Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Janice Linden is op 12 Des 2011 in China tereggestel na skuldig bevinding aan dwelmhandel in 2009. Sy het alle moontlike regs remedies uitgeput en die Supreme Court of Appeal het in Maart finaal die doodstraf bekragtig. Sy was in 2008 op Baiyun Lughawe in besit van 3.5 kg tik betrap.

Die Suid Afrikaanse media het haar teregstelling as hartseer, onnodig, traumaties en oordadig beskryf. Skielik was Janice 'n tragiese gevalle engel. Snert.

Daar sit tans 985 Suid Afrikaners in buitelandse tronke waarvan 660 aan dwelmhandel skuldig bevind is. Twee-en-dertig van die 660 staar die doodstraf in die gesig.

Dwelms in hierdie land is besig om die samelewing-tapyt uit te rafel. Dit vernietig die gebruiker, sy ouers, sy familie en sy gemeenskap. Dwelmhandelaars is moordenaars vir finansiele gewin. As jy dus by die bedryf betrokke raak, is jou morele blaamwaardigheid ewe groot: of jy nou die sindikaat leier is of die muil.

Persoonlik vind ek regverdiging vir die doodstraf in Internasionale Humanitere Reg. Die kollektiewe reg van die mensdom as spesie op Lewe weeg swaarder dan die moordenaar se reg op Lewe. Skend jy hierdie kollektiewe reg, verbeur jy jou reg op Lewe.

So imho: You Rock my China!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lotter
Sien broer en suster se verweer van "God het so gese' het misluk. Regstegnies 'n goeie uitspraak.
8 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 16 ure oud


Doodstraf
Die Lotter ouers-moord wat tans in die nuus is, is 'n uitstekende argument pro-doodstraf.
8 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 16 ure oud


My China
Amen Len - dis hartseer, ongetwyfeld, dat die mens so moes sterf, maar onvermydelik sou ek sê, soort van " if you live by the sword, you will die by the sword."
8 jaar 10 maande 4 weke 21 ure oud


Hang!
Jy's my China, bro!
8 jaar 11 maande 2 ure oud


Ad Ontluiker
Afskrikking is beslis 'n straf doelstelling, maar op sigself nie mi genoegsaam motivering vir die doodstraf nie: dis net empiries te moeilik om te bewys.
Vergelding sny te na aan wraak /oog vir 'n oog. Ons leef immers nie meer inni middel eeue nie.
Die mensdom as spesie se reg op Lewe gee my 'n opjektiewe motivering, universeel aanvaarbaar.
8 jaar 11 maande 1 week 5 dae 20 ure oud


Afskrik
Beste Len,

Straf van 'n misdaad moet mense so laat skrik dat hulle twee of meer kere moet dink of hulle 'n bepaalde misdaad sal pleeg. Die maak, verspreiding en verkope van dwelms is 'n afkuwelike misdaad wat nie geduld kan word nie. Hoe jammer 'n mens ookal oor 'n verpligte dood as straf is, die ellende wat dwelms veroorsaak, is veel erger.
8 jaar 11 maande 2 weke 15 ure oud


China
Ek stem.
China BO !
8 jaar 11 maande 2 weke 19 ure oud


rex
China ...
Dankie, Len!
8 jaar 11 maande 2 weke 1 dag oud


;
Jou skryfsel maak in ieder geval sin.
8 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud


*
Lees ook my artikel 'Dwelm Hel' Dalk maak ek dan sin.
8 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar