Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Let wel
Hierdie artikel is van tegniese aard en is gemik op kalme besadigde deelnemers.

Dit is ’n heerlike onderwerp wat die sisteem uitgeskop het.- wie die sisteem ook al is, hierdie wen-wen ding.
Ritmies kom hier versoeke na my in-boksie om meer te vertel van hierdie ding van dobbel.
Ek was gou na Johan Minnie toe en daar laai ek toe ’n klomp goed op wat die sig deur die agter ruit van my bakkie versper.
Johan hou nie op groet nie en ek is haastig om te ry en om uit te kom, moet ek trurat maar ek kan nie deur die venster na agter sien nie en Johan wys my en op sy ga-nog-ga-nog-ga- nog trurat ek en kyk hom in sy oge en ek sien op sy gesig hy val hom by van nog iets om my te vertel, maar ek het nie tyd nie nie ek moet by die huis kom en BOEM! Stamp ek iets agter en ek kwaad-kwaad-kwaad: “Johan wa . . .”
“ Willem maar ek skree vir jou ganog-ganog-ganog en jy hoor nie!”

Dit, my geliefdes is dan ook die wagwoord by dobbel. Stop. Genoeg. Gaan huis toe.
Dobbelaars het bygelowe. Vir die onkundige is dit bygelowe, vir my is dit werklikhede.
Los enige vorm van masjien uit. Alle masjiene is geprogrameer en die dobbelplek besluit watter persentasie van wat ingegooi is, moet die masjien uitbetaal, en dan programmeer hulle die masjien daar volgens.
Wat ek wel sal doen, is, vroegoggend, huistoegaantyd, masjiene is dan ook stil, vat ek ’n bedrag (Nie dobbelhuis geld nie) en loop verby ’n paar masjiene en maak hulle vol.
Waarop ek staatmaak is dat die laaste speler geloop het net voordat die masjien sou uitbetaal het. Daarom moet jy ‘volmaak’ om die maksimum betaling te ontvang.
Maar, dit net so in die verbyloop.

Die enigste twee dobbel fasiliteite waar die menslike faktor inkom, is by kaarte en roulette.
Met kaarte moet jy oor een vreeslike geheue beskik omdat die Deler- dit is die persoon oorkant wat met die kaarte werk,- met meer as een pak werk; ek dink amper hulle werk met twee pakke kaarte.
Professionele dobbelaars werk in sindikate om die geheues bymekaar te gooi om te help onthou wat is alreeds uitgegooi en watter kaarte is nog in die vakkie.
Dobbelhuise is nie lief vir hierdie sindikate nie en daar is selfs enkel mense wat man alleen presies kan onthou watter kaarte is nog verborge.
Selfs hierdie mense mag deur dobbelhuise verbied word om te kom speel.

Ek is ’n Roulette speler maar hou stip by my eie reëls en regulasies.
Vir die beginner en onkundige het ek raad.
Jy mag nie wengeld weer speel nie. Wat jy gewen het, gaan huis toe en moet eers deur die sisteem van bank, spaarvarkie of wat ook al gaan.
Gaan speel alleenlik wanneer jy absoluut ontspanne, stresloos en uitdagend (gelukkig) voel.
Met geldnood moet jy wegbly en om met broodgeld te speel , is sonde.
Dobbel is ’n ernstige saak wat dubbel konsentrasie en aandag verg.
Vergeet: “ Haai Maters, kom ons gaan dobbel gou!”
Dit is verbeelding plesier. In jou slaap sal jy spyt wees oor die paar rand wat jy verloor het.
Besluit vooraf hoeveel geld jy gaan speel en dit is dit. Gaan huistoe en aanvaar die uitslag van die kuier.

Na baie jare van dobbel, leer ken die dobbelhuis sy ‘kliënte’ en in leeg tye, stuur die plek uitnodigings uit : “ Kom kuier gerus vir só en só lank gratis.”
Dan is inwoon en twee etes per dag, gratis en hoop die plek jy kom gooi geld weg in die dobbelhuis!
Ek neem die aanbod aan indien my gees en denke my vertel: “Spring daarvoor.” Ek het rede. Wanneer ek inbly, kan ek kort-kort dobbelsaal toe gaan en gaan kyk of ’n tafel ‘praat’. Indien geen tafel ‘praat’ nie, gaan onstspan ek in my kamer.

My reëls is eenvoudig:
Besluit met hoeveel geld gaan ek in.
Ek is nie tydgebonde nie, horlosie bestaan nie meer nie.
Ek gaan sit alleen by die tafel. Niemand word saamgenooi nie.
My plek is in die middel met die wiel aan my regterkant.
Pen en die kaartjie wat verskaf word byderhand. Die masjiene het wel deesdae so ’n paaltjie wat die laaste paar nommers aandui. Dit is nie genoeg nie. Ek wil alle nommers waarin die balletjie geval het, boekstaaf.
Ek het gunsteling nommers. Die tafel praat as die balletjie binne ’n paar gooie een van my gunsteling nommers tref.

Indien jy onkundig en nog ’n beginner is, begin dan met die goedkoopste tafel – gewoonlik R2.00
Sit, ontspan, terwyl jy skyfies voor jou het, mag jy sit en hoef jy gladnie te speel nie.
Skryf die resultaat van elke gooi neer. Indien die spinner weggeroep word, trek ’n lyn en begin oor.
Op die kaartjie is die prentjie van die tafel. Die tafel is in drie blokkies van 12 nommers verdeel. Dan het jy nog kant keuses ook.
Die beginsel wat ek handhaaf, het ook betrekking op kant keuses, alhoewel ek nie lief is vir kant keuses nie; die uitbetaling is te min.
My persoonlike gunsteling nommers is 0,1,17,26 en 36. Indien die balletjie maklik in een van hulle val, dan ‘praat’ die tafel en ek speel daar en ek speel die 5 nommers altyd.
Nou wag ek geduldig dat die spinner die balletjie een of ander tyd in dieselfde nommer laat val. Speel daardie nommer asook al vier die aangrensende maats. Verdubbel jou weddeskap met elke wen.
Die balletjie hop maklik uit maar val in die aangrensende vakkie.
Ek raai nooit waar die balletjie gaan val nie. Dit is visvang. Die spinner wys baie gou sy swakheid. Indien die spinner rond en bont gooi, sit terug, die aand behoort aan jou en wag vir die volgende spinner. Ek kan heelaand wag tot die regte spinner inkom.

Die spinner kan herhaaldelik in een van die drie blokke rondspeel; 1ste 12, 2de 12 of 3de 12. Let ook op na kleur ritme:
Dit geld vir al die kant keuses. Uitbetaling is relatief min maar kanse is baie groter: een uit twee en een uit drie teenoor die nommers se een uit 36.

Nou, die ongelooflike. Breinkrag. Met konsentrasie kan die spinner gedwing word om jou gekose nommer te gooi. Wees kalm en behou jou konsentrasie. Daar sal wel ’n spinner kom wat jou golwe opvang.
’n Swart manlike spinner is vir my ’n maklike prooi, dan weer ’n wit manlike spinner. Swart vroulike spinners vermy ek. Hulle is die tokkelossie. Wit vroulike spinners, is nie maklik peilbaar nie, maar is wel ‘n uitdaging.

Pasop.
Die kruis arm buurman ( indien dit ’n Indiër vrou is, beslis) se vingers steel jou skyfies voor jou. (Die R100, R500 – waarde skyfies). Bêre dit in ’n veilige sak.
Omstanders kan skyfies uit jou sak steel

Dobbel is ’n wedstryd met die toeval waar die beginsel van “mind over matter” wel ’n rol kan speel.
Binne gou, indien jy ’n bedrewe speler is, skryf hulle jou naam op. Versteekte kameras neem jou af en hierdie besonderhede word tussen dobbelhuise gesirkuleer.

Ek het gaan kuier by ‘n nuwe plek en die tweede aand kom die sirkel tafels se opsigter na my met haar papier:
“Mr van Tonder?”
“Jip”
Welcome here and enjoy a pleasant stay.
Jou naam loop jou vooruit.
Terselfdertyd beskerm hulle jou ook. Ek was nog nuut in die game en sy skuif styf teen my aan langs die tafel.
Die verkreukelde, kromneus ou Indiër heks met haar kruis arms. Die kelner bring my bier en gooi vir my haar oë na die Heks se kant toe.
Ek loer af en sien; haar lang maer vingertjie, sluip op die tafel, onderdeur my arm en voel-voel na die stapel R100 swart skyfies hier voor my. Ek maak my regter middelvinger kneukel in daardie karate gebuigde, ooguithaal buig en slaan vinnig en ongesiens haar voel-voel vingertjie dat sy in die lug spring en skree van pyn.
Slegs die kameras het my gesien en sneeu kon in my mond nie smelt nie. Net die speling in die personeel se oë het verklap dat hulle weet.

Dan het ek ook al pret gehad.
Ek het nie die ‘vibes’ om te speel nie en staan maar net rond by die tafels. Ek sien die tafel praat. Ek sien die mannetjie maak droog maar hy het dem baie geld se skyfies op die tafel.
Dit, dit is adrenalin. Ek vat aan sy arm en hy kyk vir my:
“May I?”
“Sure, sure carry on!”
Die slang in my maak gereed en ek wag. Hy gaan voort en dek die tafel met sy skyfies. Ek stop hom en hy briek en watch my. Ek plaas die maksimum toelaatbare weddenskap op my gekose nommer.
Die balletjie val en die man beskyt hom amper. Ek wag en wag en plaas; nommer plus al vier bure maak ek vol. Die balletjie val en mannetjie houvas sy kop en loop in die rondte.
Ek weet die enkel wen is R53500.00. Ek gooi my hand in die groet en almal storm en vra my om te help. Hulle dink ek is die gestuurde Engel.
Die mannetjie gooi skyfies in my sak en ek gee dit vir Anita en by die kassiere ontvang sy haar R2000.

Dit was roekeloos maar ek vermoed die arme man het uit radelose nood kom kyk of hy nie uit sy moeilikheid kan kom nie. Ek dink ek het hom gehelp want sy gesig het die storie vertel.
Die hartseer stories is legio. Die hoop om terug te wen laat hom by die uitgang staan met net hemp, skoene en broek aan. Sy kar, sy kaarte tot op lemiet, alles is daar binne verloor.
Vra maar vir die karwag: “Wie koop karre?”
Hy sal jou wys na die persoon wat rustig in sy kar sit en wag. Hy sal beslis vandag ’n winskoop optel want die eerste het al klaar die spaarwiel gebring.

Willie F van Tonder
2012/08/10




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dobbel
Dit moes onder Projek Wen geplaas gewees het. Jy het goed geskryf Wolf!
Almal wat lees en lus kry om te dobbel, lees weer. En weer... en weer! Ook van die knaap wat amper-kaal uitstap. Nog lus?
7 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 7 ure oud


DOBBEL EN WEN - moontlik
Willie, ek dink jy moet maar nie die lesers te veel aanmoedig nie. Ons is nie almal so slim/streetwise nie...

Interessantheidshalwe is dit die [rowwe] weeklikse prentjie van wat in Casinos in Gauteng verwed word en gewen word:

Masjiene: verwed +- R2 000 000 000 Casinos se wins +- 5%
Tafels: verwed +- R150 000 000 Casinos se wins +- 22%
Wat die Casinos wen word kollektief deur die spelers verloor.

Jackpots is in die orde van R2 000 000 per week.

Lekker aand verder. Groete Vic
7 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud



DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar