Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Geld is die wortel van alle kwaad! Nie koopkrag nie - nee, geld! Beweer ek dat misdaad in ons land met 95% sal afneem as daar nie geld in die vorm van munte en note is nie, dan sal ek waarskynlik nie ver verkeerd wees nie! Waarom sê ek so?
(1) Geen misdaad waar geld die motief is, sal gepleeg word, soos:Transitorooftogte, winkel -en bankrowe, huisinbrake, aanvalle op indiwidue, motorkapings, dwelmhandel en alle ander sindikaatverwante misdade nie.
(2)Huurmoorde sal nie in kontant betaal kan word nie
(3)Afpersing en korrupsie sal eindig
(4)Belastingontduiking sal nie moontlik wees nie en daarom sal almal baat deur belastingtoegewings wat sal volg.
(5)As daar geen geld in die land is nie, sal die land ook nie 'n teiken vir onwettige immigrante wees nie
(6) Hulle wat 'n bestaan uit misdaad maak, sal die land vir beter weivelde verlaat.

Hoe haal ons hierdie Utopia? Elektronika/tegnologie is die antwoord! Plêstiek. Hoe so?

In plaas van note en munte reik die Reserwe Bank aan elke geregistreerde landsburger 'n debietkaart uit, onder sy identiteitsnommer. Elke transaksie wat hy doen, debiet of krediet, word op sy rekening aangetoon - al koop hy net 'n brood of betaal die motorwag.
Wettige immigrante kry so 'n debietkaart onder sy paspoort nommer, nadat hy sy valuta inbetaal het.
Handelsbanke se netwerke kan as agente van die Reserwebank optree.
Selfone moet so ontwerp word, dat dit 'n "swipefunksie" kry om nietige betalings, soos die motorwag, te kan doen. Die selfone kan deur die regering gesubsidiëer word uit besparings wat uit die nuwe stelsel voortvloei.
Ander voordele:
Elke landsburger moet geregistreer word anders kan hy nie bestaan nie.
Geen onwettige immigrant kan betaling ontvang vir sy wettige of onwettige bedrywighede nie.
"n Volledige krediet rekord is beskikbaar vir kredietverlening kragtens die kredietwet.
Outomatiese tellermasjiene verdwyn.
Onwettige betalings verskyn op rekord van die betaler en ontvanger en die misdadigers se turf sal sit!

Dink asseblief hieroor na en brei daarop uit as julle dink dat ek hier iets beet het. Stuur ook aan belangrike mense en laat my weet wie asseblief! Ons moet ons land red!!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek dink ook misdaad sal net verskuif, hulle sal net ander planne uitdink om te roof. Die duiwel slaap nie... Maar..dit wat Oom sê gaan gebeur, fisiese geld gaan verdwyn, dan is daar net kaarte en wanneer die kaarte nie meer veilig is nie, dan gaan die "merk van die dier" (Veri chip - wat reeds bestaan) inkom. Daardie laaste gedagte is so vreesaanjaend dat fisiese geld maar so lank as moontlik kan bly, as dit van my afhang.
12 jaar 4 maande 1 week 6 dae 17 ure oud


"Dink asseblief hieroor na en brei daarop uit as julle dink dat ek hier iets beet het. Stuur ook aan belangrike mense en laat my weet wie asseblief! Ons moet ons land red!!!"

Om die land te red, is nie in mense hande nie. Ja, met slimmigheid gaan die mens aan allerhande plannetjies dink, maar dit sal maar net weer op niks uitloop nie.
Die oplossing is: Terug na God en terug na Sy Woord.
2 Kron 7:14

12 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 7 ure oud


Dit is reg maar moord sal nie verdwyn nie. Solank daar rassehaat is sal daar nog by jou ingebreek word al is dit net om jou te martel. Sommige rowers steel niks maar neem net jou lewe.
12 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


Geld is nie die wortel van die kwaad nie, dis nog stroomaf. Indien jy kontant vir kaarte (virtuele geld) verruil sal jy slegs die misdaad skuif. Kriminele sal nou by jou internet bankrekening inbreek, of mense met geweer teen die kop dreig om groot oorbetalings te maak, of watookal dit sal neem om die geld te bekom.

Ons benodig rolmodelle met integriteit, en streng optrede teen enige misdaad. Morele waardes moet uit die as herrys.
12 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


Daai wortel vol kwaad
Ek stem saam oor die wortel van die kwaad en geld. Maar o wee, sommige ouens en vrouens gaan jou braai oor die voorstel. Gaan lees Openbaring 13. Groetnis
12 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 20 ure oud


Daai wortel vol kwaad
Dagsê Freek
Ek hoor wat jy sê, maar ek is bevrees dat met ongeveer 10 miljoen werkloses, as dit so min is, sal misdaad soos uiteen gesit in jou sub paragraaf (1) veral teen die indiwidu net meer feller toeneem, want eet moet ‘n man eet en nou is daar nie meer geld nie. Huis inbrake, rooftogte en moorde by huise sal toeneem, hierdie keer vir jou warm baadjie en dit wat te ete en is in jou woning. Motor voertuie by parkeer terreine gaan ‘n groter teiken word en sal dit nie meer veilig wees vir die vroue of gesinne om oop en bloot kruideniers ware, klere ens. te gaan koop nie. Jou motor sal kan gekaap word net vir die vol tenk petrol en so aan. Dit gaan uitstekend werk vir die wat likied kan bly met die debiet kaart, vir die res is ek bevrees sal die motief verskuif vanaf geld na die alle daagse lewens middele.
Groete
12 jaar 8 maande 4 weke 14 ure oud



Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar