Titel: Die vraag:- Moet ek bid vir varkvleis?
Weergawe: 1
Aantal woorde: 380
Kere gelees: 132
Datum gepubliseer: 12 Nov 2011
Na aanleiding van die vraag oor die artikel Tafelgebed skryf ek die volgende werkstuk. Die vraag was moet ek vir varkvleis ook bid?
Met die eerste oogopslag ja, ja en nogmaals ja. Kom ek verduidelik dit so. In die ou Testament het God net een volk gehad naamlik die Isrealiete. Toe Moses die volk uit Egipte gelei het na die beloofde land moes God vir hulle rigleine en reëls neer lê. Die Tien Gebooie:- gaan lees daarvan in Eksodus 20 en Deuteronmuim 5:6. In Deuteronmuim kry God die Isrealiete (sy volk) gereed om die beloofte land binne te gaan. In Deuteronmuim 14:1-21 en Levitikus 11 praat God van die rein en onrein kos baie meer as net varkvleis gaan lees gerus die stuk.
In die nuwe Testament:- God stuur Sy Seun Jesus om te kom sterf aan die kruis vir alle mense se sonde. Nie net vir die Isrealiete nie! Ander sou ek en jy nie in die hemel kon kom nie! Gaan en verkondig My Woord aan al die nasies was Jesus se opdrag aan die dissipels. Met die kruisiging van Jesus Christus was daar vir drie ure lank duisternis en toe Jesus sterf het die voorhangsel in die tempel in twee geskeur. (Matteus 27:45-56). Wat beteken in Moses se tyd mag slegs die hoëpriester in die tabbernakel ingegaan het .(Hierdie is ’n onderwerp op sy eie. Die ou en die nuwe verbond) Enige mens kan vandag die Vader aanneem as sy persoonlike Verlosser en Saligmaker nie net die Isrealiete van ouds nie! “Terwyl Petrus nog praat, het die Heilige Gees op almal gekom wat na die word geluister het.” (Handelinge 10:44-48) Ook is alle kos rein verklaar Handelinge 11:6-10 Een versie wat my by bly “Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie.” Lees ook Kolossense 2:16 en Romeine 14:1-12.
Die kruisiging van Jesus was natuurlik ’n spyker in satan se doodkis! Satan kan ons nie meer by God gaan aankla nie want, Jesus het met sy bloed vir ons sondes betaal. Lees Kolossense 2:13-15! “Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.” Lukas 10:19. Halleluja Prys die Here!!!!
Sharlom
A3
11 November 2011
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

Artikels

deur natasha dutton
"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)