Artikels

Titel: Die voor en nadele van die FIFA 2010 wêreldbeker.

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

FIFA se geslaagde aanbieding van die 2010 wêreldbeker in Suid Afrika het vir ons land enorme ekonomiese en sosiale gevolge mee gebring.

Toe daar op 15 Mei 2004 deur oud President Mbeki aangekondig is dat FIFA die bod aan Suid-Afrika toegestaan het, was die hele land in ekstase.
Sportstadions en infrastruktuur, byvoorbeeld nuwe paaie en ’n groot Eerste wêreldse vervoer projek, die Gautrein het uit hierdie besluit tot stand gekom. Dit kan net tot voordeel van die land en ekonomie strek in die toekoms.
Tog moet mens op ekonomiese gebied na albei kante van die muntstuk kyk.
Die armstes van die armstes het geen baat gevind by FIFA se suksesvolle aanbieding van hierdie toernooi nie.
Die verwagting wat by mense geskep is dat daar vir almal ’n beter lewe wag in 2010, was maar net ’n onrealistiese droom.
Tog, op die keersy van die munt was daar in hierdie tyd ’n mate van werkskepping en het sommige besighede in sekere bedrywe astronomiese ekonomiese baat gevind hierby.
Miljarde rande het die land ingestroom via besoekers uit die buiteland.

Op sosiale gebied het Suid-Afrikaners oor die hele wye spektrum nader aan mekaar beweeg.
Sokker, die sport van die tradisionele agtergeblewe groep in ons samelewing was ’n samebindende faktor in hierdie tyd.
Danksy die FIFA 2010 wêreldbeker het die meeste Suid-Afrikaners ’n trots op sy land, sy volkslied en sy vlag ontwikkel. (So tong in die kies: ook die vuvuzela.)

Groeperings wat andersins nooit met mekaar in aanraking sou kom nie, het vrolik en laggend, skouer aan skouer in Soweto die eindstryd bygewoon.
Liefde en harmonie het in ons pragtige land geheers.
Suid-Afrika het eensklaps weereens bekendheid verwerf. Hierdie keer sonder ons land se pragtige ikoon, Madiba oftewel meneer Nelson Mandela.
Buitelanders was verstom om die veranderde omstandighede in ons derde wêreldland te aanskou. Ongeag ras, kleur geloof of taal het Suid Afrikaners gewys dat ons ’n nasie is wat omgee vir ons land en vir ons mense.

Maar nou is die partytjie verby.
Die huidige staatsdiens en onderwysstaking bewys dit.
Korrupsie tydens die aanbieding van FIFA se 2010 wêreldbeker word elke dag in die media openbaar.
Opruimingswerk moet begin doen word.
Ons sal skouer aan die wiel moet sit en hard werk sodat al FIFA 2010 se positiewe gebeure nie in negatiewe dinge ontaard nie.
Dit is nou wel so dat ons land na 2010 met ’n enorme skuldlas sit wat terug betaal moet word.
Ongeag al die negatiewe gebeure wat hieruit voortgespruit het, kan ons kan egter met trots eendag aan ons kinders sê: Ons is die generasie wat daar was.
Ons is die generasie wat kon nasiebou.
Ons is die generasie wat dit moontlik gemaak het.
As ek vrylik mag vertaal, is ons die generasie wat kan sê:
“Ons het dit ondervind- Ons was daar!”
(Feel it - it is here!)



Kommentaar

En wil ek byvoeg ons is die generasie wat die bosoorlog meegemaak het, en ook Sokker 2010!

Die "dogtag" wat die wereld om ons nekke gehang het, het verander in 'n "lightbulb" vir vrede.
1 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 12 ure 2 minute oud


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar