Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis hoe dit is….

‘n Vriendin lui vroegoggend en vra moedeloos of ek hulle produksie maatskappy vir ‘n paar weke kan help tydens ‘n ses weke lange vertoning by die Staatsteater. Ek slaan my hande op hemel toe van blydskap, want die skietgebedjies vir my eindjaar spaar en finansiële verknorsing is uiteindelik gehoor, en hier staan ek bakhand aan die ontvang kant van als waarvoor ek so ywerig gevra het! Boonop het ek die voorreg om by die teater te werk en as bonus…’n Backstage-pass terwyl ek omring is deur akteurs, sangers en ‘n uistekende produksie span, alles waarvoor ek lief is en passie voor het. Ek skets die nuut opgeboude netwerk van kontakte in my agterkop en dink aan alles wat ek eendag daarmee sal kan doen - eendag wanneer my tyd gekom het, eendag wanneer ek my pampoen vierkantig in die oë kyk op my eie lewens- stage.

‘n Paar weke later maak ek nuuskierig ‘n punt daarvan om die tweede helfte van die aand se vertoning in te sit, en daar gebeur dit… Hierdie groot ster in die Afrikaanse musiek genre maak my ‘n kollosale groot fan, een wat skielik sy woorde en hart verstaan, wat sy lirike indrink terwyl sy musiek-e en verhoog- persona haar wegvoer . ‘n Fan wat opnuut besef daar steek werklik iets agter hierdie man.
Ek, wat voor in die koor staan van die sogenoemde “Anti-Kommersiëele Suid Afrikaanse musiek beweging”…..

Dis hoe dit was.

Die Steve Hofmeyr storie is inderdaad ‘n nuwe belewenis in die Suid Afrikaanse Teater- en Musiek geskiedenis, aangesien geen ander musikant in SA al ‘n produskie van die aard aangedurf het nie. Dit is ‘n kykie in die lewe van onse Steve- van toeka tot nou met ‘n verskydenheid van liedjies waarvan party swaar aan die hartsnaar trek, terwyl ander weer almal aan die sing en handeklap het. Sy beste treffers gekombineer met ‘n uitstekende rolverdeling wat die storie van Steve op ‘n unieke en musikale manier ten toon stel. ‘n Verduideliking op soveel dinge wat die mMedia destyds van hom kwyt geraak het en die verhaal van hoe hy alles ter wille van SY mense uit die kollig probeer hou het. Dit is ‘n oop en eerlike vertoning, waar hy soms reguit met jou as teaterganger praat oor die lewe. ‘n tikkie Steve vanuit ‘n hele ander oogpunt.

’Ek is Steve Homeyr, ek het ‘n humeur probleem’ se hy sonder skroom, en dDan lag almal saam, want die man op die verhoog het groot geword, en die beeld wat vandag uitstraal is nie die van ‘n man van kort humeurige uitbarstings nie, maar die van ‘n man wat wys geword het deur die loop van die lewe - wat liefde ken, en wat weet dat geluk binne homelf lLêe, maar ook in die mense rondom hom - ‘n man van integriteit met ‘n besonderse visie vir ons Suid Afrika. ‘n Tikkie lig in die allerdaagsheid van vandag se gejaagde lewe. Wanneer dit by Afrikaans, Rugby en ons eie Bokke span kom straal Steve op die verhoog en skep ‘n ware gevoel van Afrikana onder die gehoor. Hy is ons Goue seun wat groot geword het onder die aanval van die pers terwyl juis al die negatiewe publisiteit ‘n groot inset op sy roem tot gevolg gehad het. Maar grooten en deels is Steve vandag waar hy is omdat hy die kuns van die lewe ken- Die kuns van Glo en aanhou-uithou en trots wees op wie en wat hy is en waar hy vandaan kom.

Daar is slegs ‘n paar weke oor voor ek my aande oudergewoonte met ander dinge sal volmaak .....dit is nie meer snaaks wanneer ek saans sien hoe die mense in storms die teater besoek nie, want nou meer as ooit van te vore, verstaan ek .

Dis hoe dit is!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Stevie Wonder
Ek het Steve se toer vertoning in Aliwal Noord gaan sien, grotendeels omdat daar niks anders was om te doen nie, en al is ek nie 'n groot 'fan' van sy liedjies nie (party is beter as ander) stem ek saam met wat jy se oor sy "aanhouer wen" eienskap, ek het dit ook baie in hom waardeer. As ons almal so positief was soos hy, en ophou kerm en begin dinge doen ... ja.. absolutely..
12 jaar 9 maande 1 week 1 dag 6 ure oud



HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar