Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Digvorme word bepaal deur vaste tradisionele tipe vorme wat deur tyd dieselfde gebly het soos byvoorbeeld sonnette, rondele en villanelle en hulle kan bepaalde rymskemas hê, maar hoef nie noodwendig, afhangend van watter tipe gedig dit is. (1)

As mens na die inhoud van gedigte kyk kan gedigte verdeel word in liriese (2) (3), epiese (4), didaktiese (5) en dramatiese (6) digsoorte. Daar is ‘n verskil tussen digsoorte en digvorme.

Drama is ‘n vorm van letterkunde wat prosa of verse kan wees, wat gewoonlik voorkom in die dialoog vorm, wat gerig word op uitvoering; dramatiese kuns is die komponente wat nodig is vir die skryf en voortbring van die drama, soos toneel samestelling, toneelspel en kostuum en stel ontwerp.

Die woord drama kom van die Griekse woord wat beteken om “te doen” en dus word drama gewoonlik geassosieer met die idee van aksie. Gewoonlik word drama beskou as ‘n storie oor gebeure in die lewens van karakters. Dramatiek dui op die idees van spanning, konflik, kontras en emosie wat gewoonlik verband hou met drama.

As die teater slegs beskou word as ‘n tak van letterkunde of slegs as ‘n vorm van vertelling word daar dan dele van die geskiedenis uitgelaat. Sommige periodes of kulture het aspekte van dramatiese letterkunde benadruk, waar ander aspekte teater produksie benadruk het. Sommige kulture sien die teater se waarde vir verhaal vertelling, ander sien dit egter as godsdiens, spektakel of ontspanning.

Die teater was gebruik as ‘n verlenging van godsdienstige feeste, om politieke idees te versprei of om propaganda te versprei aan massa gehore, as ontspanning en as ‘n soort kuns. Die grootste deel van die geskiedenis het die teater gelyktydig op drie vlakke bestaan as los georganiseerde populêre ontspanning, as ‘n hoofstroom openbare aktiwiteit, en ‘n elitiese kunsvorm.

Op die vlak van ontspanning het dit bestaan uit individue of klein groepe, wat gewoonlik gewerk het buite die daar gestelde teater kanale, wat enige iets aangebied het van sirkus toertjies tot komieklike optredes voor massa gehore. Hierdie vorm bestaan voor die oudste bekende dramas en word steeds uitgedruk op televisie. Teater as ‘n hoofstroom openbare aktiwiteit is gewoonlik algemene literêre dramas, wat aangebied word in openbare teaters, dit is gewoonlik kommersieel of anders staat ondersteun wat aangebied word vir die algemene publiek. Die teater as ‘n elitiese kunsvorm word eenvoudig gedefinieer deur die toepaslike gehoor, ‘n beperkte groep met gespesialiseerde smaak. Hierdie vorm varieer vanaf die hof uitvoerings van die renaissance tot die moderne avant-garde teaters.

Ek gaan verby die geskiedenis gaan tot die sestiende eeu en net baie vlugtig wees in my behandeling van geskiedkundige tydperke aangesien die toneelstukke van William Shakespeare en Percy Bysshe Shelley vir my persoonlik van belang is en ek hulle gedigte en toneelstukke in diepte deurgewerk het.

Gedurende die heerskappy van Elizabeth I het drama begin ontwikkel in Engeland aan die einde van die sestiende eeu. Anders as die kontinentale drama wat geskep was vir die elitiese gehoor, het Engelse drama populêre gewees onder die publiek en gebou op die aanvraag van die man in die straat. Thomas Kyd en Christopher Marlowe het epiese, dinamiese dramas begin skep wat uitgeloop het in die komplekse en diverse werk van die briljante digter William Shakespeare. Hierdie toneelstukke het ‘n klassieke toneel en bedryf struktuur gebruik en verse gebruik om tragedies, komedies en pastorale werke aan te bied.

William Shakespeare, (1564-1616) die Engelse digter en dramaturg word in ‘n groot deel van die wêreld geag as die grootste van alle dramaturge. Gewoonlik word sy dramatiese loopbaan verdeel in vier tydperke. In die eerste tydperk het daar eksperimentering plaasgevind, waar hy steeds duidelik onder die invloed van die klassieke modelle van drama was, in die tweede tydperk het Shakespeare duidelik ‘n eie styl en aanslag openbaar, in die derde het Shakespeare die sogenaamde probleem dramas, moeiliker tragedies en komedies behandel waar daar onbeantwoorde vrae is en in die finale tydperk het sy styl gebloei in die romantiese tragedie komedies wat eksotiese simboliese stukke geword het. Shakespeare se versdramas was gewoonlik op die jambiese pentameter metrum gebou, maar in my versdrama wat volg het ek eerder van ‘n eie vrye vers metodiek gebruik gemaak.

Soos genoem was Shakespeare se eerste periode gekenmerk deur eksperimentering. Sy eerste toneelstukke in teenstelling tot sy meer volwasse werk, word gekenmerk deur formele en heel duidelike konstruksie en is met tye gestileerde verse.

Daar is vier toneelstukke wat dramatiek verleen aan die burgerlike struweling en kronologies is tot die Engelse geskiedenis van die vyftiende eeu. Hierdie toneelstukke gaan oor die bose gevolge van swak leierskap en van nasionale onenigheid wat lei tot selfsugtige dinge. Die tonele is Henry VI, dele I, II en III (c. 1590-1592) en Richard III. (c. 1593) In styl en struktuur is hierdie toneelstukke verwant aan middeleeuse dramas en gedeeltelik aan die werke van Christopher Marlowe en die invloed van die klassieke Romeinse dramaturg Seneca word ook weerspieël in die samestelling van die vier toneelstukke, in die bloed dorstigheid van baie van die tonele en in hulle kleurvolle bombastiese taal netsoos Seneca se invloed in Thomas Kyd se toneelstuk Titus Andronicus (c.1590) teenwoordig is.

Shakespeare se komedies van die eerste periode handel oor ‘n wye bestek. Die Comedy of Errors (c. 1592) is ‘n rumoerige klug wat die klassieke Romeinse komedie naboots en berus op die foute van twee identiese stelle tweelinge in romanse en oorlog. Die klug word nie so sterk benadruk in die Taming of the Shrew (c. 1592) wat ‘n karakter komedie is. Die Two Gentlemen of Verona (c. 1595) berus op die aantrekking krag van romantiese liefde. In kontras is Love’s Laboru’s Lost (c. 1595) ‘n satire van die liefde van die hoof manlike karakters asook oor die manier waarop hierdie edelmanne romantiese en wêreldse valstrikke vermy.

In Shakespeare se tweede periode word van sy belangrikste toneelstukke ingesluit wat betrekking het op die Engelse geskiedenis wat ook bekend is as sy sogenaamde gelukkige (joyous) komedies en twee groot tragedies. In hierdie tydperk word sy benadrukking en styl hoogs individueel. Die toneelstukke van die tweede tydperke sluit Richard II (c. 1595), Henry IV, dele I en II (c. 1567) en Henry V in. (c. 1599).
Richard II is ‘n beskouing van ‘n swak, self dramatiseerende, maar simpatieke monarg wat sy koninkryk verloor aan sy sterk opvolger Henry IV. In die twee gedeeltes van Henry IV kom Henry tot erkenning van sy eie skuld en ook sy vrese vir sy eie seun Henry V.

Henry IV se vrese vir sy seun Henry V is egter ongegrond want die jong prins beeld ‘n toewyding uit tot sy pligte en tot koningskap. In tussen speling tot die meesterlike komiese tonele waarin die vet ridder Falstaff en die rebel Hotspur voorkom vind die prins sy eie behoorlike standpunte en plek. Die vermenging van tragedie en komiese aspekte en ook die ironiese elemente druk ‘n breë vlak van menslikheid uit, wat een van Shakespeare se geliefkoosde middele word.

A Midsummer Night’s Dream (c. 1595-1596) is uitstaande tussen die komedies. Die fantasie gevulde kommerloosheid daarin word verkry deur verskeie komplotte in een te weef wat twee pare edele minnaars, ‘n groep lewendige komiese dorps mense en lede van die fee ryk insluit. Veral Puck, koning Oberon en koningin Titania word prominent.

Die subtiele gebruik van die atmosfeer kom ook voor in die tragiese komedie die Merchant of Venice (c.1594-1598). Die renaissance se dominante idees oor vriendskap en romantiese liefde word in hierdie toneelstuk uitgedruk teenoor die bitter onmenslikheid van die Joodse geldskieter Shylock, wie se eie ongeluk voorkom om simpatie en begrip te weeg te bring. Miskien is hier ook ‘n weerspieëling van die vervolging en haat teenoor die Jode en die purgering wat voor gekom het ten opsigte van daardie mense. Die soort van skerp, helder, warm en verantwoordelike jong vrou wat Portia uitdruk kom weer voor in die gelukkige (joyous) komedies van die tweede tydperk.

Die geestige komedie Much Ado About Nothing (c. 1598-1599) word deur sekere kritici beskou as bevlek deur die onsensitiewe behandeling van die vroue karakters, nogtans word Shakespeare se volwasse komedies soos As You Like It (c. 1599) en Twelfth Night (c. 1601) gekenmerk deurdat hulle liries, dubbelsinnig is en deur aantrekking van pragtige, sjarmante en karaktervolle heldinne soos Beatrice. In As You Like It word daar kontraste getrek tussen die hof van Elizabeth en die Engelse landskap op ‘n ryk, pragtige varieerende manier. Shakespeare het die vermoë om komplekse patrone tussen verskeie karakters en hulle verskyning en die werklikheid daar te stel. Hy gebruik hierdie soort patroon om kommentaar te lewer op klein menslike gebreke. In hierdie opsig is As You Like It soortgelyk aan Twelfth Night waar die komiese gedeelte van liefde uitgedruk word deur die rampspoed van twee pare romantiese minnaars en ‘n aantal realistiese en naragtige karakters. Nog ‘n komedie in die tweede periode is The Merry Wives of Windsor (c.1597) waar hierdie toneelstuk ‘n klug is oor die middelklas lewenswyse waarin Falstaff weer verskyn as die komiese slagoffer. Die einde en begin van die tweede tydperk word gekenmerk deur twee tragedies wat heel uiteenlopend is in hulle aard. Romeo en Juliet (c.1595) is beroemd vir die poëtiese blik op die ekstase van jeugdige liefde, dramatiseer die lot van twee bemindes wat slagoffers is van die vetes en misverstande van hulle ouers familielede en vriende en deur hulle eie haastige karakter temperamente. Daarteenoor is Julius Ceasar (c. 1599) ‘n ernstige tragedie van politieke onenigheid en wedywering maar dit is minder intens in die styl daarvan tot die tragiese dramas wat dit gevolg het.

Shakespeare se derde periode sluit die grootste tragedies in en sy sogenaamde duister of bitter komedies. Die tragedies in hierdie tydperk is die diepste en mees gesaghebbend van al sy werke, waar sy digterlike idioom ‘n uiters soepel dramatiese instrument geword het wat menslike gedagtes en die verloop van die dimensies van dramatiese situasies uitdruk.

Hamlet (c. 1601) wat waarskynlik sy beroemdste toneelstuk is, gaan vêr verby die tragedie van wraak waar dit vuigheid uitdruk en die glorie van die menslike toestand. Hamlet voel dat hy in ‘n wêreld van korrupsie en bedrog leef, wat ondersteun word deur die dood van sy vader en die sensualiteit van sy moeder, hy word oorkom deur beide kreupel onbeslistheid en aksie van beginsels. Daar is steeds groot geskille oor die vertolking van sy huiwering.

Othello (c. 1602-1604) beeld die groei van radelose jaloesie uit in die protagonis, Othello, ‘n moor (swart man) wat dien as generaal in die Venisiëse weermag. Die onskuldige onderwerp van sy jaloesie is sy liefdevolle vrou, Desdemona. In die tragedie trek die bose luitenant Lago vir Othelo in vergissende jaloesie in, om hom te vernietig.

King Lear (c. 1604-1606) wat op ‘n groot epiese skaal afspeel, handel oor die gevolge van die onverantwoordelikheid van Lear, ‘n vroeë Britse heerser en van sy raadgewer die aartshertog van Gloucester. Die tragiese uiteinde is as gevolg daarvan dat hy mag geen aan sy bose nasate, eerder as aan sy goeie nasate. Cordelia, Lear se dogter, toon ‘n reddende tipe liefde wat die tragiese uitkoms ‘n regverdiging maak van goedheid alhoewel Cordelia sterf in ‘n bleek einde. Hierdie uiteinde word benadruk deurdat boosheid uitgedruk word as self vernietigend wat uitgebeeld word in die lewenslotte van Cordelia se suster en Gloucester se seun.

Anthony and Cleopatra (c. 1606-1607) lê nadruk op ‘n ander soort liefde, naamlik die passie van die ouer Romeinse generaal Mark Antony vir die Egiptiese koningin Cleopatra. Hulle liefde word glorieryk gemaak deur van die mees sensuele digkuns wat Shakespear geskryf het.

In Macbeth (c. 1606) druk Shakespeare die tragedie uit van ‘n grootse en goeie man, wat gelei word deur ander deurdat daar verlorenheid in sy eie aard is, wat dan verval tot moorddadige ambisies. In die oorname van die Skotse troon, verstomp Machbeth sy menslikheid tot die punt waar hy immorele dade kan pleeg.

In drie ander toneelstukke van hierdie periode is daar ‘n bitterheid wat ontbreek in die protagoniste aangesien hulle nie grootse tragiese stature besit nie. In Troilus en Cressida (c. 1602) wat die mees intellektuele van Shakespear se toneelstukke is, word dit gaping tussen wat ideaal is en werklikheid haalbaar met groot vakmanskap uitgedruk. In Coriolanus (c. 1608) vind ‘n tragedie in die ou tyd plaas waar die legendariese Romeinse held Caius Marcius Coriolanus uitgedruk word sonder die vermoë om die Romeinse massas te onderdruk of hulle tot sy eie oortuigings te oorreed.

Timon of Athens (c. 1607) is ‘n soortgelyke bitter toneelstuk oor ‘n karakter wat verminder word tot ‘n haat van die mensdom deur die ondankbaarheid van sy mense. Oor die ongelyke kwaliteit van die styl en skrif word hierdie tragedie beskou as ‘n samewerking met moontlik Thomas Middleton.

Die twee komedies in hierdie tydperk is duister in hulle luim. Hierdie toneelstukke word soms uitgedruk as probleem toneelstukke want hulle pas nie in die duidelike kategorieë of in die maklike oplossing nie. All’s Well That Ends Whell (c. 1598-1604) en Measure for Measure (c. 1604) is beide toneelstukke wat aanvaarde moraliteit bevraagteken, sonder dat hulle oplossings gee.

Die vierde tydperk van Shakespeare se werk het die hoof romantiese tragiese komedies. Aan die einde van sy loopbaan het Shakespeare verskeie toneelstukke geskryf wat deur towerkuns, kuns, erbarming, of genade ‘n reddende hoop vir die menslike toestand uitdruk. Hierdie toneelstukke is geskryf met grootse kwaliteit en verskil van die ander vroeëre komedies, maar hulle sluit af met ‘n gelukkige hereniging of versoenning. Aan vele kritici dui hierdie tragedie komedies op ‘n rypheid in Shakespeare se eie uitkyk, maar ander kritici glo dat dit slegs dui op ‘n verandering van wat fatsoenlik was in die drama van die tyd.

Die romantiese tragiese komedie Perciles, Prince of Tyre (c. 1605-1608) gaan oor daardie prins se pynlike verlies van sy vrou en die vervolging van sy dogter. Na baie eksotiese avonture word Pericles weer herenig met sy gesin.

In Cymbeline (c. 1609-1610) en The Winter’s Tale (c. 1610-1611) ondergaan karakters groot verlies en pyn, maar hulle word weer herenig. Die mees suksesvolle toneelstuk van hierdie soort is miskien Shakespeare se toneelstuk The Tempest (c. 1611) waar die resolusie die voordelige effek van ‘n samesmelting van wysheid en mag uitdruk. In hierdie toneelstuk is daar ‘n aartshertog wat vervreemd is van sy hertogskap en verban is na ‘n eiland wat aan sy eie rebelse broer berusting bring deur tower kragte en die bemiddeling van ‘n liefdes verhouding tussen sy eie dogter en die seun van een van sy eie vyande. In hierdie pragtige liriese toneelstuk bereik Shakespeare se digkuns hoë hoogtes.

Die twee finale toneelstukke is moontlik die produkte van samewerking. Die historiese drama Henry VIII (c. 1613) was moontlik saam met die Engelse dramaturg John Fletcher geskryf asook The Two Noble Kinsmen (c. 1613) wat na Shakespeare se dood gepubliseer was en handel oor die verhaal van twee edelmanne se liefde vir dieselfde vrou.

Die Spaanse renaissance teater het ten opsigte van styl baie soos die Engelse teater ontwikkel en was gedomineer deur die werke van Lope de Vega en Pedro Calderon en het gehandel oor persoonlike eer en die goddelike reg van konings en was gebied aan opvoedkundige en populêre gehore en later het godsdienstige vorme weereens die Spaanse kuns oorheers

Gedurende die agtiende eeu was van Shakespeare se dramas verkrag om aan te pas by akteurs en in te pas by neoklassieke ideale en so was aan King Lear en Romeo en Juliet gelukkige eindes gegee. Dramaturge soos Gotthold Ephraim Lessing van Duitsland, Pierre de Marivaux van Frankryk en George Lillo en Sir Richard Steele van Engeland het dramas begin skryf oor middelklas karakters in realistiese, maar verskriklik simplistiese situasies waar goedheid altyd getriomfeer het.

Gedurende die negentiende eeu het drama om romantisme ontwikkel. Op sy suiwerste vorm draai romantisme om die geestelike, wat die mens toelaat om verby die beperkings van die fisiese wêreld en liggaam te gaan en ‘n ideale waarheid te bereik en die onderwerp materiaal het uit die natuur en die natuurlike mens gekom. Johann Wolfgang von Goethe se Faust is waarskynlik een van die beste voorbeelde waar die legende teenwoordig is van die mens wat sy siel aan die Satan verkoop en dan die mens se poging uitdruk om alle kennis te bemeester asook alle krag in ‘n gedurige stryd met die heelal. Romantisme fokus eerder op emosie as op rasionele denke en die kunstenaar as die besete genie word beklemtoon. In Duitsland was daar die storm en drang beweging wat gelei was deur Goethe en Friedrich Schiller.

Percy Bysshe Shelley (1792-1822) was ‘n Engelse digter wat een van die mees invloedryke leiers van die Romantiese beweging was. Dwarsdeur sy lewe wou Shelley nie konfromeer in sy morele sienswyses. Die byna inspanningslose liriese benadrukking van Shelly se versdramas The Cenci (c. 1819) ‘n tragediese komedie oor die bloedskande en verkragting en die sameswering om die verkragter te dood, wie die Roomse kerk staat nie wou vervolg nie en in stand gehou het om geld vir sy sondes te eis en Prometheus Unbound (1820) is uiters diep werke.


Dieselfde kragte wat tot romantisme gelei het, het gelei tot die ontwikkeling van verskeie populêre vorme en tot die ontwikkeling van melodrama. Gewoonlik word melodrama bespot of geïgnoreer, maar dit is die mees populêre drama wat ooit daargestel was. Die woord melodrama het twee betekenisse waar dit ‘n vermenging van tragedie en komedie is en ook drama wat gemeng word met musiek. Die leidende eksponent van hierdie vorm was die Duitse dramaturg August Friedrich Ferdinand von Kotzebue en die Franse dramaturg Pixérécourt was netso gewild. Melodrama vind gewoonlik in drie bedrywe plaas in plaas van die klassieke vyf en draai gewoonlik om die konflik tussen ‘n protagonis met groot deugde en ‘n booswig waar die held waarskynlik onmoontlike moeilikhede oorkom en triomfeer en die storie sluit gewoonlik die noodlot, grootse gebeure soos vloede, aardbewings, vulkaniese uitbarstings, oorloë en die soort ding in. Die kombinasie van duidelike karakters, sterk emosionele waardes, skouspel en morele toon maak melodrama baie gewild.

Eugène Scribe het in Frankryk die sogenaamde “Well-Made Play” populêr gemaak waarin die struktuur bestaan het uit ‘n reeks insidente wat tot ‘n klimaks lei.

Die naturaliste het na die wetenskap probeer draai vir inspirasie en hulle het gevoel dat die doel van kuns netsoos die wetenskap moet wees vir die verbetering van die lewe en soos wetenskaplikes moes dramaturge objektief die werklike wêreld observeer en uitbeeld. Deur die invloed van Charles Darwin het naturaliste geglo dat oorerwing en die omgewing die wortel is van alle menslike aksies en dat drama dit so moet uitdruk. Die romantiese bemoeiing met geestelike waardes was nietig gemaak. Die Fransman Émile Zola was die leidende naturalis en vir hom was die dramaturg ‘n doktor wat die siekte moet uitwys om dit te genees. Naturalisme het ook tot gevolg gehad dat die regisseur (direktor) se pos ontwikkel het.

Netsoos drama groter realisme in die ten toon stelling van die eksterne wêreld begin maak het, het daar groter realisme in die psigologiese motivering van karakters begin ontwikkel. Laat in die negentiende eeu het dramaturge drie dimensionele karakters begin plaas in realistiese omstandighede en situasies en die leidende dramaturge van hierdie styl was Henrik Ibsen van Noorweë en die Sweed August Strindberg wat baie keer gesien word as die skeppers van moderne drama.

Vandag is daar baie bewegings wat avant-garde saamsnoer en alternatiewe wil gee tot die realistiese drama produksies. Richard Wagner se idee dat die dramaturg mites moet skep om die ideale wêreld uit te druk waarin die gehoor ‘n gemeenskaplike ondervinding deel, was aangeneem deur die simboliese beweging. Die Duister Bertolt Brecth was gekant teen realistiese drama en hy wou verandering in die gemeenskap te weeg bring en het geglo om politieke werke tot stand te bring.


Hier is my poging tot ‘n kort versdrama wat afspeel net na die dood van die Here Jesus Christus:

Ek het dit self gesien (kort vers drama)

Dramatiese Persone: Adrianus, sy vrou Ester, sy susters Rebecca en Johanna, sy moeder Elizabet, die hoëpriester Kajafas, die dissipel Simon Petrus, die dissipel Johannes, Maria Magdalena, ‘n groep aanbidders, priesters, twee engele en Jesus Christus.

Eerste Bedryf

Toneel Een.- Adrianus se huis in Jerusalem. Adrianus het pas teruggekeer vanaf ‘n sakereis in Galalea, om betyds te wees vir die Pasga fees. Hy sit by die etenstafel met sy vrou Ester en sy susters Rebecca en Johanna. Dis net voor sononder op die Vrydag middag.

Adrianus. (Ietwat verbyster.) Aardige dinge gebeur,
sommiges sê demone bewandel die aarde,
andere engele, wonderwerke vind plaas
en dit alles as hulle ‘n man teregstel,
‘n krimineel kruisig. Almal weet
dat die kruis slegs gebruik word vir verworpelinge!

Rebecca. (Met ‘n aangename stem.) Sulke fel woorde wat jy gebruik,
vir ‘n goeie, ‘n grootse man, broer?
Hulle sê hy het gratis
siekes genees, blindes laat sien,
melaatses gesond gemaak, selfs kos laat verskyn,
uit enkele visse en brode…

Adrianus. (Ietwat bars.) Hulle sê baie dinge!
dat hy in Jerusalem ingery het
om gekroon te word as die nuwe koning,
‘n rebel was teen die regering,
selfs beweer het
dat hy die ware Seun van God is;
dit is godslastering
as daar geen waarheid aan is nie!

Johanna. Ek het hom eens ontmoet.
hy is nie die man
wat jy hom maak nie, broer.
daar was ‘n aardige kalmte en vrede aan hom.
Sommiges sal sê ‘n goddelike teenwoordigheid,
waar hy gepraat het van liefde wat selfloos is,
die siekes, armes besoek het
en selfs die verwerptes, hoere.

Adrianus. (Kyk op.) Daar het jy dit!
Hoere! Belastinggaarders wat diewe is!
‘n Man word geken aan sy vriende,
of so sê hulle en waarskynlik
is daar waarheid daaraan.

Ester. My man, moenie so vinnig ‘n oordeel fel nie.
Ek het hom self gesien, gesien hoe Romeinse soldate
hom na die heuwel vat,
om sy lewe te neem, met ‘n woedende skare
wat Hom volg en spot.

[Adrianus, Rebecca en Johanna is verbyster
deur haar woorde.

Rebecca. Jy het hulle hom sien kruisig?
Jy het niks daarvan gesê nie,
maar na jou terugkoms vanmiddag
was jy aardig bleek, ietwat verwyderd.

Johanna. Suster Ester, voel jy reg?
Jou gesig lyk so vol pyn.
Dit moes verskriklik wees,
selfs as hy skuldig was van wat hulle sê.

Adrianus. (Keer sy susters.) Sjuut susters!
Ester, wat het jy daar gaan maak?
Ek is nie kwaad nie, net besorg oor jou.
Vertel ons wat gebeur het. Dit lyk
asof jy ‘n ooggetuie was? Daar is waarheid
in ‘n ooggetuie verslag, veel meer
as wat vertel word deur die geskinder van mans,
deur ‘n klompie bang vroue.

Ester. Ek het sampioene en wilde spinasie
gaan pluk op die heuwel.
Maria het dit daar raakgesien
en het mandjies vol gepluk.
Die blomme is tans pragtig
en ek het wilde blomme gepluk en lelies gekry
reg teenaan die rand van die kloof.

Die voordeur gaan oop. Op verhoog kom Elizabet.

Elizabet. My kinders die heilig ure breek byna aan
en julle eet nie, beëindig nie julle maaltyd nie.
Van onder in die straat hoor ek julle al praat,
Hoor ek julle praat van ‘n onregverdige man
wat koring geoes het op die heilige Sabbat,
wat beweer het dat hy God is, of sy waaragtige Seun?
Wat gesterf het vir sy eie sondes?
Dit is amper tyd om die menora aan te steek.

[Adrianus staan vinnig op en glimlag as hy praat.

Adrianus. Welkom liewe moeder. Sluit by ons aan by die tafel.
Die brood is nog vars en warm. Rebecca het dit vanmiddag gebak.
Ons kon nie help om te praat oor daardie Jesus,
die nasarener, hy was ‘n eienaardige man.

[Adrianus omhels Elizabet en neem sy plek
aan die hoof van die tafel.

Ester. Dierbare moeder, dalk was Hy werklik die Messias?
Dalk is Hy werklik die Seun van God wat gekruisig is?

[Elizabet is stom geslaan en heeltemal spraakloos.

Adrianus. My vrou, glo jy dit werklik?
Dat hierdie Jesus, meer was as slegs ‘n blote mens?

Rebecca. Sommiges sê hy was ‘n profeet,
nieteenstaande het hy wonderlike gawes besit.
Ek het hom ‘n man wat van geboorte af blind was sien genees,
reg daar by die magiese poel, op die Sabbat.

Elisabeth. Rebecca, op die heilige Sabbat!
Demone werk op die Sabbat, nie goddelike mense nie!
My dogters, wat word van julle?
Ester, jy glo hy was die waaragtige Seun van God!
Dit is onsinnig. Daar sou tekens wees
en die priesters, die Fariseërs sou dit uitbasuin het.

Rebecca. Demone doen nie onselfsugtige goeie dade nie.
Hy het ons probeer leer van Goddelike liefde,
dat God die Here van die Sabbat is,
dat die Sabbat ‘n genot vir die mens moet wees.

Adrianus. Suster, dis ‘n eienaardige soort lewensbeskouing.
As hy waaragtig God is, waarom het hy nie sy krag gebruik
om die kruisiging te stop, daardie heidense Romeine te vernietig nie?

Ester. My man, ek is seker
dat hy die ware Seun van God is!
Hy het sy Vader gevra om hulle te vergewe
toe hulle hom bespot, hom vasspyker
aan ‘n ruwe kruis. Sy koninkryk
is nie van hierdie wêreld nie.

Elizabet. Jy het hulle hom sien kruisig?
Waarom dink jy dat hy die Seun van God was?

Ester. Moeder daar was slegs liefde op Sy gesig,
‘n soort verbasende genade wat moeilik is om te verduidelik.
Hulle se Pontius Pilatus kon geen fout in hom vind nie
en het sy eie hande gewas, toe die priesters en mense,
miskien selfs demone aanhou por het vir sy teregstelling.
Sy moeder en sommige vroulike volgelinge het gehuil
toe hy sterf en dit was so verskriklik weemoedig
want hy was heeltemal onskuldig, met die aangesig
van ‘n baie goeie en regverdige man.

Adrianus. My vrou, ‘n mens se voorkoms
kan misleidend wees!
Selfs goeie en grootse woorde,
kan uit die mond van ‘n rebel kom.
Daar moet meer wees as wat jy vertel,
om jou te laat glo
dat hy die waaragtige Seun van God is?

Ester. My man, daar was mense
wat op die soldate geskreeu het
om hom dood te maak, wat in Sy gesig gespoeg het.
Miskien demone want ek het nog nooit mense
so gewetenloos sien optree nie,
sien smeek vir sy bloed om te vloei
en Hy het Sy Vader gevra om hulle te vergewe.
Dit is waarlik liefde, ‘n selflose daad!

Elizabet.. Die mens is ‘n aardige soort gedierte.
Ons speel ons rolle asof ons op ‘n verhoog is
en God en Sy heilige engele is die getuies.
Miskien was dit blote toneelspel om simpatie te kry?

Joanna. As hy die Seun van God was,
sou sy liefde onvoorwaardelik wees.
Hy sou die mag hê om te vernietig
en kon dit dalk nie gebruik nie
deur die werking van sy liefde.

Adrianus. Laat ons eet, die kos is amper koud.
Dit word reeds Sabbat
en hierdie bespreking is oor moord,
as hy onskuldig was en oor vernietiging.
Daardie dinge is sekerlik nie heilig nie,
nie paslik vir bespreking gedurende hierdie tyd nie.
‘n Goddelike wese sou ‘n wonderwerk verrig het?

[Ester kyk ernstig na Adrianus.

Ester. My man, jou woord is wet
en soos jy sê is dit nou ‘n heilige tyd.
Jy vra oor ‘n wonderwerk,
wil tekens en wonders hê, ‘n soort bewys?

[Ester kyk met opregtheid na die ander mense
rondom die tafel.

Ester. Laat ek net dit sê en dan sal ek stil bly.
Ek glo Hy is die Messias. Dink ernstig oor wat ek sê.
Toe Hy sterf in die middel van die middag
het dit onmiddellik nag geword,
met ‘n verskriklike aardbewing wat die stad ruk,
grafte wat oopgaan. Julle het dit sekerlik gevoel?
Van die dooies het opgestaan, was weer lewend,
reusagtige donderslae het neer geblits
van die duisterste lug wat ek nog gesien het.
Asof die ganske aarde protesteer
omdat die skepper daarvan vernietig is,
selfs die Romeinse soldate wat Hom vasgepen het
op daardie wrede kruis, het daar en dan
hulle eie gode versaak, hulle het Hom
die Seun van God genoem. [Gordyn.


Toneel II.- Die hoof slaapkamer in Adrianus se huis in Jerusalem.
Ester sit op die bed en huil. [Adrianus kom bekommerd op die stel.

Ester. (Fluister terwyl sy huil.) Nietige mense het die Seun van God vandag vermoor.
Ek is bang, ek is vir ons almal bevrees.
Wat sal van hierdie wêreld word? Hulle het God vandag gedood.
Jy moes daardie mans sien, hulle was demonies en boos.
Geen normale mens smeek vir die bloed van ‘n werklike grootse man
en lag met ‘n soort malheid van lekker kry as hy sterwe.

[Adrianus loop na Ester. Trek haar op van die bed af
in sy arms in, om haar te troos.

Adrianus. (In ‘n rustige aangename stem.) Sjuut. Sjuut, my liefling.
Dit moes verskriklik wees. Om ‘n onskuldige man te sien sterf.
Die mens doen eienaardige dinge. Wat word van hierdie wêreld?
Hulle moes maar net mense wees. Bose bloeddorstige manne,
ietwat buite beheer?

Ester. (Kalm en bedaard.) As jy daar was,
sou jy die teenwoordigheid van groot boosheid
kon aanvoel. Dit was eenvoudig wreedaardig en aaklig,
maar die Skrif praat van die Lam van God,
wat geslag moet word vir die sondes van die wêreld.
Selfs ons oer vader Adam het ons vertel van daardie belofte,
van ‘n man wat sou kom om die slang, die duiwel, te vermorsel
en dat die slang Hom in die hakskeen sou byt.

(Ester begin weer huil.)

Adrianus. My arme liefling, dis aardige dinge
wat jy aanskou het. Ons leef in eienaardige tye.
Jy is reg; niks goed kan uit so ‘n daad kom nie.
As die mens optree teen die wet,
teen dit wat reg en goed is, om ‘n moordenaar vry te stel
op die aandrang van ‘n weerbarstige skare
en ‘n man vermoor wat selfloos gelewe het,
wat sal dan van hierdie wêreld word?

Ester. Miskien sal hy ons vrystel van sonde,
dalk die Goddelike belofte hou.
Daar was ‘n aardige soort minsaamheid,
‘n sagaardigheid aan Hom
terwyl liefde uit elke blik uit straal,
vermeng het met die pyn,
maar dit was nie pyn wat Hom laat sterf het nie.

Adrianus. Alle mense sterf op ‘n tyd,
dit is ons aardse lotsbestemming.
Ons ondervind geluk en vreugde, somtyds bekommernis
en eindelik ouderdom en pyn en is nie in staat
om nog steeds onsself te help nie...

Ester. (Skud haar kop.) Henog het nie gesterf nie,
God het hom opgeneem na Hom
en ‘n vurige perdewa het die profeet Eliah kom haal.

Adrianus. (Skud sy kop half verward.) Maar die ware Seun van God,
sterf op ‘n wrede vuil kruis? Toe hy ‘n leërskare engele kon roep
om te help, toe hy slegs kon praat
en magtige wonderwerke kon gebeur by die klank van Sy stem?

Ester. Die lewe van Jesus was sondeloos.
Hy het God se wil uitgevoer,
verwerpte eensame mense gered,
hy het baie van hulle genees,
daar word selfs gesê dat hy Lasarus
uit die dood uit opgewek het.
Sommige priesters het Hom beledig en gesê
dat Hy die tempel gaan vernietig
en dit sal herbou in drie dae,
waar die bouers jare daaraan gewerk het,
maar toe skreeu hulle op Hom, om Homself te red.

Adrianus. Maar hy kon nie homself red nie,
watse soort God is dit? Hy kon slegs vir ander mense optree?
Hoe kon hy slegs andere red, maar nie homself nie?

Ester. Een van die rowers het hom beledig en geskreeu
dat as Hy die Christus is, Hy Homself en hulle moes red.
Toe het ‘n eienaardige ding gebeur. Die ander rower
het die een wat snou gevra of hy nie God vrees nie?
Hy het gesê dat hulle straf volgens die wet is,
dat hulle dit vir hulle dade verdien, maar dat Jesus
niks verkeerd gedoen het nie en hy het aan Jesus gesê
om hom te onthou, wanneer Jesus in sy koninkryk kom.
Jesus het geantwoord: Ek sê vandag vir jou,
dat jy saam met my in die paradys sal wees.

Adrianus. (Frons.) Hy het nog beweer dat hy
die Seun van God is toe hulle hom kruisig?

Ester. Die soldate het hom gespot en gesê
as jy die koning van die Jode is, red dan jouself.
Hulle het selfs ‘n teken bo Sy kop vas genael
wat gesê het: “Hy is die koning van die Jode.”

Adrianus. Maar as hy die Messias was, die koning
van die Jode sou hy sy vyande verpletter het,
sou hy die Romeinse soldate vernietig het.
Hy sou nie net sterf soos ‘n gewone mens nie?

Ester. Geliefde man, ek het jou vertel
dat Hy nie gesterf het van pyn nie,
dit was nie die sweep houe nie,
nie die pyn van die spykers waaraan Hy hang
teen die lug nie, nie die snerpende son,
nie eens die bloed wat Hy verloor het
wat dit gedoen het nie.

Adrianus. (Lyk verward.) Miskien is dit net iets
wat vrouens verstaan,
ek kan nie kop of stert uitmaak van wat jy sê nie.
Waaraan het hy dan gesterf?
As dit nie die kruis was waarop hy gehang het?
Wat het hom gedood as dit nie die spykers is nie,
sy oop wonde en daardie uiterste pyn?
As hy waaragtig God was, waarom het hy dan gesterf?

Ester. Dit was die verwydering vanaf Sy Vader,
Sy verwydering van God.
Hy het in Adam se plek ingestap,
het gekom om vir hom te sterf,
vir ons en het ons sondes gedra.
Die sondes van die wêreld was te erg vir Hom.
Die sondes het Hom laat sterf. Hy het uitgeroep:
“My God, my God waarom het U my verlaat?”
Nog het die priesters hom gespot
en geskreeu “kom van die kruis af,
as jy die Seun van God is.”
Sommiges het gesê dat hy Eliah roep
en Jesus het uitgeroep in ‘n harde stem en gesterf.

Adrianus. Toe het daardie eienaardige wonderwerke plaasgevind
waarvan jy ons vertel het, waaroor almal praat?

Ester. Toe kom die duisternis en die aardbewing
en die dinge waarvan ek jou vertel het,
maar ek het jou vriend Simon Petrus
naby aan die kruis gesien
hy was ‘n volgeling van Jesus

Adrianus. (Is verbaas.) Dapper Simon Petrus
wat ‘n swaard getrek het,
toe rowers ons aangeval het?
Is jy seker dat dit hy was?
Ek weet dat hy alles net so gelaat het
om ‘n heilige man te volg,
maar kan hy ‘n dissipel van Jesus wees?

Ester. Daar was verskriklike pyn op sy gesig
toe hulle Jesus slaan met ‘n kats,
toe hulle hom aan die kruis vasspyker .
Simon Petrus het gehuil
en hulle moes uiterste goeie vriende wees.
Simon Petrus het Maria Magdalena probeer troos
en hulle is seker nou almal in groot gevaar?

Adrianus. Hulle sal dalk die volgelinge
van Jesus Christus probeer vervolg,
miskien sal hulle selfs
hulle op dieselfde manier behandel.
As Simon Petrus by die kruis was,
dan is hy hier, iewers in Jerusalem.

Ester. Ons het gebraaide skaapvleis, gebraaide sampioene,
spinasie en brood en daar is genoeg kos vir ‘n fees,
wat reeds voorberei is. Waarom nooi jy nie,
vir Simon Petrus en van sy vriende
om môre vir middag ete by ons aan te sluit nie?
Hulle is seker bang en kruip dalk agter geslote deure weg,
niemand sal hier na hulle kom soek nie.

[Adrianus trek haar weer in sy arms.

Adrianus. Môre oggend sal ons baie vroeg na die tempel gaan
om ons offergawes te gee, voor die duisende ander mense
na die Paasfees gaan. Dit is ‘n baie heilige Sabbatdag,
maar ek sal gaan kyk of ek Petrus en sy vriende kan vind,
hulle sal ons meer kan vertel,
van hierdie Jesus en sy leerstellings. [Gordyn.


Tweede bedryf

Toneel I.- In die tempel in Jerusalem, vroeg op die Sabbat (Saterdag) oggend.
Op verhoog kom Adrianus, Ester, Rebecca, Johanna en Elizabet.

[Adrianus, Ester, Rebecca, Johanna en Elizabet
gee hulle offergawes.

Adrianus. (Bid.) O, groot God van ons vaders,
ons is hier om vergifnis te vra
vir ons ongeregtighede, wat ons gedoen het
aan U, aan mekaar en aan ons naastes,
want ons is maar net mense en U wette
is regverdig en U is die enigste lig
in hierdie wêreld. Amen

[Elizabet trek haar asem skerp in,
kyk op na die geskeurde tempel gordyn
en sien die verbondsark.

Elizabet. Die gordyn is dwarsdeur geskeur,
van bo na onder en ek kan die alerheiligste plek sien.
Ek kyk as ‘n sondige mens
na die ware teenwoordigheid van God en ek lewe
daar is die ark, die verbondsark!

Adrianus. Die gordyn is van bo na onder uitmekaar geruk
en dis drie keer so dik soos my hand. Hoe is dit moontlik?
Geen aardbewings kon dit gedoen het nie, al die ander dinge
staan nog, is nog op hulle plekke. Geen mens het die krag
om so iets te doen nie.

Rebecca. Die kosbare woonplek van God
is lieflik, so vreedsaam. Kyk na die glinsterende engele
op die ark.

Johanna. Ons kan selfs dwarsdeur loop.
Geen persoon met enige sonde
kan die teenwoordigheid van God sien en leef,
selfs die hoë priester het klokke aan sy kleed
om te sê dat hy steeds lewendig is,
op die dag van versoening.

Adrianus. Waar is al die priesters? Die tempel lyk verlate
en vandag is die Sabbatdag van die pasga fees.

Elizabet. Miskien is ons te vroeg.

Rebecca. Nee moeder, die rook offer altaar brand,
die kerse brand. Alles is baie vreemd.
Ruik die soet geur daarvan.

Ester. Jesus was die finale offer op die kruis.
Slegs God of Sy engele
kon daardie dik gordyn uitmekaar geruk het,
geen mens kan dit doen en ons almal
kan kyk na waar die teenwoordigheid van God was.
Dis duidelik dat God nie hier is nie.
Geen sondige mens kan lewend bly en na Hom kyk nie.
Selfs Moses kon nie direk na Hom kyk nie
en toe hy van die berg af gekom het,
het sy gesig gegloei, geskyn
van die direkte teenwoordigheid van God.

Op verhoog kom Kajafas en twee priesters.

Kajafas. (Kwaad.) Watse soort godslastering is dit hierdie,
in die heilige huis van God? Geen man
kan die plek van God inneem nie, nie daardie ketter
wat gekruisig was en nou dood is!

Ester. Grootse hoëpriester, waarom is die gordyn geskeur?
Ons kan in die alerheiligste plek inkyk,
kan kyk na die ware ark van God,
kan kyk na waar Sy teenwoordigheid moet wees
en ons sien niks behalwe die ark nie?

Elizabet. (Kalm en bedaard.) Dis so aardig. Ons is sondige mense
en leef nog steeds? Waar is God?

Kajafas. (Nog boser.) Hy is orals. Ja, waar is God?
Hy is alomteenwoordig! Glo julle nie dat Hy bestaan nie?
Sê julle dit in hierdie heilig tempel?

Adrianus. Hoë priester, ons is maar eenvoudige mense.
maar as God nie Goddelik teenwoordig is in sy tempel,
soos op die berg met Moses,
waarom het Hy Sy tempel verlaat?

Kajafas. Julle versprei godslastering op godslastering.
Sekerlik het God ander take om na te kom,
behalwe vir hierdie Goddelike huis!

Elizabet. Ja, ander take, maar Hy is alomteenwoordig!
Ek vra nederig wat het hom hier uit gedryf
op die heilige Sabbat, van die ware dag van Pasga?

Kajafas. Ek kan nie verdere godslastering hoor
op ‘n baie heilige Sabbatdag nie!

[Kajafas en die twee priesters gaan van die verhoog af.

Adrianus. Watse aardige dinge het ons aan hulle gesê,
nog snaakser dat hulle ons geen skade berokken het nie,
vir die dinge wat ons in hierdie heilige plek gesê het?

Ester. Nog aardiger dat geen woord gesê was
deur die twee priesters, dat ons steeds leef
en God is nie hier in sy Goddelike teenwoordigheid nie,
op hierdie baie heilige Sabbatdag.

Adrianus. (Verbaas.) Wat as Jesus die ware Seun van God is
en nou in die graf rus?

[Al die vrouens insluitende Ester kyk verras na Adrianus.

Elizabet. Liewe seun, as daar waarheid is in wat jy sê,
mag God as ‘n vader dalk treur,
oor die dood van Sy Seun. [Gordyn.


Toneel II.- In die voorhof van die tempel in Jerusalem vroeg op die Sabbat oggend.
Op verhoog kom Adrianus, Ester, Rebecca, Johanna en Elizabet, ‘n skare aanbidders,
Kajafas en ‘n groep priesters.

[Kajafas fluister geheimsinnig aan ‘n priester.

Kajafas. Gaan trek die geskeurde gordyn saam. Gaan, maak gou
of ons gaan oproer ondervind op hierdie Sabbat.

Priester. (Bang.) Wat as ek sterf as ek daaraan raak?

Aanbidder. Wat fluister hy? Wat is verkeerd?
Waarom keer hulle ons, om in God se tempel in te gaan?

Adrianus. (In ‘n harde stem) Die gordyn tussen die heilige
en alerheiligste plekke is oop geruk
van bo na onder!

[Kajafas aan die priester.

Kajafas. Maak gou, niks sal met jou gebeur nie.
Enige iemand kan nou in die alerheiligste plek kyk,
ek vermoed aan die ark vat.

Ester. My man praat die waarheid, ek het dit gesien.

[Kajafas wat nie die gesprekke gehoor het nie, kyk verskrik op.

Kajafas. Wat het julle daar gesê?

Rebecca. Ek het die goue verbondsark gesien
met die twee lieflike gloeiende goue engele wat bo op is.

Johanna. Ons kon in die mees heilige plek in loop,
ons het reguit daarin gekyk en lewe nog.

Elizabet. Hulle het bloed op hulle hande,
hulle het gister ‘n onskuldige, goeie man dood gemaak!

Ester. Hulle het die ware Seun van God vermoor
en God is nie in die alerheiligste in die tempel nie.

[Die skare van aanbidders word ietwat onbeheerbaar.

‘n Ander aanbidder. Jesus het my enigste kind genees.
Hy was ‘n baie goeie man!

‘n Ander aanbidder. Hy het my laat sien
toe ek blind van geboorte af was,
Hy was die ware seun van God.

‘n Ander aanbidder. Hy het water na wyn verander by my troue,
toe die wyn opraak.

[Adrianus aan die vrouens van sy gesin.

Adrianus. Gaan gou huis toe, die mense is besig om kwaad te raak
met die priesters en gaan buite beheer raak.
Ek het Simon Petrus raakgesien, daar glip hy weg.
Ek gaan hom volg.

[Adrianus, Ester, Rebecca, Johanna en Elizabet
gaan van die verhoog af.

‘n Ander aanbidder. ‘n Onskuldige man is op julle bevele vermoor,
‘n profeet wat net goed gedoen het
en sy bloed is op julle hande,
julle het sy bloed op almal se hande gebring
en nou het God Sy tempel verlaat.

[Die skare aanbidders storm vorentoe na
Kajafas en ‘n groep priesters.

‘n Ander aanbidder. Hy het ons geleer om mekaar lief te hê
en julle het met haat hom vermoor!

[Kajafas aan ‘n priester

Kajafas. Gaan roep gou die soldate van die Romeinse legioen!

‘n Ander aanbidder. Is die gordyn werklik dwarsdeur geskeur?

[Die skare aanbidders word stil om die antwoord te hoor.

Kajafas. Wat het jy daar gesê?

‘n Ander aanbidder. Hy het gevra of die gordyn
tussen die heiligdom en die alerheiligste
van bo na onder geskeur is?

Kajafas. (Kyk bekommerd na die skare.) Daar is gedeeltelike waarheid daaraan,
maar God is nog steeds daar, God is alomteenwoordig.

‘n Ander aanbidder. Kan verganklike sondige mense
in die alerheiligste in kyk

[Kajafas draai na die priesters en fluister geheimsinnig

Kajafas. Ons moet vinnig in die tempel kom
en die deure toemaak vir ons eie veiligheid,
totdat die soldate van die Romeinse legioen hiernatoe kom.

‘n Priester. Maar dit is ‘n baie heilige Sabbat
en al hierdie mense wil net bid,
wil in die teenwoordigheid van God wees
en jy roep die heidene op
om in te meng op die Sabbat?

[Kajafas aan die priesters.

Kajafas. Hierdie mense is gevaarlik,
hulle hou ons verantwoordelik
vir die dood van daardie ketter, Jesus.
Enige iets kan gebeur, laat ons nou dadelik gaan. [Gordyn.


Toneel III.- Adrianus sit by die etenstafel met Ester, Rebecca, Johanna, Elizabet en hulle gaste Simon Petrus en Maria Magdalena, waar hulle middagete nuttig en in gesprek is.

Maria Magdalena. Jesus was so ‘n wyse man, so vol liefde,
so vol lewe en integriteit, ‘n man met ware opregtheid
en selfloos, Hy het ons almal se lewens verander.

Elizabet. Het jy ‘n verhouding met hom gehad,
soos tussen ‘n man en vrou?

[Adrianus, Ester, Rebecca en Johanna kyk geskok na hulle moeder Elizabet,
Simon Petrus kyk bemoedigend na Maria Magdalena.

Maria Magdalena. (Bloos. Kalm en bedaard) Ek het met mans geslaap,
voor ek Hom ontmoet het. Hy was soos geen ander man
Sy liefde was selfloos en vir enige man of vrou.
Ek is verras deur sy eienaardige liefde,
deur die manier wat Hy in die sand geskryf het,
die manne wat my dood wou gooi
forseer het om te gaan,
my ongeregtighede genees het
en gesê het sondig nie meer nie.

[Adrianus, Ester, Rebecca Johanna en Elizabet
is verbyster deur Maria se woorde.

Simon Petrus. Hy het ons almal se lewens verander.
Niemand het hom werklik geken
en nie ‘n beter persoon geword het nie,
hy het ons selfloos leer lief kry.

Maria Magdalena. Om jou te antwoord Elizabet
soms wonder ek waar my liefde
vir Hom begin het, of ek daarmee geskape is?
Sy oë het die duister dieptes van my hart geken
en Hy het my geraak soos geen ander mens nie,
het my genees en heeltemal vry gemaak
van alle sonde. Selfs my lieflike gesig,
my liggaam, my granaat rooi lippe
en ronde vol borste
het geen indruk op Hom gemaak nie.
Sy heiligheid en onvoorwaardelike liefde
het my so diep geraak dat ek Sy voete gewas het
met nardus olie en in nederigheid
het ek sy voete met my hare afgedroog.

[Ester skink nog meer wyn
terwyl hulle, hulle maaltyd geniet.

Rebecca. Hy klink na ‘n wonderlike man,
maar sy dood is so onverwags,
dis onverwags vir ‘n heilige man wat slegs goed gedoen het.

Maria Magdalena. (Huil stil.) Met elke slag
wat daardie hamer geslaan het
teen die kruis en elke spyker
wat dwarsdeur Sy liggaam gedring het,
het ek pyn ondervind
soos nog nooit van te vore nie
en in my siel het die duister dieptes
saam met Hom gesterf.

[Simon Petrus staan van die tafel af op om Maria te troos,
trek haar in sy arms in soos ‘n broer.

Simon Petrus. Sjuut liefdevolle Maria. Dit is pynlik,
uiters pynlik vir ons almal.

Ester. Ek het hulle Hom sien kruisig,
en alhoewel ek geweet het dat Hy onskuldig is,
want dit was heel duidelik,
was daar niks wat ek kon doen nie,
niks wat enige iemand kon doen nie,
sonder om sy of haar eie lewe te waag nie
en eienaardig was daar slegs liefde op Sy gesig,
‘n soort verbasende genade wat moeilik is om te verduidelik.

Simon Petrus. Ek was gereed om Hom te verdedig
met ‘n ontblote swaard
maar was nie dapper genoeg
om te erken dat ek sy dissipel is.

[Adrianus staar na Simon Petrus en glo nie sy woorde nie

Adrianus. Ek is seker dat jy alles gedoen het
wat jy kon?

Simon Petrus. Laat ek jou vertel hoe dit was.
Dit was donker in die tuin
toe Judas en ‘n skare soldate
en amptenare met knuppels en swaarde
na ons toe kom en ek Judas hoor sê:
“Gegroet Meester,” gesien hoe hy Hom soen
en die Here vra:
“Vriend, waarvoor is jy hier?”
Maar dit was vir my duidelik
dat Judas besig was om Hom te verraai
en toe Malchus met soldate
na Jesus toe kom om Hom te gryp
het ek my skerp swaard getrek
en sy oor af gekap,
hulle probeer terug dryf,
die Here probeer verdedig.

Adrianus. Jy was altyd dapper,
vinnig met ‘n swaard.

Simon Petrus. Die Here het aan my gesê:
“Petrus, sit jou swaard weg
of jy sal daardeur sterf. Weet jy nie
dat my Vader twaalf legioene engele sal stuur
as ek Hom vra? En sal ek nie doen
soos wat my Vader my beveel nie?”

Elizabet. Ek kan nog steeds nie verstaan
hoekom hy nie sy krag gebruik het nie,
waarom hy nie die Romeinse legioene
met mag oorweldig het nie,
waarom hy nie sy koninkryk hier opgerig het nie?

Simon Petrus. (Glimlag terwyl hy verstaan.) Dit het my ook eens gepla,
selfs Judas het gedink dat hy ‘n goeie ding doen,
toe hy die Here verraai.
Hy het gedink dat hy die Here sou dwing
om op te tree,
om Sy eie koninkryk hier te laat ontstaan,
maar die koninkryk van God,
van die Here Jesus Christus
is nie van hierdie wêreld nie.

Elizabet. Hoe kan jy so seker wees,
dat hierdie Jesus die Messias is,
dat hy waarlik die Seun van God is,
nie net nog ‘n profeet of heilige man?
As hy die Messias, die Christus is dan sal die Skrifte
en die priesters en Fariseërs dit uit basuin het?

Simon Petrus. Liewe Elizabet, die skrifte maak Hom bekend,
dui selfs op Sy koms,
Jesaja sê dat Hy soos ‘n lam tot slagting gelei is,
dat Hy getref is vir ons oortredinge
terwyl Hy nie Sy mond oopgemaak het nie,
dat Hy saam met die ongeregtiges ter dood veroordeel is,
om met ‘n ryke in Sy dood te wees.

[Maria Magdalena verstaan skielik en huil.

Maria Magdalena. Hy was begrawe in die graf van ‘n ryk man
Josef van Arimatea.

[Ester troos vir Maria Magdalena.

Elizabet. Vir my is dit steeds ietwat vaag.
Petrus, het jy gesê dat die Skrifte
die tyd van sy koms afkondig?

Simon Petrus. Die profeet Daniël praat van
sewentig sewe talle (vier honderd en negentig jare)
om ‘n einde aan sonde te maak,
om te versoen vir boosheid,
om ewiglike geregtigheid te bring,
van die Gesalfde Een, die heerser,
na die dekreet om Jerusalem te herbou.

Elizabet. Jy praat hier van
vier honderd en negentig jare
van die tyd wat Artasasta
se dekreet uitgevaardig was
om Jerusalem te herbou,
maar daar moet meer wees
aan hierdie Jesus, as slegs dit?

Simon Petrus. Mens moes Hom persoonlik geken het,
Sy leerstellings geleer het om jou naaste lief te hê,
mens moes meer weet as net van Sy wonderwerke,
om te verstaan hoe Hy ‘n God van liefde uitgebeeld het.
Laat ek julle vertel van my laaste kontak met Hom,
oor die nag in die tuin van Getsemane
en oor hoe ek Hom gefaal het.

Elizabet. Simon Petrus, ek ken jou
van jou geboorte af
en jy het nog nooit enige iemand gefaal nie,
jy was nog altyd ‘n pilaar van geregtigheid.

Simon Petrus. Die Here het die oor van die grond af opgetel
en dit aan Malchus se kop geheg
en aan die skare gevra:
”Is ek ‘n rebelle leier
dat julle gewapen men knuppels en swaarde
na my toe kom?
Toe ek byna elke dag by die tempel gepreek het,
het julle my nie gearresteer nie.”
Hulle het hom vasgebind
en net ek en Johannes
het Hom na Annas se woning gevolg
en Johannes het ingegaan,
want die ou hoë priester het hom geken
en ek het buite die deur gewag,
maar dit was baie koud
en toe het Johannes my in laat kom.

Johanna. Die afgelope paar aande was nogal koud,
maar wat het toe gebeur? Hulle moes besef het,
dat hulle ‘n onskuldige man gearresteer het?

Simon Petrus. Die meisie aan diens by die deur het gevra
of ek een van die dissipels van die krimineel is
en toe ontken ek dit, was bang
dat hulle my ook sou arresteer.
Dit was baie koud en ek het gebewe
en ek het nader aan die vuur gestaan
saam met amptenare en diensknegte
om myself warm te maak
en het gesien hoe Jesus deur die gesig geklap word.
By die vuur het een van die amptenare gevra
of ek nie een van Jesus se dissipels is nie
en weer het ek dit ontken,
want hulle was gevaarlike manne.

Adrianus. Ek sou vlug,
nie eens bly om te ontken dat ek hom ken nie.

Simon Petrus. (Huil saggies.) Maar dit was verskriklik verkeerd van my,
ek was lief vir Hom. As Hy nie God is nie,
dan is niemand anders waardig om God te wees nie.
Toe het ‘n familielid van Malchus my gedaag:
“Het ek jou nie in die tuin gesien nie? Is jy nie
‘n Galaliër?”en toe kraai die haan
terwyl die Here omdraai en na my kyk
en ek het onthou hoe Hy gesê het:
“Voor die haan vandag kraai,
sal jy my drie maal verraai,”
en ek het niks behalwe liefde en begrip
in Sy oë gesien.
My hart was gevul met skielike leed
en ek het uitgegaan, in die koue nag in,
het bitterlik geween,
gehoor hoe daardie manse hom spot en slaan. [Gordyn.


Derde Bedryf


Toneel I- Die tuin van Gesemane. Vroeg op die Sondag môre met Maria Magdalena, Ester, Rebecca, Johanna en Elizabet in gesprek naby die graf van Jesus Christus.

Johanna. Dis so ‘n lieflike sonnige dag
en ons het die speserye vir die salwing gebring.
Waarom skud die aard skielik so geweldig?
Laat ons ‘n oomblik wag. Kyk hoe swaai daardie boom.
Kyk! Die graf is oop.

Ester. Wie het daardie groot klip weg gerol
van die ingang van die graf?

Rebecca: Die graf is leeg! Dis snaaks
die verbande, die klere is netjies gevou.

Maria Magdalena. (Begin huil.) “Hulle het die Here uit die graf weggeneem,
en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.”
Ons moet vir Petrus gaan vertel.

[Die ander vroue begin huil, Maria gaan van die verhoog af.

Op verhoog kom Johannes, Simon Petrus en Maria Magdalena besig om te hardloop

Johannes. Petrus, die doeke en begrafnis kleed
is alles netjies opgevou

Simon Petrus. Kyk die graf is leeg.
Ek wonder wie sy liggaam geneem het?
Kan dit die Fariseërs wees?
Kan dit sommige van die priesters wees?
Hulle sal nie waag om aan enige iets dood te raak nie
want dan sal hulle onrein wees.
Waarheen sou hulle Hom geneem het?

Maria Magdalena. (Huilend.) “Hulle het die Here uit die graf weggeneem,
en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.”

Simon Petrus. (Probeer Maria Magdalena troos.) Maria dis baie eienaardig.
Wie sou die rots kon wegrol?

Maria Magdalena. (Huilend.) Ek weet nie, net dat my Here weg is.

Simon Petrus. Daar is nie veel meer wat ons hier kan doen nie.
Laat ons huis toe gaan.

[Simon Petrus en Johannes gaan van die verhoog af

Op die verhoog kom twee engele wat soos weerlig lyk.

[In vrees buig die vroue af
met hulle gesigte na die grond

Engele. (Aan Maria Magdalena.) “Vrou waarom ween jy?
Wie soek jy?”

Maria Magdalena. (Huilend.) “Hulle het my Here weggeneem
en ek weet nie waar hulle hom neergelê het nie.”

[Maria draai om sien Jesus, maar besef nie dat dit Hy is nie.

Engele. (aan die vrouens) “Moenie verskrik wees nie.
Julle soek na Jesus die Nasarener,
wat gekruisig is?
Waarom soek julle die Lewende
by die dooies?
Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan!.
Onthou hoe Hy vir julle gesê het
toe Hy nog in Galalea was:
“Die Seun van die mens moet uitgelewer word
in die hande van sondige mense
en gekruisig word
om op die derde dag op te staan.”
Daar is die plek waar hulle Hom neergelê het.
Maar gaan, sê sy dissipels en vir Petrus.”

[Maria Magdalena loop tot by Jesus
en dink dat Hy die tuinier is.

Jesus Christus. “Vrou waarom ween jy?
Wie soek jy?”

Maria Magdalena. “Meneer, as u Hom weggedra het,
sê vir my waar u Hom neergelê het en ek sal Hom wegneem.”

Jesus Christus. Maria.

Maria Magdalena. “Rabboeni!” Meester!

[Oorstelp, heeltemal verbaas ryk Maria Magdalena uit na Jesus.

Jesus Christus. “Raak my nie aan nie,
want ek het nog nie opgevaar na my Vader nie;
maar gaan na my broeders en sê vir hulle:
Ek vaar op na my Vader
en julle Vader,
na my God en julle God.”

Maria Magdalena. My Here ek sien liefde uitstraal uit U gesig,
ek wou na U kom met my arms wyd oop,
na U kom met my pyn en vrees,
wou my arms liefdevol om U slaan,
wou U net my eie maak.
U weet hoeveel ek u lief het,
maar U is God, die Seun van die Vader,
U selflose liefde gaan na almal...

Elizabet. Hy is waarlik die Seun van God. Hy is God. [Gordyn.


** - Die Einde-**

[Digter se nota: Die Bybel is nie teenstrydig met dit self nie. Vir konsekwentheid het ek geskryf “Ek sê vandag vir jou, dat jy saam met my in die paradys sal wees.” Baie vertalings kry dit verkeerd en sê: “Voorwaar ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” Hierdie woorde word gesê op die Vrydag van die kruisiging. Lukas 23 : 43. Nadat Hy opgestaan het op die Sondag wat volg, sê Jesus Christus aan Maria Magdalena in Johannes 20 : 17 “Raak my nie aan nie, want ek het nog nie opgevaar na my Vader nie.” Indien u hierdie versdrama eerder in Engels wil lees, sal u dit met my naam en van op Google kan vind onder die titel: I saw it myself (short verse drama)]


Voetnotas:

(1) Luitingh, M. 1967. Digters en digsoorte. Johannesburg Afrikaanse Pers boekhandel. P39.

(2) Die woorde van ‘n lied, ‘n gedig wat in die aard of inhoud daarvan ‘n lied naboots. Subjektiewe emosionele gedigte wat in ‘n metrum geskryf word wat oorspronklik bedoel was om gesing te word. Smith, A.H.; O’Loughlin, J.L.N. Odhams Dictionary of the English Language. Odhams Press London.

(3) “Liriek:” “Digkuns van die persoonlike gevoel; goevoelspoësie. Liriese aard karakter.” “Liries:” “Tot die liriek behorende; sangerig, gevoelvol; wat veral gevoelens uitdruk: Liriese poësie. Hy het glad liries geword oor die saak.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

(4) “Epiek:” “Beskrywende en verhalende letterkunde, byvoorbeeld die sage, sprokie, epos, roman, fabel; geskiedskrywing, objektiewe uitbeelding.” “Epies:” “Van behorende tot die epiek; verhalend, soos in ‘n epos.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

Verhalende poësie soos die epos, ballades, metriese romanse en vers verhale kan as epies beskou word.

(5) “Didaktiek:” “Lerende, onderrigtende kuns, onderwysmetodiek.” “Didakties:” “Lerend, onderrigtend: Didaktiese kuns.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

Didaktiese kuns is ontwerp om informasie oor te dra en om onderrigtend te wees, veral waar morele instruksies gegee word. Smith, A.H.; O’Loughlin, J.L.N. Odhams Dictionary of the English Language. Odhams Press London.

Op sy uiterste word die suiwerheid van digkuns gebreek en word didaktiese digkuns materiaal wat in verse gestel word om dinge tot die geheue te bring soos byvoorbeeld “”Thirty days hath September,” of om die leer proses meer aangenaam te maak. Waar die nadruk geplaas word op kommunikasie of kennis vir die doel daarvan of vir praktiese onderrig en so word die digkuns eintlik verkrag.

(6) Dramatiese digkuns behels gedigte as direkte spraak onder sekere omstandighede, wat bedoel word om opgevoer te word. Die woord drama kom van die Griekse woord wat beteken om te doen en dus word drama gewoonlik geassosieer met die idee van aksie. Gewoonlik word drama beskou as ‘n verhaal of die gebeure in die lewens van karakters wat daarop dui dat die idees van konflik, spanning, kontras en emosie met drama geassosieer word.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar