Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het die voorreg gehad om ‘n onderhoud te voer met Samajoor LW Botha wat verbonde is aan ons land se weermag. Hy beoefen tans die beroep in Tellekommunikasie in Nelspruit.

In 1987 skryf Samajoor Botha matriek, en het nie werklik geweet wat hy wou doen nie. Al wat hy geweet het, is dat hy nie wou weermag toe gaan nie. Gedurende daardie jaar in Junie, Julie hou die skool ‘n loopbaan uitstalling waaraan Telkom ook deelneem. Daar het die spreekwoordelike lig vir hom opgegaan en het hy dadelik geweet dit is wat hy wil doen. Maar Telkom skiet hom af weens te veel aansoeke wat hulle ontvang het.

Samajoor Botha se pa het nie geglo aan leeglê nie, en omdat hyself in die weermag was, neem sy pa hom na die kommando van daardie tyd. Omdat hy uitgeblink het op skool in die skyfskietspan en een van hulle beste kadette was, beveel hulle hom aan om permanent by die weermag aan te sluit. Presies waar hy nie wou wees nie.

Min wetende dat militarisme in sy bloed is, geniet hy dit tog in die weermag. Soos enige ander nuweling in die weermag begin hy sy loopbaan as soldaat op Heidelberg in die ou Transvaal in 1988.

Na opleiding begin Samajoor Botha onmiddelik sy studies in 1991 as ‘n elektroniese radio tegnikus en kwalifiseer in Pretoria, waar hy dan ook aanbly en as tegnikus gewerk het tot in 1995. Daar het hy radios en klanktoerusting herstel tot op komponente vlak. Sy werk het hom dan ook geneem na plekke soos Lohatla, Kaapstad, PE, George, Pietersburg, Nelspruit, Bloemfontein, Oudshoorn en vele meer. Dit was ook toe wat hy as klank ingeneur opgetree het vir verskeie groot sangers, soos Sonja Herholt, Lourika Rouch, Steve Hofmeyer, Juanita du Plessis en vele meer.

In 1996 begin Samajoor Botha ‘n nuwe loopbaan wat hom baie na aan die hart lê. Tellekommunikasie in die weermag. Hy word verplaas Laeveld toe, waar sy droom gelê het as kind, toe hulle daar was op ‘n veldskool toer. Hy en sy nuwe vroutjie gaan woon in die asemrowende gebied van Mariepskop.

Daar was hy verantwoordelik vir die onderhoud van die weermag se Tellekommunikasie netwerk in die area tussen Tzaneen, Hoedspruit, Phalaborwa en ‘n gedeelte van die Nasionale Kruger Wildtuin. In hierdie tyd besoek hy die Wildtuin dan ook op ‘n gereelde basis.

In 1999 maak die weermag hierdie stasie toe, en word hy Nelspruit toe verplaas. Die weermag woongebiede om en op Mariepskop, het so stadig een vir een spookdorpies geraak, tot daar net ‘n opsigter later oorgebly het.
In Nelspruit, is hy sedert Januarie 2000 verantwoordelik vir die onderhoud en herstel van die weermag se Telekomunikasie netwerk in die hele Mpumalnga, asook in Maputo in Mosambiek waarvan hierdie behoefte later weggeval het.

Samajoor Botha se werk sluit in die hele bandwydte bestuur van alle relevante skakels wat hulle tussen die basisse en dorpe het. Die onderhoud op PABX‘e en herstel van tellefoonlyne tot by die kliënt, ook die konnektiwiteit van al die data gebruikers. In kort, van waar my en jou PC\ telefoon ingeprop word tot by die volgende gebruiker, is sy verantwoordelikheid om te onderhou.

Om konektiwiteit te verkry tussen basisse en dorpe, het die weermag hoogte nodig vir die radios wat die hulle gebruik. Hierdie verantwoordelikheid neem hom dan na al die hoë koppies en berge in die provinsie vanaf Mosambiek en Swaziland se grense tot in die noorde op Mariepskop en Roosenekal asook Piet Retief in die Suide.

Met die konstante tegnologiese vooruitgang moes hy dan ook later ‘n IT georiënteerde kursusse doen om by te bly by die nuutste tegnologie. Samajoor Botha het begin met tropo scatter op Mariepskop, ‘n stelsel wat in gebruik was sedert 1960. Die stelsel het die tropo sfeer gebruik om seine te reflekteer na die volgende ligging.

Vandag gebruik die weermag ‘n baie vinniger en kleiner stelsel genaamd mikrogolf radios tussen al die basisse. Met die tropo kon jy ‘n skakel bou van Mariepskop tot in Louis Trichard in die Noorde en ‘n skakel na Louwsburg in Natal. Hoewel die mikrogolf baie, baie kleiner is en meer bandwydte kan hanteer kan hy nie so ver werk nie, en moet jy herlei stasies orals opsit. Die stelsel werk so 50 tot 80 km en dit is wat die weermag personeel van vandag dan so op al die koppies en berge bring met al die mooi uitsigte.

Die weermag werk ook nou saam met Telkom want op party plekke is dit vir hulle makliker en goedkoper om Telkom as hulle draer te gebruik ipv. die weermag se eie skakels te installeer. Die weermag het hulle ook nodig om te kan uitskakel uit hulle “privaat netwerk” uit. Met privaat netwerk word daar bedoel, dat die weermag vanaf Nelspruit tot in die Kaap kan praat of eposse stuur sonder dat dit onderskep kan word. ‘n Mens moet fisies op die weermag se netwerk inprop om so iets te kan regkry. Daarom is die nuwe neiging na draadlose telegrafie nie ‘n groot ding by die weermag nie.

Die weermag begin nou ook te belê in VOIP. Dit is die nuutste tegnologie waar jy net ‘n data kabel lê en dan werk hy ook vir jou foon. Die stem “voice” word oor die data netwerk gedra tot waar hy dit nodig het om af te klim en uit te gaan na die ou toe wat jy geskakel het.

Samajoor Botha vertel dat hy al bo-op hierdie koppies in die warmste somers baie koud gekry het. Maar sy liefde vir die Weermag en Suid-Afrika, maak alles die moeite werd.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

samajoor
ans ek het die stuk werklik geniet. om te dink in die boere oorlog het die Engelse heliograwe gebruik en moes ook maar op die koppies klim om die son op die spieël te kry. Op bewolkte dae was die heliograaf nutteloos
5 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud


Interessant
Biae interessant, Ans! (Die taalpuris in my sluk net bietjie swaar aan'samajoor'!)
5 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud


...
Dis baie goed om te hoor dat mense nog 'n goeie loopbaan in die weermag kan hê vandag!
5 jaar 11 maande 1 week 3 dae 9 ure oud


vooruitgang
baie interessant vriendin.. goed geskryf
5 jaar 11 maande 1 week 3 dae 12 ure oud


Weermag.
Jy het beslis jou roeping gemis. Geweldig interessant. Dankie vir die deel met ons.
5 jaar 11 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


weermag
Dankie vir die deel Ans, baie interressant
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae oud


Weermag
Baie interessant, soos altyd beskryf jy iets treffend en kan mens se oe daaraan hang van lekkerlees :)
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


--
Dankie vir hierdie besonderse bydrae Ans waar jy my na verskei [Mooi!] plekke regoor Suid-Afrika geneem het.

Ek het dit veral geniet om van die verskillende stelsels waarmee Samajoor LW Botha betrokke te lees dws. vanaf PABX Stelsels tot by VOIP!

Ek beny mense wat so daadwerklik deel van ons land se bou`blokkies uitmaak. [Botha? Is die man familie van jou?]

Jou artikels is *Flawless*
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar