Titel: Dood, vrek, geraamte...
Weergawe: 1
Aantal woorde: 597
Kere gelees: 112
Datum gepubliseer: 14 Oct 2009
Ek en 'n kollega gesels so oor die plae van Egipte en die bloed ens. Om 'n lang storie kort te maak, gaan lees ek weer na. En terwyl ek so lees kom ek agter, jinne. Iets is nie lekker hier nie. Die arme vee is drie keer oor en oor doodgemaak.
Kom ek verduidelik.
(Ek haal hier aan van http://www.bybel.co.za/home/ 1953 vertaling, net om die stoeres so na as moontlik aan die "ware" vertaling te vat. Maar spring gerus tussen die 1983 en 1953 vertaling rond. Ek dink die werk in altwee. Oftewel, hulle het nie die fout reggemaak in die nuwe vertaling nie)
In Eksodus 9:3 lees ons van wat God teen die Egiptenare gaan doen.
“...kyk, dan sal die hand van die HERE wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met 'n baie swaar pes.”
So vergeet van vark griep of voël griep. Die is sommer lekker wilde alles-in-een diere griep.
So volgens die storie gaan al die diere nou bokveld toe. En nie 'n baie ruk later nie...
Eksodus 9:6 “En die HERE het dit die volgende dag gedoen: AL die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel is nie een dood nie.”
So al die Egiptenare se vee is dood. Behalwe die Isrealiete s'n. Want anders sou Charlton Heston nie 'n goeie film soos “The Ten Commandments” kon maak nie want die goeie ouens se perde mag nooit doodgaan nie. (kyk maar na elke wit en swart Cowboy movie)
Maar God wil nog steeds nie die Israeliete laat gaan nie. (God het Farao se hart hard gemaak, so al wou Faroe kon of mag hy nie die Israeliete laat gaan het nie. Hy was 'n proto-gemanipuleerde Judas gewees, arme ou.) So nog 'n plaag pyl af op die paniekerige populasie.
Eksodus 9:18 “Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd 'n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie.“
Ok, daar is gewaarsku, so wat gemaak om dit vry te spring? God gee toe volgens die mite 'n wenk of twee vir Farao.
Eksodus 9:19 “Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die mense en die diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie -- op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe.”
Uhmmm... Het God nie al klaar... Huh? Ek is nou so bietjie confused. Ek dog al die vee van die Egiptenare is alreeds doodgemaak in vers 6?
Maar dit bly nie daar nie. Om net seker seker te maak dat hulle almal werklik dood is en nie sommer lê soos 'n universiteit student 11 uur op 'n Maandagoggend nie, gaan die storie verder.
Eksodus 11:5 “...dan sal al die eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee.”
Arme dooie vee. Nou gaan die dooie eersgeborenes van die dooie vee weer doodgemaak word.
Ek dog teen die tyd sal iemand die ooglopende foute al verander het wat blatant verkeerd geskryf was toe die stories uitgedink was? Want jy kan nie 'n ding dood, vrek, geraamte maak nie.
Nee, dit maak jou Mnr Van der Walt se Afrikaanse toets dop in Standerd 2 toe ek dit geprobeer het.
Lekker aand daar,
Aap.
Lees ander artikels deur Aap sonner hart
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


deur Christo Nel
Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!
Eerste is dat die ou tesament altyd tydsbehep was: alles het gebeur tussen sewe tot veertig dae (en die nagte daarmee saam). En jy was gewoonlik 'n snuiter voor jy so seshonderd ses en sesentag jaar oud was. Dog kry mens die gevoel dat hierdie plae nie tyd toegelaat het vir genesis tipe herskapings, of selfs "immaculate conception" tipe kudde telery met koeie wat nie bestaan het nie of die invoer van argentynse pragdiere nie.
Mens kry die gevoel dat die Jode se prokereer 'n aanmaningsbrief geskryf het en na die verloop van sewe dae was die plek vrot vannie sprinkane ens ens - 'n gevoel van onmiddelikheid wat dit die skrywers of vertalers se plig was om op te helder. (Of dalk was helfte van die koeie se van net Levine, wie weet)
Maar die ding wat my meeste pla is hoe God hom hier laat aanwend soos die spreekwoordelike stomp voorwerp...
Ongeag enigiets anders het dit, en soortgeluke voorbeelde, aanleiding gegee tot die gebruik dat ons alle verantwoordelikheid op Sy skouers pak...
So wikkel die boere elke keer kerk toe as die reen nie kom nie - die implikasie synde dat God die reen doelbewus weerhou eerder as wat die natuur maar net sy gang dan gaan
Dit wil vir lyk of die baie van die pagane... wat "asseblief vra" feeste in mei gehou het en "dankie se" feeste in oktober, ongeag of die oes goed was, die ding dalk biekie beter verstaan het
Maar ek se maar net