Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

DONERDAG OGGEND, SESDE SNOOZE, HALF LAAT, SKUINS BEFOETERD, PLUK DIE KOMBERSE REG, HARE IN `N STERT, BLUSH, LIPPIES, MASCARA EN `N SPUIT PARFUUM. REG VIR MY DATE MET WACKHEAD, `N UUR IN VERKEER. TIEN MINUTE LAAT VIR WERK. ALS TOT DUSVER NORM IN DIE BLITSBAAN LEWE WAARVAN EK DEEL GEWORD HET.

GEEL EN SWART LINT VOOR ONS GEBOU?? .... ONMOONTLIK

MOONTLIK.

DIE LINTE BAKEN VIERKANTIG AF WAAR `N JONG BLONDE DOGTERTJIE SE KAAL LYFIE VANOGGEND HALF SES GEVIND IS. BESMEER MET BLOED EN HALF VERMINK HET LOUIS, ONS LOGISTIEKE BESTUUDER HAAR GEKRY, SY HAAL SWAAR ASEM, SOOS `N OU MAN VROT VAN EMFISEEM. DIE WOORDE SNY DEUR MY. DIE BLOED IN MY ARE STOL.

YSKOUD.

EK WIL HUIL SOOS DIE WOORDE WAT UIT SY MOND ROL IN `N PRENTJIE VERANDER. MY KLEINSUS IS `N JONG BLONDE DOGTERTJIE.
EK SIDDER.
VEG OM TE KEER DAT MY GEDAGTES DIE ONBEKENDE GESIGGIE MET MY SUSSIE SN VERVANG,
EKS NAAR.
DIS IEMAND SE KIND, IEMAND SE SUSSIE. VRAE VERDRINK MY GEDAGTES. LEEF SY? WIL SY LEEF? HOE LANK HET SY DAAR GELE? WAT HET DEUR HAAR GEDAGTES GEGAAN? HAAR OUERS....WEET HULLE AL?

SKIETGEBED : “AG LIEWE HEER GEE HUL TOG KRAG, EN ASB VIND `N MANIER OM HUL IN TE LIG AS HUL NOG NIE WEET NIE”

DIE POLISIE NEEM 40 MINUTE OM OP TE DAAG. “EK KAN DIT NIE GLO NIE!” WIL EK OP DIE PUNT VAN MY STEM GIL VIR ALMAL WAT WIL HOOR! DIE POLISIE KANTOOR IS NIE EERS TWEE BLOKKE WEG NIE? WOEDE, SIMPATIE EN SKOK STAMP EN STOOT OM EESTE BY MY MOND UIT TE KOM. EERBARE DIENSWERKER? NOEM JOUSELF EERDER `N LAFAARD IN `N BLOUPAK AS JY VEERTIG MINUTE NODIG HET OM BY `N KAAL VERMINKTE KIND TWEE BLOKKE WEG UIT TE KOM.

VERSTAAN MY NIE VERKEERD NIE HIERDIE BITTER TONG WAT LINKS EN REGS SWEEP KLAP LE IN DIE MOND VAN `N OPTIMIS. MAAR WAAR VIND MENS SUURSTOF OM OPTIMISTIES TE BLY AS VLAMME VAN VERKRAGTING, KAPINGS, MOORD, ROOF, EN TIENDUISEND ANDER DAAGLIKSE GRU-MISDADE JOU VERSMOOR.

MY BLITSBAAN STAAN STIL VANDAG, WAT GAN VAN ONS WORD?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek sidder. Ongelooflik. Ek sou dit ook als in hoofletters plaas want ek sou dit ook op my hartste wou gil! Wat word van die mense om ons, is ons ook besig om so te word..Ag hemel help ons
12 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 23 ure oud



BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar