Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ʼn Vlooi mark.
Hierdie een is geleë in een van die buite wyke van Johannesburg.
Dit opereer na-weke en publieke vakansie dae.
Die eienaar het ʼn ou inry teater omskep in ʼn vlooi mark.
Hoë woonstelle omring die area.
Wasgoed hang aan ʼn lyn op die balkon.
Op ander balkonne sit die woonstel bewoners bedags en bekyk die bedrywighede van die vlooi mark onder hulle.
Party woonstelle het rowwe bewoners.
Van die vensters is gebreek en met blaaie van ʼn koerant toe geplak.
Ander het beskaafde inwoners.
Pragtige blomme is in bakke op die balkon.
In die somer sien ek interessante tonele afspeel op die woonstelle se balkonne.
Die woonstelle is hoog.
Sommige van die bewoners reken die mense op die grond kan nie sien nie.
Vroeg oggend sal ʼn man, net in sy onderbroek verskyn, sy sigaret rook en staande na die bedrywighede in die vlooi mark kyk.
Op ʼn ander balkon, sal ʼn dame, net in haar onderklere verskyn, en haar wasgoed aan die lyn ophang.
Party keer, so teen laat oggend, sal ʼn paartjie verskyn.
Hulle hare staan nog wild.
Ek kan sien hulle het seker pas klaar ‘ge-jive’.
Die man sal met sy kaal bolyf op ʼn stoel plaasneem.
Hy sal met sy gekruisde arms op die balkon muur sit en die vrou sal puisies op sy rug uit druk.

Vir my persoonlik is dit ʼn fantastiese plek.
Twee redes.
Rede een. As ʼn iemand wat probeer skryf – stories skryf – sit ek daar, bekyk die mense, en sien van die mooiste stories voor my afspeel. Ongelukkig, is ek meestal net te dom om dit wat ek sien, in woorde om te sit.
Rede twee. Ek leef te lank.
Ek oorleef die paar tiekies wat ek vir my ou dag weg gesit het.
Gelukkig, vir my het ek twee knegte wat nie vergoeding vra nie. Een se naam is Regter hand. Die ander se naam is, Linkerhand.
Die twee knegte maak ‘goedjies’. Simpel goedjies. Maar, bruikbaar. Onmiddellik bruikbaar.

Die hele gesin gaan na die vlooimark. Almal loop hand aan hand, stop by elke stalletjie. Krap, kyk, bespreek, besin en koop – miskien.
Mans koop nie graag goedjies nie. Mans loop saam, drink sy bier en eet sy, in olie gebraaide, aartappel krul of vleislose pap vleis pasteitjie.
Mans loop net saam, en eet.
Behalwe as daar ʼn kind jonger as vyf jaar saam is. Dan koop pa. Dan koop pa enigiets waaroor daardie kind kerm.
As die kind ouer as vyf jaar is, kry die kind nie ʼn speelding nie:
“Jy is stout!”
Dus, maak my twee knegte goedjies vir kinders onder vyf jaar
Vrouens. Vrouens loop nie met rolle note nie. Vrouens het waarde.
ʼn Vrou koop nie sommer iets wat sy op ʼn rak moet sit en elke dag skoonmaak nie.
Sy koop bruikbare items
Duursaam. Goedkoop. Onmiddellik bruikbaar. Mooi.
Dit verstaan my twee knegte. Dit maak hulle.

Ek sit op my gerieflike seil kampstoel onder my tentjie.
Voor my is my tafel met die mooi lap op. Netjies is my knegte se werk uitgestal
Agter my is my sleepwaentjie met die deksel oop en vol gelaai
Mense stap verby. Soms ʼn alleenlopende vrou. Soms twee of drie saam. Soms die hele gesin.
Dan stop ʼn vrou. Stop so in die loop asof die remme vas slaan.
Sy kyk na die goedjies.
Ek sien die brein kliek.
Sy stap stadig nader na my tafel, kyk net eers en tel dan een artikel op.
Die goedjies is in verskillende kleure.
Ek los haar terwyl sy een na die ander van dieselfde soort artikels optel en bekyk.
Ek het ʼn aangebore magiese vermoë.
Ek kan maklik enige vrou se pantie se rek breek.
Maklik.
Terwyl sy so sukkel om te besluit, kap ek haar:
“ Dame, wat is die oorheersende kleur in jou kombuis?”
Crack! Hoor ek hoe die rek breek.
Sy twyfel ʼn oomblik, dink so ʼn bietjie, en sê:
“ Geel !”
“ Dame, kom om hier na agter en kyk in die sleepwa. Jy sal een wat geel is daar kry !”
Ek weet. Sy is nie gestres oor haar Pep stores se pantie nie. Sy is happy en sal haar vriendinne vertel en vir al haar dogters en skoon dogters kom koop.
Hierdie is ʼn winskoop.
En, sy kan dit dadelik en lewenslank gebruik.

Is dit ʼn mooi storie?
Luister dan na hierdie een:

Eendag stop daar ʼn ander dame.
Die keer is dit nog baie vroeg. Seker so om en by agt uur die oggend.
Die vrou is nog in haar ou, verslete en uitgewasde japon.
Ek vermoed sy kom uit een van die woonstelle.
Sy het slippers aan. Twee verbleikte blou slippers. Een se punt is oop. Die groot toon steek uit.
Die hare het lank laas ʼn kam gesien.
Ek sien die eenvoud en armoede en swaar kry.
In haar een hand het sy ʼn deurskynende plastiek sakkie.
Sy dra die sakkie met die vinger deur die knoop gehaak.
Haar pragtige blou oë is troebel van een of ander misbruik of te kort.
In die sakkie sien ek twee aartappels, twee wortels, ʼn ui, ʼn paar groen boontjies en ʼn tamatie.
Die maer lyf is verwese en verval.

In my geestes oog sien ek ʼn verhaal.
ʼn Verhaal van ʼn eens pragtige dogter van 18 jaar.
ʼn Dogter met ʼn bos wild, golwende koring kleur hare.
Met ʼn lastige krul wat sy kort, kort uit die oë vee.
ʼn Dogter met sterre in haar pragtige blou oë.
Oë wat uitsien na ʼn vol en ryk lewe.
ʼn Toekoms.
ʼn Dogter wat ʼn vrou sal word.
ʼn Vrou met vol rond stywe borste, sensuele heupe wat ʼn man tot in die sewende hemel sal dryf.
ʼn Vrou wat uitsien na ʼn gelukkige huwelik en kinders sal baar en versorg.

Dit het nie gerealiseer nie.
Die vrou hier voor my is slegs ʼn verskrompelde wese.
Sy sit die sakkie op die grond tussen haar voete en tel een artikel op.
Sy bekyk dit van al die kante:
“Meneer, dit is darem só mooi ?” Uiter sy haar opregte, eerlike mening.
“ Ek is bly as jy so dink, dame”
Dan kom die sagte stemmetjie:
“Meneer, ek het net twintig rand gehad vir my groente. Is meneer weer die einde van die maand hier?”
Stil, kyk ek in haar troebel oë.
My hart word sag.
Ek dink.
Ek dink, sal die Liewe Heer my dan nou straf as ek die vrou se dag maak?
“Dame, van watter kleur hou jy die meeste?”
“Meneer die groen een is baie mooi!”
Ek haal ʼn dra sakkie uit, vat die groen een, sit dit in die sakkie en gee dit aan die vrou:
“ Vat dit vir jou, asseblief !”
Sy weifel, wil nie die hand uitsteek om te vat nie.
Ek druk die sakkie in haar hand.
“Dit is joune, verniet. Vat dit huis toe.”
Die ongeloof en blydskap op haar verwese gesig.
Die omdraai en terug kyk na my, nadat sy so ʼn entjie gestap het.
Die weer kyk binne die pakkie na die artikel.
Laat my ʼn sagte skiet gebed opstuur

“ Liewe Heer, gee my asseblief die woorde.
Gee my asseblief die insig.
Sodat ek hierdie vrou se verhaal kan skep.”

Daarom gaan ek na die vlooimark.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vlooimark
En vir 'n oomblik...het die troebel uit haar blou oe geval...
8 jaar 10 maande 1 week 6 dae 3 ure oud


mooi
.n mooi storie van menswees, tussen 'n menigte,
dink dit was jou beste "sale" vir die dag, want jy het haar 'n rede gegee om aan te gaan nog 'n slag en weer geloof gegee dat daar tog nog goeie mense op die aarde is

pragtig
8 jaar 10 maande 1 week 6 dae 6 ure oud



Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar