Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gedigte kan moeilik verstaanbaar wees oor hulle simbolies aard, oor die beelde wat hulle gebruik, oor ervarings en emosies wat nie maklik verstaan word nie, deur onbekende woorde, deur die vreemde samestelling van woorde in die wyse waarop ‘n gedig uitgedruk word, deur dinge buite die algemene ervaring en verwagting veld, deurdat sommige gedigte soms in lae gebou is wat soos uieskille is, deur die gedagte wat die gedig probeer oordra ingewikkeld is, deurdat die gedig buite ons eie ervaring en kennis is, of die gedig spronge maak wat moeilik gevolg word of dat woorde argaïes is en nie spreektaal nie.

Aan die begin van die twintigste eeu was daar digters wat geneig het om van romantiese taal gebruik te maak, sonder die denk krag van die romantiese digters. In reaksie hierop het ‘n groep digters wat hulleself “imagists” genoem het in ongeveer 1910 ‘n nuwe versvorm begin skryf wat gelei het tot die konsep van vryevers en verrykende gevolge in die digkuns gehad het.

Die “imagists” se beginsels was as volg (1):

Om in spreektaal te skryf en altyd die presiese regte woord te gebruik en nie net ‘n woord wat versier nie.

Om nuwe ritmes te gebruik om gevoelens en dinge uit te druk en nie net die ou ritmes na te boots nie.

Vryevers was beskou as ‘n beginsel van vryheid en die individualiteit van ‘n digter word beter uitgedruk in vrye vers as in die konvensionele rymende versvorms.

Absolute vryheid moet toegelaat word ten opsigte van die keuse van ‘n onderwerp vir ‘n gedig.

Daar is passievol geglo in die kunswaarde van die moderne lewe.

Om ‘n beeld oor te dra (daarvan die naam “imagists”) moet die digkuns besonderhede presies uitdruk en nie van algemeenhede gebruik word nie en daar is besluit om gekant te wees teen die “kosmiese” tipe digter.

Daar is besluit om digkuns te skryf wat hard en duidelik is en nooit ondefinitief, of onbepaald of wasig nie.

Daar is ook geglo dat konsentrasie die essensie van digkuns is


Die toepassing van sekere van die bogenoemde beginsels kan tot goeie vrye verse lei maar eie vakmanskap en woord gebruik bly in my gedagtes deurslaggewend vir goeie verse om te ontstaan.

In Engels en Nederlands is daar steeds digters wat met groot sukses rymende gedigte skryf en Lewis Turco se boek oor versvorms (2) is reeds in sy derde uitgawe. Self poog ek gedigte in rymende en vrye vers vorms want in my eie gedagtegang is een van die maatstawwe van ‘n groot digter ‘n kundigheid in verskillende vorms en soos almal poog ek om ‘n beter digter te word.

Die ander ding is dat letterkundige bewegings en style en manier (soos rym) nie na duisende jare tot ‘n einde kom as ‘n ander nuwe vorm of idee begin nie.

Daar is digters en skrywers wat buite die mode van hulle tyd in isolasie ontwikkel en skryf en die belangrikste digter of skrywer is nie noodwendig die mees gewildste of die een wat die kritici goedkeur nie maar oorspronklikheid soos met Wordsworth, Chaucer, Wittman en Shakespeare is van belang en hierdie gedigte het steeds ‘n eie krag.

Geen tipe kuns is vanself beter as ‘n ander soort nie en elke soort werk verdien beoordeling op eie meriete.

Ek het self ondervind dat ander digters meen dat rym ‘n mens bind om werklik te sê wat jy wil in ‘n gedig. ‘n Bekende digter en letterkundige het op ‘n keer vir my gevra of ek van ‘n tabel gebruik maak om my ryme te kry. Ek het nie op daardie stadium sy vraag verstaan nie tot ek die laaste digbundel van W.E.G. Louw gelees het. My eie woorde kom vanself en ek hoef nie na rymende woorde te soek nie en so was die geval met N. P. van wyk Louw (3) en Isaac Watts (4) wie se liedere steeds in kerke gesing word en ek weet nie hoe om dit te verduidelik aan mense vir wie dit nie so is nie.

Deesdae loop ou gedigte die gevaar om nie gelees of geag te word nie en hierop het die “imagists” juis ‘n impak gehad maar nog is daar gedigte wat uit die verlede kom wat steeds bruikbaar is en ‘n krag van hulle eie het met sterk ritme, beelde en ‘n noodsaaklike struktuur. Dink maar aan Eugene Marais se “Dans van die reën.

Volgens die ‘imagists” se prinsiepe skryf T.S. Eliot hard en duidelik:

“They are rattling breakfast plates in basement kitchens,
And along the trampled edges of the street
I am aware of damp souls of housemaids
Sprouting despondently at area gates.”

Toe kom Dylan Thomas as ‘n “kosmiese” digter en hy is besonder goed. Oorweeg die volgende:

“And I must enter again the round
Zion of water bead
And the synagogue of the ear of corn.”



Voetnotas:

(1) “Some imagist poets” A antholgy.in the preface.

(2) Turco, Lewis. The Book of Forms, A Handbook of Poetics, 3rd edition.

(3) “Ek sien die digterskap – as dit ‘n digterskap was- nie as ‘n “worsteling” of wat ook al nie. Dit was geen “stryd” om die digterskap nie. By my het alles te maklik en vanself gekom.” Van wyk Louw, N. P, “Rondom eie werk” Tafelberg, 1970. P 84.

“Wees nie bekommer oor wat julle gaan sê of hoe julle dit moet sê nie- dit sal vir julle gegee word.” Van wyk Louw, N. P, “Rondom eie werk” Tafelberg, 1970. P 85..

(4) “Daddy, please mercy take
I will no more rhymes make.” Isaac Watts as ‘n kind.


Bronnelys:

Van wyk Louw, N. P, “Rondom eie werk” Tafelberg, 1970. P 53-71.

William Packard “The art of poetry writing” A guide, for poets, students and readers

Richard Aldington, H.D. John Gould Fletcher, F.S. Flint, D.H. Lawrence Amy Lowell “Some imagist poets” A antholgy.in the preface.

Amy Lowell, Preface to some imagist poets (1915). Essay on poetic theery.
ESSAY ON POETIC THEORY



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Richard Aldington, H.D. John Gould Fletcher, F.S. Flint, D.H. Lawrence Amy Lowell “Some imagist poets” A antholgy.in the preface.
http://www.gutenberg.org/files/30276/30276-h/30276-h.htm
7 jaar 2 maande 3 weke 3 dae 2 ure oud



Van ons ander lede

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar