Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ag, ja! So ken ons mos ou Toom, nè? Eindelose inleidings, en dan vergeet hy om oor die hoofsaak te skryf, en handel slegs die newesake af!

   As ek aanwysings wil gee, moet ek weet waarlangs die pad loop. As ek wil beveel, moet ek weet wat die wet toelaat. As ek 'n brief wil skryf, moet ek die spelreëls ken. As iets reëlmatig moet afloop, moet daar mos reëls wees. Speelreëls vir alle sportsoorte, gedragsreëls, verkeersreëls, en baie ander. Reëls, reëls, reëls of wette.

Reëls

By die opvoeding – van klein kinders tot volwassenes – moet dit duidelik wees waarom dit gaan, en waar die grense van ons handelinge verloop. Die babatjie kom op die wêreld en weet niks, glad niks nie. Óns weet waar bo en onder is. Die kind het nege maande op sy kop geleef en moet met die nuwe omstandighede leer klaarkom. Ons is verplig om hom stap-vir-stap alles te wys en voor te maak. Die kleinkind moet elke voorwerp wat voor hom verskyn, elke beweginkie wat hy maak, elke klank wat hy hoor, opneem, begryp, gebruik. Hy kom met niks, niks, niks nie op die wêreld, en van ons kry hy alles, alles, alles.

   Oftenot.

   En die kinders leer vinnig. In die eerste drie jare leer die mens meer as wat hy in sy gesamentlike lewe nog gaan leer. Dink net: Deur 180° omdraai, suig, byt, gryp met die handjies, kyk, sien, mik, herken,... kruip, staan, loop,... brabbel, lag, huil, praat, sing, skel,... aanskou, waarneem, oordeel,... hom- of haarself erken: „Ek!” Daarby het al sy organe daaraan deelgeneem, sy sintuie het ontwikkel, hy het homself en sy omgewing leer ken, en hy kan sy omgewing ('n bietjie, 'n klein bietjie) beweeg, beïnvloed. Dít wat hom die hele tyd deur beïnvloed het, en sy lewe lank nog gaan beïnvloed.

   Dit het hy nie kon regkry nie, as daar nie bepaalde wette, die natuurwette, was nie. Jy kan slegs val as daar 'n swaarte-wet is, en opstaan is die strewe teen die krag van die swaarte, anders sou jy ook nie kon staan nie. Wat ons wette of reëls noem, is van geboorte aan nodig om op die planeet te bestaan. Diere, plante, selfs die rotse en water op die aarde is daaraan vasgekoppel. By ons mense kom die sosiale en persoonlike wette wat aan die siel en die gees gebonde is daartoe. Moederliefde, verantwoordelikheid, hulpvaardigheid, respek,... Dis wette of wetmatighede wat ons omsingel en stut dat dit vir 'n kind moontlik is om as mens te ontwikkel.

Kinderopvoeding

Uit eie ervaring weet almal (ook 'n ongetroude sussie of nefie) dat die enigste manier om 'n babatjie iets by te bring, is manuaal, met die hand. Dit beteken: Van mond-aan-die-bors-bring tot vinger-gee sodat die kleintjie die eerste treetjies kan maak. Later nog tot die vashou van die fiets se saal as dit oor die oprit heen en weer wankel. Die kind se hand in joune neem om te wys hoe gaan ons met 'n lepel, 'n mes, 'n potlood, 'n breinaald,... om.

   Hoe om die bal te laat opslaan by 'n skepskop – iets wat ek nooit geleer het nie, dus my bewondering vir hulle wat dit kan – het ons oor weke heen geleer en geoefen. Meneer loop weg en Hannes vat hom laag, „En nou jy,... En nou jy,... En nou jy,... Nogeens van voor!” Pa hou die stuurwiel in een hand vas en tik op die linker- of regterknie om te sê wat is briek en wat is koppeling.

   Die kind is besonders lyfgebonde, en wat ons lyfvrye denke kan noem, kom eers in die tienerjare geleidelik tot voorskyn. (In ons kosskool het ons 'n weeklikse debataand gehad, juis om hierdie eienskap aan te kweek.)

   In al my voorbeelde hierbo en baie meer is die liggaamlike kontak noodwendig. As dit oor intellektuele uitpluising en mondelike of skriftelike mededeling sou moet gaan, het ons geen Springbok, vragmotorbestuurder, restourantkok, loodgieter,... meer nie. Of geen mens nie. Ook geen professor nie! Inteendeel: Dit het ons siek gemaak; kom ons bewaar ons kinders daarvoor.

   Tot dusver is alles geheel en al van wette of reëls, en die inhou van sulke reëls afhanklik. Die inhou van geskrewe of ongeskrewe  reëls ís dissipline, is dissiplinêre handeling, is  dissiplinêre houding.

Lewe in die tyd

Die lewe speel af in die tyd. 'n Lewensspan is 'n tydspan. Reëls en wette word gemaak en is in die tyd wat volg geldig. Voor die skepping was geen lig, aldus was daar geen kleur, geen ligspoed nie. Om die lewensreëls elke dag / week / maand /... weer op te neem, beteken reëlmatigheid. En die pleeg van reëlmatigheid is 'n kernbeginsel in die onderwys, newens die pleeg van oefening. Dit is die herhaling oor lange tyd van 'n geleerde bekwaamheid, tot dit sit, tot dit eie is. (Moenie vir glo nie, gaan vra ander onderwysers uit ander sielkunde-skole. Ek vra ook sulke lesers om te kommenteer.)

Reëls en dissipline

    Die volwassene, ouer, opvoeder, breier, of die groter neef of niggie by die Voortrekkers, ens. moet sélf die reëls inhou. Hy of sy moet met goeie voorbeeld vooraangaan. En dan met 'n maat van strenge sorg dat die (leergierige) kind dit ook inhou. Want die kinders ís leergierig as ons hulle dit nie verderf nie! Dit beteken, ouers, onnies en ander opvoeders moet saamstaan in hul pogings om die kinders groot te maak. Nog 'n kernbegrip in die opvoeding: Onderwysers weet dat ouers moet saamspan as dit suksesvol gaan wees.

   Dissipline beteken dus, onder meer:
°   Opvoeders moet weet waar die GRENSE is, watse REËLS van toepassing is;
°   Hulle moet dit self INHOU en BEHARTIG
°   Alle opvoeders SPAN SAAM;
°   Die kinders moet oefen, OEFEN, oefen:
°   (Ek herhaal) Dit moet met strenge en milde uitgevoer word (en nie die liefdevolle beroering vergeet nie);
°   Ten lappielaaste: Ook Toom moet die spelreëls ken en AANERKEN! (Dissipline)

[ Bly ons in gesprek? Terugvoer hou die tema warm.
Ook maande of jare daarna.
]

©.2013.§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§2§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§§.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

dissipline
hoe puik verwoord jy dit nie.. soos Willemien se.. practice what you preach ... n kind leer die meeste uit voorbeeld...
3 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud


--
MAW. "Practice what you preach .." Dit maak dat hulle meer geredeliker (sp) 'opneem, begryp en gebruik'

Weereens, dankie vir 'n puik artikel Toom.
3 jaar 4 maande 2 ure oud



Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar