Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ʼn Teokrasie is ʼn staatsvorm waarin die godheid as onmiddellike gesagsdraer beskou word. Die woord kom van die Griekse woorde θεός (theos), “god” en κρατία (kratia), “mag, krag” en beteken “heerskappy van god”. By sommige godsdienste word die koning as seun van god beskou. By godsdienste met ʼn 'heilige boek', word dit as direkte boodskap van god gebruik. Teenwoordig word daar ook ʼn bestuursvorm mee aangedui, waar geestelikes die mag besit.
Heerskappy van god
Voorbeelde van ʼn teokrasie, met ʼn godheid aan die hoof:
Egipte (ten tye van die latere Farao’s)
Israel, voor die instelling van die koningskap
China (ongeveer vanaf die Yuan-dinastie tot 1911)
Japan (tot 1946)
Voorbeelde van ʼn teokrasie, met ʼn heilige boek al leidraad:
In Saoedi-Arabië word "heerskappy van god" deurgegee deur die direkte toepassing van die Sharia, sonder verdere grondwet of goddelik staatshoof.
In Genève het ʼn burgerlike owerheid, geïnspireerd deur Calvyn, ʼn kort tyd die bestuur ingerig, en die Bybel, inklusief die Ou Testament as belangrike norm geneem.
In Nederland het die Staatkundig Gereformeerde Party sy politiek vir ʼn lang tyd as teokraties getipeer. Hulle bepleit nie slegs vir wetgewing gebaseer op Bybelse beginsels, maar ook voor ʼn taak van die owerheid by die handhaaf van die ware leer van die kerk. Inmiddels gee die SGP daar voorkeur aan om nie die term teokrasie te gebruik nie.
Heerskappy van geestelikes
Die term teokrasie word ook baie gebruik vir ʼn staatsvorm of bestuursvorm waar geestelikes, met ʼn beroep op ʼn goddelike boodskap, die bestuur domineer. Die uitleg van die begrip teokrasie staan verder weg van die oorspronklike betekenis van die Griekse term, maar het wel veld gewen. Staatsvorm en bestuursvorm hoef nie gelyk te wees nie. ʼn Land kan formeel ʼn republiek wees soos Iran, terwyl die bestuursvorm van dié land as ʼn teokrasie beskryf kan word omdat ʼn raad van geestelikes baie mag besit. Om onderskeid te maak tussen ʼn teokrasie wat direk deur ʼn godheid bestuur word, sou jy ook kan praat van ʼn ecclesiokrasie of hierokrasie. Die terme word egter nie algemeen gebruik nie.
Voorbeelde van ʼn teokrasie, met geestelikes aan die hoof:
Vatikaanstad (deur die pous en die Heilige Stoel)
Athos skiereiland (deur monnike)
Tibet (gebied) (deur die dalai lama's)
Iran (deur die ayatollah's)
Die term teokrasie word dikwels verwar met ʼn cesaropapie (van Latyn caesar "caesar, titel vir "keiser" en papa "pous). Dit is ʼn staatsvorm waar die wêreldlike/tydelike leier ook die geestelike leier is en die wêreld mag ingryp in die geestelike regte van die Kerk. Eintlik die omgekeerde van ʼn teokrasie.
Islamitiese republiek
ʼn Islamitiese republiek is in teorie ʼn staatsvorm waar die staatshoof nie deur erfopvolging bepaal word (maar deur verkiesings, ʼn rewolusie of ʼn staatsgreep) en waar die regspraak gebaseer is op die sharia wette. As sodanig is ʼn Islamitiese republiek ʼn vorm van teokrasie. In die praktyk is die benaming Islamitiese republiek soms slegs ʼn simbool van kulturele identiteit.
Tans is daar vier Islamitiese republieke:
Pakistan
Mauritanië
Afghanistan
Iran
Tot 2002 was Komoro ʼn staat bestaande uit drie eilande ook ʼn Islamitiese republiek.
Pakistan
Pakistan is ʼn konstitusionele demokrasie, hoewel die land met reëlmaat gekonfronteer word met staatsgrepe om daarna deur ʼn diktator bestuur te word. Pakistan het van die Britse kolonisator ʼn sekulêre staatsbestel geërf. Pakistan was die eerste land wat die voorvoegsel Islamities gebruik, hoewel die land met sy onafhanklikheid in 1947 sekulier was. In 1956 word offisieel die Islamitiese Republiek uitgeroep. Pas na die aanname van ʼn nuwe grondwet in 1973 word Islam die staatsgodsdiens. Die islamisering word veral deurgevoer onder het diktatoriale bewind van generaal Mohammed Zia-ul-Haq. In die praktyk kom dit selde voor dat wette weens nie-islamities ongedaan gemaak word. Politieke partye wat islamisme voorstaan is volgens die wet verbode.
Pakistan noem hom slegs op paspoorte en visa’s die Islamitiese Republiek Pakistan. Op alle andere offisiële dokumente gebruik hul die term Federation of Pakistan.
Mauritanië
In Mauritanië is die Islamitiese Republiek uitgeroep met onafhanklikheid in 1960. Die Islam word in die grondwet gedefinieer as "die godsdiens van die Mauritaniërs". In die politieke bestel van die land het dit weinig invloed. Daar is egter ʼn beperkte godsdiensvryheid; vir nie-moslems toegestaan om hul religie te bely, maar hul mag hul religie nie versprei nie.
Iran
In die Islamitiese Republiek Iran (uitgeroep in 1979) word die president en die parlementslede demokraties verkies, maar die Raad van Hoeders moet die kandidature goedkeur. Die Raad van Hoeders het ook die mag om wette van het parlement ongedaan te maak wanneer hulle vind dat dit die Islamitiese wet oortree. Dit gebeur reëlmatig dat die Raad wette ongedaan maak of hervormingsgesinde kandidate weier.
Die Religieuse leier van Iran het die hoogste funksie in die land. Sedert die stigting van die Islamitiese Republiek was daar twee Religieuse leiers:
Ayatolla Ruhollah Khomeini, 1979 -1989
Ayatolla Ali Khamenei, 1989 - hede



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Interessant, danḱie
Ná die inmekaarstort van die (Caesarse) Roomse Ryk, het 'n nuwe staatsvorm ontstaan: die Heilige Roomse Ryk Duitse Nasie*°, waarby die Keiser die wêreldse mag had, en die Pous die geestige. (Caesaropapie?)
Dit het uitmekaargegaan toe die Pous en die Keiser, wat in Roma gewoon het meen ek, aan die einde van die middeleeue gestry het. Ek meen die Keiser(s) was die Barbarossa(s) (,Rooibaarde'), maar wie die Pous(e) was, weet ek nie. (Die Medici's miskien?)
* ,Heilige Römische Reich Deutsche Nation'
° Presies waar Koning Artus uit BrittaniE inkom (of uitgaan) weet ek ook nie; my indruk was dat hý die roomse Ryk sou geErf het. Miskien het die Barbarossas van hom oorgeneem(?)
Nogmaal dankie baie.
GvT
4 jaar 6 maande 4 weke 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar