenaamde Weste en ook in Suid Afrika vind.

Ironies genoeg het van die vroeëre Romeinse Keisers en selfs van die latere Keisers en hulle families Jesus se teologie soos deur Johannes aangebied gevolg al het die Roomse Katolieke kerk die vals leerstelling as offisiële doktrine binne die Roomse tradisie verkies te Nicea in Turkye in die jaar 325nC.

Die oortuiging volgens Johannes se weergawe van Jesus se leerstelling aangaan Homself, Sy Vader en Sy vriende, ons, word Arianisme genoem ter ere van Arius, 'n Christen van Libiese oorsprong, wat die verpolitisering van die geloof en die vals doktrines van die drie-enigheid bekamp het as kampvegter van die vroeëre Christelike kerk.

Hy was natuurlik oudergewoonte as ketter afgemaak deur die Katolieke kerk van sy dag, hoewel hulle hom vir 'n wyle weer in ere herstel het en toe eers weer na sy dood besluit het om hom tog offisieel as ketter te brandmerk.

Persoonlik dink ek die wat die leerstelling van die drie-eenheid aanhang het nie 'n cooking clue wat Jesus met Sy Hemelse Vader bedoel het nie, die dat hulle hulle ook nie aan Sy leerstellings aangaande skuld en besitreg steur nie maar eerder die leerstellings van magsugtiges, geldskieters en politici aanhang. Wie die Vader nie ken nie, ken ook nie die Seun nie, al glo hulle dat hulle doen en al doen hulle watookal in Sy naam.

Ek plaas die kerngedagtes rondom die verhouding tussen ons, Jesus, ons Hemelse Vader en die Gees van Waarheid en die verhouding tussen die wette van die ou verbond wat in Jesus volbring was en Sy verbond met ons

- so -

Johannes 14: 28 tot 16: 13 (neem kennis, die hoofstukke en versies bestaan nie in die oorspronklike nie)

"Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader,

- omdat my Vader groter is as Ek. -

En nou het Ek dit aan julle gesê voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur.
Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie. Maar dat die wêreld kan weet dat

- Ek die Vader liefhet en doen net soos die Vader My beveel het —

staan op, laat ons hiervandaan weggaan. "

- Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. -

Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

- Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het. -

Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

- As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. -

Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.

- Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. -

- As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly. -

Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.

- Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. -

Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.

- Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. -

Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

- Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê. -

As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het. As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle. Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: 'n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar. Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van my Naam,

- omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie. -

As Ek nie gekom en met hulle gespreek het nie, sou hulle geen sonde hê nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie. Wie my haat, haat ook my Vader. As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.

- Maar die woord wat in "hulle wet" geskrywe is, moet vervul word: Hulle het My sonder oorsaak gehaat. -

Maar as die Trooster gekom het

- wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan -

, sal Hy van My getuig. En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.

Hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag struikel nie. Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom 'n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys.

- En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie. -

Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het. Maar Ek het julle dit nie van die begin af gesê nie, omdat Ek saam met julle was.

- En nou gaan Ek na Hom wat My gestuur het;-

en niemand van julle vra My: Waar gaan U heen nie? Maar omdat Ek dit vir julle gesê het, het droefheid julle hart vervul. Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid,

- omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; -

en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is. Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

En dan wonder die broederbonders (wat ook die vals lering aanhang) hoekom God die hef uit hulle hand verwyder het. Die dag sal kom waarop almal regoor die aarde wat mag bekom het wat vals leerstellings verkondig magteloos en naak voor die waarheid sal staan. Spyt kom te laat. Kom uit onder die betjoinkste outjies.



Kommentaar

My liewe jissis
Ek verstom my wanneer ek sien dat die Geloof nog so diep loop. Die 'verlosser' ketting die mens met masogistiese skuldgevoelens en vernederende selfveragting, asook, nog meer ongelooflik, met 'n narsistiese sadisme gebore uit die leerstelling van die uitverkore.

Fantastical, schizophrenic, narcisistic, sadomasicistic, delusional.

Jammer, maar die geestes obsessie kort die kroniese medikasie van skeptiese maar opregte openheid en eerlikheid. Mag ons verlossing met rede en liefde bekom word.
5 maande 2 weke 4 dae 4 ure 12 minute oud


Sorry
Boere, met 'n hoofletter B.
6 maande 1 week 5 ure 19 minute oud


Maar Waldor
Paulus het dan vir Jesus "gesien" nes die skrywer van Openbaring Hom "gesien" het, nes Nongqawuse die boere almal in die see "sien" of dalk eerder ge"hoor" verdrink het. Ek wonder of die stemme wat sy gehoor het nie dalk 'n paar Zoeloe spioene/agente, was nie. Hierdie klas van "sieners" is 'n kommerwekkende verskynsel.
6 maande 1 week 5 ure 21 minute oud


Paulus - Kommunis
Paulus, die diaspora Jood wat hy was - die "Johnny Come Lately" van die Bybel het nie eers die moeite gedoen om die apostels wat nog gelewe het en wat Jesus kwansuis geken het opgesoek om bietjie kers op te steek toe hy begin skryf het oor Jesus...

Wie skryf 'n biografie oor iemand en praat nie eers met die wat hom persoonlik geken het nie... Paulus het geskryf wat hy gedink het Jesus bedoel het, en dit het die dogma van die kerk geword.

Hitler het een aand by Bergtesgarten in 'n diep gesprek oor religie gese: "Paulus was die eerste Kommunis"
6 maande 1 week 6 ure 11 minute oud



Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar