Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die virelay is ‘n antieke Franse gedig vorm. Die naam kom van die Franse woord “virer” wat beteken om te draai. Die virelay is een van die drie “fromes fixes” (die ander twee was die ballade en die roundeau) en dit was een van die algemeenste versvorms in gedigte en liedere vanaf laat in die dertiende eeu tot in die vyftiende eeu.

Die virelay is soortgelyk aan die rondeau. Elke kwatryn het twee ryme, die eindrym word weer gebruik as die eerste rym van die volgende strofe. Die vers wissel ook dwarsdeur in lengte tussen lang en kort versreëls.

Hierdie versvorm word geskryf in kwatryne met ‘n rymskema wat die kwatryne bind, maar het geen bepaalde vaste metrum nie. Daar bestaan nie ‘n maksimum lengte vir hierdie gedig nie en is so lank as wat die digter dit skryf, maar dit moet tenminste uit twee stansas (kwatryne) bestaan en enige lengte langer is aanvaarbaar.

Die rymskema is wentelend en as volg: abab / bcbc / cdcd/ ...zbzb. in die laaste kwatryn wentel daardie kwatryn vorentoe soos die voriges, maar die tweede versreël daarvan moet rym met die tweede versreël van die heel eerste kwatryn en die laaste versreël in die gedig met die laaste versreël van die eerste kwatryn.

Guillaume de Marchaut (1300-1377) is een van die beroemdste digters wat die virelay beoefen het en daar bestaan steeds drie en dertig gedigte van hom in hierdie versvorm. Jehannot de l’Escurel (c.1304) en Guillaume Dufay (1400-1474) is ook bekend vir die gebruik van hierdie versvorm.

Trish MacQueen se gedig “Approaching Dawn,” Tony Parsons se “Is It So Much To Miss” is beide goeie voorbeelde van hierdie versvorm.

Hier is my pogings in Afrikaans en Engels tot die virelay:

Toe ek jou sien voel die aarde onbetree (virelay)


Toe ek jou sien voel die aarde onbetree
asof jy die eerste vrou is
aan wie ek my hele lewe oor wil gee,
‘n tipe nuwe betekenis

wat skielik tot my kom, ‘n tipe kennis,
dat ek my so verstom
en sonder jou is iets kosbaar net vermis
voel ek heel vermom

en jy draai my om jou vinger sommer om,
daar vertel jy aan my
hoe wild die disas in die berge buite blom
terwyl ek jou liefkry,

ons skielik vêr en diep die berge saam inry
en dit is ‘n belewenis
om saam ‘n blou disa te ontdek en heel vry
te wees sonder stoornis.


Toe jy die gordyne skielik dig trek (virelay)


Toe jy die gordyne skielik dig trek
het jou klere af gegly
was jy dwarsoor die bed uitgestrek
met jou lokkende dy.

Jy het geglimlag, toe uitreik na my
met jou sagte mond
wat lok waar jy jou teen my aanvly
om jou te deurgrond;

jou borste was sag, ferm en rond
en sonder enige vrees
is jy verwen verby die afgrond,
het jy my ook genees,

geleer om diep verlore te wees
in ‘n plek vêr verby
die drang van die menslike gees,
om saligheid te kry.


Bitter is dit in my as die son opkom (virelay)

Bitter is dit in my as die son opkom
die dag begin breek,
jy my met jou optrede nog verstom,
daar’s pyn wat steek

op elke dag en veral op die naweek
en in vae herinnering
is daar woede wat nou in my opsteek,
niks kan jou terug bring

en rondom my trek die dae ‘n kring
terwyl ek nog verdwaal
in die lewe en oor liefde se opvatting,
waaruit ek die kern haal

en ek wag reeds vir die son om te daal
wil alleen ‘n kers opsteek
jou uit my siel en uit my lewe uit haal,
jou beeld in my afbreek.


Op straat raak ek van ‘n jong vrou bewus (virelay)

Op straat raak ek van ‘n jong vrou bewus,
wil soms na haar kyk
want sy is lieflik en haar klere regtig knus,
as sy so onskuldig lyk.

Dag op dag sien ek haar verby my aanstryk
maar haar oë is neer
en daar is ‘n ring wat aan haar vinger pryk
en ek sien haar weer

as ek met my motorfiets ry deur die verkeer,
haar oë is baftablou
toe sy net daar wragtig met my koketteer,
ek baie van haar hou

maar nie weet of ek die vrede kan vertrou
as haar blik nie wyk
en daar’s niks wat aan haar vinger vasklou,
sy is heel luisterryk.


A psalm (virelay)

From light years far away in space and time
you are the architect
who takes care of a planet the size of a dime;
a far off small object,

you ordain our days and to us intimately connect
as a kind of loving being
giving sanctuary, even if crudely we do you reject,
with you are disagreeing.

Still you are protecting everything that is living,
constantly giving light
even to those who are in rebellion, unbelieving
who yearn for the night

and of your kindness we do not have true sight,
we judge you incorrect
as a supreme being that rules by force and might,
giving you no respect.


Let me tell you of my love (virelay)

Let me tell you of my love day by day,
and little things like a dove
that life at times brings onto my way,
see as an action from above,

even if this life does me around shove
let me still truly love you
while into each other we fit as a glove,
let my eyes sparkle blue

while yours have a strange kind of hue,
with care in every remark,
let only kindness in everything be due
with passion as the spark.

When we do in greater things embark
let us then find an alcove,
a place of love, solace against the dark
living out our own love.


A smiling face (virelay)

Sometimes there is something in a smile
that changes a face
with a kind of sheer light; that in a while
has a kind of grace

bringing great happiness to any old place,
loving to the heart,
setting tender feelings, your pulse at race
playing a tiny part

of living, turning it about into a kind of art,
to those we meet
and when we leave, we have got to depart
we leave a sweet

kind of thing that others constantly repeat,
that does amaze,
making the lives of humans more complete,
leaving them ablaze.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar