Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oudgrieks: ολιγος (oligos) = weinig en αρχειν (archein) = heersers die mag is in die hande van enkeles uit bevoorregte klasse (soos adel, regentedom, priesterkaste, superrykes, multinasionaliste). In ʼn oligargie is die outoriteit van die wette afgelei van die outoriteit van dié klein elite. Dit is een van die drie staatsvorme wat deur Aristoteles beskryf is, hy identifiseer oligargie as die 'slegste' variant van aristokrasie omdat dit uitsluitend die bevoordeling van die einste klasse voor oë het.
Voorbeelde
Die beroemdste oligargies stad was Massalia, wie se staatsinrigting destyds die bewondering van vele geniet het. Ook die stede Sparta en Athene is voorbeelde van oligargieë, ewe eens enkele Nederlandse stede in die 17de en 18de eeu. Ook die Fenisiese handelstad Carthago was ʼn oligargie.
Die term 'oligarg' is dikwels gebesig na die uiteenval van die Sowjet-Unie toe verskillende topmense uit die Russiese sakewêreld nou bande met die politiek onderhou het om so hul invloed te kon aanwend by politieke besluitneming. Maar ook in die V.S.A. kan mens praat van ʼn oligargiese invloed van groot multinasionale maatskappye en banke op die politiek.
Aristokrasie gaan dikwels gepaard met ʼn monargie. Histories het die adel en die geesteliks meestal die rol van aristokrate op hulle geneem. In die begin van die parlementêre demokrasie, in die 19de eeu, kon mense wat meer as ʼn bepaalde bedrag aan belasting betaal al dikwels hul stemme uitbring. Hierdeur maak die invoering van die demokrasie outomaties ʼn einde aan die aristokrasie. Ook in die 20ste eeu en die begin van die 21ste eeu word die wêreld, ondanks die groeiende aantal demokratiese lande, vir ʼn aansienlike deel geregeer deur ryk mense, wat ondanks ʼn nie-adellike afkoms die aristokratiese rol van die adel in die voorgaande eeue oorgeneem het.
Nietemin het filosowe en politieke denkers ook idees geopper vir minder oligargiese of ekonomiese vorme van aristokrasie, soos mens by die Grieke, Romeine en die volkere in Indië aangetref het. Enkele denkers op die gebied is, Friedrich Nietzsche, Alexis de Tocqueville, Julius Evola, Oswald Spengler, José Ortega y Gasset en tallose politici van rondom die tyd toe die parlementarisme en die demokrasie definitief die Europese regeringsvorme onder invloed van die Franse Revolusie oorgeneem het.
Demokrasie is ʼn bestuursvorm. Die Afrikaanse woord stam af van die Griekse woorde δῆμος (dèmos), "volk" en κρατέω (krateo), "regeer" en beteken dus letterlik "volksheerskappy". Dit hou in dat die volk self stem oor die wette, soos byvoorbeeld in ou Athene, of die volk verkies verteenwoordigers wat die wette maak, soos in België en Nederland.
In ʼn demokrasie is die voltallige bevolking soewerein en is alle outoriteit gebaseer op die instemming van die volk (minstens teoreties). Die bestuursvorm is gebaseer op die menslike gelykheidsideaal. As iedereen vry en gelyk in regte en pligte gebore is (soos in die eerste artikel van die Universele Verklaring van die regte van die Mens staan) dan het niemand méér reg as ʼn ander om bepaalde wette vas te stel of beslissings te neem. Die implementtering van die teorie in die politieke praktyk is dikwels nie eenvoudig en ken vele aspekte.
Geskiedenis
Die oudste bekende demokrasie was die van Clisthenes in Athene in Griekeland, hoewel dit nog nie sterk trek op wat ons tans met die woord demokrasie bedoel nie. So kon vroue, slawe, metoiken, (vreemdelinge, "medebewoners") en armes nie in Athene stem nie.
In Nederland is die eerste stappe tot demokrasie eers weer sigbaar by die Charter van Kortenberg in 1312, nadat dit aan die begin van die christen era in onbruik verval het.
Parlementêre demokrasie
Die woord parlementêre demokrasie word in twee verbande gebruik: as sinoniem vir verteenwoordige demokrasie. In die representatiewe (indirekte) demokrasie word die bevolking tussen verkiesings verteenwoordig deur verkose parlementslede; as sinoniem vir die parlementêre stelsel, ʼn subkategorie van die representatiewe demokrasie. Onder die parlementêre sisteem ontleen die uitvoerende mag (regering) sy mandaat aan die vertroue van die parlement. Meestal bestaan daar ʼn volledige skeiding tussen die staatshoof (president of monarg) en die regeringsleier, wat verantwoordelik is aan die parlement.
Konstitusionele demokrasie
Die konstitusionele demokrasie is ʼn regeringsvorm gebaseer op ʼn grondwet waar die parlement deur die volk verkies word.
Konstitusionele demokrasie word dikwels foutiewelik gebruik as ons van die Nederlandse staatsvorm praat; Nederland is ʼn konstitusionele parlementêre monargie, netsoos België.
Volksrepubliek
ʼn Volksrepubliek of volksdemokrasie (andere name Sosialistiese Republiek, Sosialistiese Volksrepubliek of Demokratiese Volksrepubliek) is ʼn term waarmee kommunistiese state aangedui word of hulself aandui.
Die konsep van ʼn volksdemokrasie is afkomstig van Lenin wat dit as oorgangsfase tussen die Tsarisme en die uiteindelike klasselose maatskappy ʼn demokratiese diktatuur van die proletariaat en die boere wou instel. In die fase moes die klasseverskille oorwin word en is voorlopig gebruikgemaak van institusies uit die parlementêre demokrasie. Ten einde sou die institusies oorbodig wees wanneer die klasselose maatskappy bereik is.
Die verskille tussen ʼn volksrepubliek en ʼn gewone republiek is groot. So word by ʼn gewone republiek vrye verkiesings gehou met meerdere partye terwyl by ʼn volksrepubliek is daar dikwels net 1 party, die kommunistiese party. Die regering word meestal gekies deur die lede van die party, of hulle is voor 1989 met invloed van die Sowjet-Unie benoem. Meestal is die politbureau, die presidium, die staatshoof en tree op as leier. By ʼn volksrepubliek lê die mag by die party en die staat en nie by die volk nie, die naam is misleidend.
Kenmerkend vir die demokratiese gehalte van die volksdemokrasie is die uitspraak van die Oos-Duitse politikus Walter Ulbricht op 2 Mei 1945 toe hy begin met die opbou van die naoorlogse bestuur van Berlyn. Ook sosiaal- demokrate en lede van burgerlike partye was hierby betrokke, maar: "Es ist doch ganz klar: es muss demokratisch aussehen, aber wir müssen alles in der Hand haben" (Dit is tog heel duidelik, dit moet demokraties voorkom maar ons moet alles in die hand hou)
Daar is ook volksrepublieke wat nie die marxisme/leninisme aanhang nie. Die marxisme het nie die alleenreg op die naam 'demokratiese volksrepubliek' nie. Daar is drie state in die wêreld wat nie aanhangers is van die marxisme/leninisme en wel volksrepublieke is:
Algerië (Demokratiese Volksrepubliek Algerië)
Bangladash (Volksrepubliek Bangladash)
Libië (Grote Libiese-Arabiese Sosialistiese Volks-Jamahiriyah)
Baie Oos-Europese lande was vroeër volksrepublieke, soos Bulgarye, Albanië, Roemenië en Pole. Ook sommige Afrika lande was volksrepublieke (Mosambiek, Angola, Kongo Brazzaville, Algerië ens.) ook enkele Oos-Asiatiese lande. Tans is die Volksrepubliek China, die Demokratiese Volksrepubliek Korea, Demokratiese Volksrepubliek Laos, Sosialistiese Republiek Vietnam en die Sosialistiese Republiek Kuba nog volksrepublieke.
Voormalige volksrepublieke
Duitse Demokratiese Republiek (1949-1990)
Federale Volksrepubliek Joegoslawië (1946-1963)
Sosialistiese Federale Republiek Joegoslawië (1963-1992)
Volksrepubliek Hongarye (1949–1989)
Demokratiese Volksrepubliek Jemen (1967–1970)
Volksrepubliek Albanië (1946–1976)
Sosialistiese Volksrepubliek Albanië (1976–1992)
Volksrepubliek Bulgarye (1946–1990)
Volksrepubliek Buchara (1920–1924)
Volksrepubliek Pole (1952–1989)
Volksrepubliek Benin (1975–1990)
Volksrepubliek Kongo (1970–1992)
Volksrepubliek Mosambiek (1975–1990)
Volksrepubliek Angola (1975–1992)
Volksrepubliek Kambodja (1979–1989)
Volksrepubliek Roemenië (1947–1965)
Volksrepubliek Tuva (1921–1944)
Afrika sosialisme
Afrika sosialisme, was dikwels in die jare sestig en sewentig ʼn populêre rigting binne die sosialisme.
Die Afrika sosialisme is in teenstelling met die wetenskaplike sosialisme (marxisme) ondogmaties en staan positief teenoor die Afrika tradisies. Die meeste Afrika sosialiste streef na ʼn Verenigde Afrika op ʼn sosiaal-demokratiese grondslag. Belangrike kenmerke van die Afrika sosialisme is: die voorstaan van die vorming van koöperasies (meestal in die vorm van tradisionele dorpsgemeenskappe), nasionalisme, geleide demokrasie, die afkeur aan stamskap en rasisme. Afrika sosialisme het veral in voormalige Britse kolonies ontstaan. Lande in Afrika waar wetenskaplike marxiste aan bewind was (Angola, Republiek Kongo ens.) val nie onder die lande waar die Afrika sosialisme bedryf word nie.
Lande waar Afrika sosialiste vroeër en/of nou in beheer was/is
Ghana, Kenia, Tanzanië, Zambië, Zimbabwe (vandag is die Afrika sosialistiese ZANU nog steeds aan bewind), Senegal, Guinee-Bissau, Mali, Burundi, Kaap Verde, Mosambiek, Suid-Afrika (vanaf 1994), Namibië, Madagaskar, Burkina Faso, Guinee en Zanzibar.
Afrika sosialistiese leiers en denkers
Amílcar Cabral (Guinee-Bissau, Kaap Verde); Abeid Karume (Zanzibar); Kenneth Kaunda (Zambië); Modibo Keita (Mali); Jomo Kenyatta (Kenia) (die menings verskil oor die vraag of hy wel of nie ʼn Afrika sosialis was); Samora Machel (Mosambiek); Nelson Mandela (Suid-Afrika); Michel Micombero (Burundi); Eduardo Mondlane (Mosambiek); Sam Nujoma (Namibië); Kwame N'krumah (Ghana) (sy leer word ook dikwels gesien as ʼn kombinasie van marxisme, christendom en Afrika sosialisme); Julius Nyerere (Tanzanië); Odinga Odinga (Kenia); Didier Ratsiraka (Madagaskar); Jerry Rawlings (Ghana); Thomas Sankara (Burkina Faso); Léopold Sédar Senghor (Senegal)
Ahmed Sékou Touré (Guinee)
Enkele Afrika sosialistiese partye
ZANU (Zimbabwe African National Union [Zimbabwe])
PAIGC (Partido Africano de Independência de Guiné e Cabo Verde [Guinee-Bissau, Kaapverdië))
UNIP (United National Independence Party [Zambië])
ANC (African National Congress [Suid-Afrika])
FRELIMO (Frente de Libertação de Moçambique [Mosambiek])
TANU (Tanganyika African National Union [Tanzanië])
PDG (Parti Démocratique Guinéenne [Guinea])



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar