Titel: Die Vrug van die Gees vs Gawes van die Gees
Weergawe: 1
Aantal woorde: 211
Kere gelees: 138
Datum gepubliseer: 29 Nov 2011
Die Vrug van die Gees (Galasiërs 5:22.)
Leef voluit in:-
Liefde
Vreugde / Blydskap
Vrede
Geduld
Vriendelikheid
Goedhartigheid / Vrygewigheid
Getrouheid
Nederigheid
Eerlikheid
Opregtheid (Daar is geen ryker erflating as opregtheid nie!) William Shakespeare
Selfbeheersing
Die vrug van die Gees is iets wat ontwikkel moet word. Om hierdie eienskappe in jou lewe te ontwikkel verg harde werk en tyd. Die liefde en selfbeheersing is die twee punte wat die vrug van die Gees bymekaar hou.
Wil die mense hê wat jy het as hulle na jou lewe kyk? Hoe reageer jy onder druk? Hoe behandel jy jou medemens? Is jy vrygewig, hulpvaardig en geduldig? Is jou dade en woorde aan jou medemens ‘n lewende brief van Jesus Christus?
Gawes van die Gees (1 Korintiërs 12.)
Daar is ‘n verskeie ganadegawes of geestelikegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit aan ons skenk.
Om met wysheid te praat.
Woorde van kennis te hê.
Geloof deur die Heilige Gees.
Gesondmaking of geneesing.
Om wonders te doen.
Om die Boodskap van God te versprei.
Om tussen geeste te onderskei
Om ongewome tale of klanke te gebruik. (Om in tale te praat)
en ‘n ander om die vreemde tale vir ons uit te lê.
Onthou die wêreld is honger na wat eg is!
Sharlom
A3
21 November 2011
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

Artikels

. . . . kyk na die wêreld se vrug;
ons moet elke dag van dit ontvlug:
Maar as julle deur die Gees gelei word,
dan is julle nie onder die wet nie.
En die werke van die vlees is openbaar,
naamlik owerspel, hoerery, onreinheid,
ongebondenheid; afgodery, towery,
vyandskap, twis, jaloersheid,
toornigheid, naywer, tweedrag,
partyskap; afguns, moord,
dronkenskap, brassery en dergelike dinge,
waarvan ek julle vooraf sê,
soos ek al vroeër gesê het,
die wat sulke dinge doen,
die koninkryk van YHVH ELOHIM nie sal beërwe nie.
[Galàsiërs 5:18-21] (korreksies is voorsien)