Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


‘n Kinderheld

Dit is Februarie 1838. Die Voortrekkers in Natal het baie teenspoed beleef en was daar nou honderde weduwees en weeskinders. Buiten dat mense hulle lewens verloor het, het hulle ook die meeste van hulle vee verloor wat deur die Zoeloes weggevoer is.

Die Voortrekkers was brandarm en het daar ‘n totale gees van verslaenheid oor hierdie groep geheers. Die Voortrekkers was onseker oor wat om te doen, sommige het gevoel hulle moet terug oor die Drakensberge, weg van die Zoeloes af maar die meeste het besluit om te bly en Dingaan te straf vir wat hy aan hulle gedoen het.

Hulle het besluit om ‘n sterk kommando saam te stel en Dingaan te gaan straf en ook met die hoop dat hulle van hulle vee terug kan kry. Hierdie groep was te klein en hulle moes die hulp inkry om hulle te help om Dingaan te gaan straf. Boodskappers is uitgestuur na die Vrystaat en die Kaapkolonie om mense te werf vir hierdie kommando.

Piet Uys het op die oproep reageer. Sy trek was nog Noord van die Drakensberge maar toe hy van die slagtings verneem het hy en sy trek onmiddellik na Natal vertrek.
Die ander Voortrekkerleier, Hendrik Potgieter het nou ook nader getrek na die hoofgroep van die Voortrekkers wat in die Doornkop area was.

Maart 1838. Die Voortrekkers het reeds ‘n paar honderd weerbare manne bymekaar gehad en is daar toe besluit dat die kommando onder aanvoering van Uys en Potgieter, Dingaan moes gaan straf.
Piet Uys het besluit om sy tweede oudste seun Dirkie saam te neem omdat hy goed kon perd ry en goed kon skiet met ‘n geweer.
Saterdag 7 April het ‘n kommando van 374 manskappe uitgetrek om Dingaan te gaan straf. Slegs perde is saam hulle geneem waarop ammunisie en kos op gepak is.

Op 10 April het die Voortrekkers se verkenners die Zoeloes gewaar. Dit was reeds laat en die Voortrekkers het besluit om nie nader te gaan nie.
Woensdag 11 April. Toe dit lig word gewaar die kommando’s dat daar nie ‘n Zoeloe in sig is nie. Hulle besluit om verder te trek in die rigting van Dingaan se hoofstat maar nie ver daarvandaan het hulle op die Zoeloes afgekom.

Niemand is presies seker waar presies die slag plaasgevind het nie maar kan daar aangeneem word dat dit naby Italaberg nie ver van die Insuzerivier was nie.

Die Italaberg was nie baie hoog nie, eerder ‘n heuwel en is taamlik lank en breed. Teen hierdie hange was ‘n Zoeloe impi en verder op die vlakte nog ‘n impi. Toe die kommando dit sien het hulle eers beraad gehou. Uys en Potgieter het besluit om die impi’s gelyk aan te val. Uys het Potgieter die kans gegun om te kies watter impi hy wil aanval.

Potgieter het op die impi in die vlakte besluit.
Potgieter was versigtig, hy het die klowe en lande laat ondersoek om te kyk of daar enige Zoeloes skuil. Uys aan die anderkant het sy manskappe laat roep en met die perde teen die berg uitgejaag.

Volgens bronne het Uys en sy kommando tot binne vyftig tree van die Zoeloes af gekom en gesien dat hulle in drie regimente verdeel is, regiment agter regiment, skuilend agter hulle skulde.
Die Voortrekkers het van hulle perde afgespring en voordat daar ‘n skoot geskiet is het die Zoeloe aanvoerder blykbaar vir sy regimente geskree dat sodra die wit mense skiet moet hulle storm.
Die Voortrekkers het soos een man begin skiet, die aanvoerder van die Zoeloes het eerste gesneuwel aan die hand van Pieter Nel.
Die Zoeloes het op die vlug begin slaan terwyl die Voortrekkers in kleiner groepies opgebreek het en die Zoeloes begin agtervolg het. Die Zoeloes het groot verliese gely maar nog was dit nie die einde nie.

Met die agtervolging het daar twee Malans waaghalsig opgetree deur te naby aan die klowe te beweeg en kon hulle maklik afgesny word van die res van die groep. Toe Uys dit gewaar het hy dadelik ‘n vrywilliger gestuur om die twee te waarsku maar het sy eie perd vrye teuels gegee en tot by die Malans gery om hulle te waarsku om terug te kom.

Toe hulle omdraai het die Zoeloes uit die bosse op hulle afgestorm en op Uys en die Malans toegesak. Soos hulle teruggeval het moes hulle aanhoudend skiet en Uys het agtergekom iets skort met sy geweer. Uys het effens stadiger gery om die geweer reg te probeer maak toe hy ‘n skerp pyn in sy heup voel. Een van die Zoeloes se assegaaie het hom diep in die heup getref. Die wond het baie gebloei en man alleen het hy die spies uit sy heup getrek en teruggery op sy perd na die ander manskappe.

Die geveg was hewig en in die proses terug na die ander manskappe het Uys ‘n man gesien hardloop. Dit was ene Jan Meyer. Sy perd het gestruikel en die ruiter is afgegooi. Die perd het onmiddelik opgespring en weggehardloop en Jan Meyer moes sy hoed en geweer net so laat lê en hardloop voor die aankomende Zoeloes.

Dit is toe dat Uys hom gewaar en tot by hom gery het en hom beveel het om saam met hom agter op sy perd te klim. Uys se perd was groot en kon albei die ruiters met gemak dra.
Uys het stadig gevorder en het al hoe meer begin bloei, so erg dat daar later bloed by Uys se mond en neus uitgekom het. Toe hy uiteindelik by die klein groepie manskappe uitkom het Uys flou geword van die bloedverlies.

Die manskappe het hom weer bygebring en tot hulle ontsteltenis besef dat hulle alleen was en dat al die ander Voortrekkers reeds gevlug het. Hierdie groepie was nou afgesny van die groot groep af en omring deur die Zoeloes van al die kante af.
Met Uys swaar gewond en die Zoeloes om hulle moes hulle retireer om tot by die hoofgroep te kom en het aanhoudend op die Zoeloes skiet. Dirkie Uys was die heeltyd by sy vader.

Die groep het stadig beweeg en Uys het vir ‘n tweede keer flou geword. Hy is weer bygebring maar nou het mans langs hom gery en hom gestut om sodoende op sy perd te hou.
Die groepie mans by Uys was nou so min dat hulle lewens almal in gevaar was.

Hulle het by ‘n rietspruit gekom en die Zoeloes het weer begin aanval. Die groep mans kon deur die spruit kom maar aan die anderkant het Uys weer flou geword. Hy het gevra om afgetel te word van sy perd en neergelê te word. Uys het besef hy is besig om te sterf en kon nie langer sy manne se lewens in gevaar stel nie. Hy het hulle aangesê om hom daar te los en te veg vir hulle eie lewens.

Die groepie mans het eers getwyfel maar gou besef dat dit noodlottig sou wees om langer daar te bly. Dirkie het ook eers geaarsel maar op sy perd gespring en ook weggejaag.
Dirkie was ongeveer honderd tree van sy vader af weg toe hy omkyk en sien hoe die Zoeloes sy gewonde vader aanval. Op daardie oomblik het hy nie aan sy eie lewe gedink nie maar om sy vader te help en het omgedraai en met sy perd op die Zoeloes afgejaag.

Dirkie het op die Zoeloes geskiet maar dit het stadig gegaan om die Voorlaaier gelaai te kry en kon hy net drie Zoeloes doodskiet voordat ‘n assegaai hom ook getref en hy by sy vader gesterf het.
Dirkie Uys word beskou as ‘n kinderheld omdat hy die hoogste prys, naamlik sy lewe gegee het vir sy vader wat sterwend was.

DIE VERHAAL VERDIEP

Meer as agt maande na hul dood het Dirkie Uys se oudste broer Koos Uys na gevegsterrein gegaan om na die oorblyfsels van die oorledenes te gaan soek. Die oorskot van Piet Uys en die ander is gevind maar Dirkie se oorskot kon hulle nie vind nie.
Die verhaal van Dirkie verdiep verder. Jare later sou ‘n familielid ‘n kruithorinkie en silwer onderbaadjieknopies van ‘n ou Zoeloe kry. Die Zoeloe het vertel dat hy as seun in die slag van Italeni was en dat Dirkie Uys nie doodgesteek is nie maar dat hy lewendig na Dingaan toe geneem is en Dingaan hom later laat doodmaak het.

Hierdie Zoeloe seun wou graag iets van Dirkie besit en het toe na die lykie toe gegaan en die silwer knopies en die kruithoring verwyder.

Of hierdie verhaal van die Zoeloe waar is weet ons nie maar wat ons wel weet is dat hierdie Zoeloe doodgemaak sou word indien iemand uitgevind het dat hy aan ‘n lyk geraak het van iemand wie Dingaan beveel het om doodgemaak te word.
Daar is ook die verhaal wat beweer dat daar sop van Dirkie Uys se lyk gekook en gedrink is – of dit die waarheid is weet ons nie.

Maar soos een navorser dit stel: “Laat ons nooit vergeet dat die betreklike vrede en gees van naasbestaan wat ons vandag in hierdie mooi land ervaar, meer as ’n eeu en ’n half gelede ook met kinderbloed gekoop is nie.”

BRONNE:
http://samilitaryhistory.org
http://www.mieliestronk.com
http://www.myfundi.mobi/a/Suid-Afrikaanse_Geskiedenis









Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dirkie Uys
Baie insiggewende stukkie geskiedenis. Dankie vir die addisionele inligting.
5 jaar 5 maande 5 dae 7 ure oud



beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar