Artikels

Titel: DOOP DAG
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is my nederige oortuiging dat die Kerk in enige samelewing die belangrikste steunpunt is.
Daar is onrusbarend baie aanvalle op geloof, kerk, denominasies en die Christendom in die jongste tyd.
Die troos is darem dat Geloof nog altyd oorwin en floreer het.

Dit is vir my dan ook ʼn effe knelpunt dat aanbidding in ʼn sekere sin, en in sommige gevalle stagneer en ‘outyds ‘, ‘styf’ en ‘formeel’ bly.
Só asof dit tradisie is en alsó moet bly.
Met so ʼn ‘vassteek’, het ek ʼn probleem soos duidelik blyk in my skrywe:
‘Die Kerkdiens’.

Vir die Doop plegtigheid van die jongste toevoeging tot die familie, die jongste dogter se eersteling, is ek weereens mooi toegedraai en na die kerk geneem.
Dit klink asof ek effe ongeduldig of self ongelukkig is met hierdie formaliteit.
Dit is dalk só.
Ek dink ek het goeie rede. Die hoofrede is net dat dit vir my frustrerend is om vir ʼn uur te sit en ʼn onintelligente alleenspraak van ʼn ‘besielde’ Predikant te moet aanhoor.
Uit die genoemde skrywe is dit ook baie duidelik dat ek nie alleen is in my frustrasie nie. Meeste van daardie kerkgangers gaan kerk toe omdat sy geloof hom daartoe dwing.

Wel, ek het gegaan met ʼn oop gemoed en al die skille van my oë verwyder.
NG Rooihuiskraal, Centurion.
My dogter het vooraf die boekie in my hand gestop. Die pragtige uitgawe wat die geskiedenis van die kerk en gemeente duidelik in beeld en woord weergee.
Soos met meeste gevalle, was die begin ʼn massiewe stryd wat alleenlik geslaag het omdat ontsettend baie Krag en Seën van die Here gekom het wat ywer, harde fisieke en geestelike werk geolie het.

Ek staan voor die mensgemaakte, maar deur God geïnspireerde Kerk konstruksie en kyk in verwondering na die wonder daarvan.
Dit val my op dat die mense in hulle getalle aanstroom en dat hulle baie meer informeel, maar tog waardig, gekleed is, as ek met my uitgesoekte klere.
Ek kan nie help nie, maar skud die gedagte dadelik van my skouers af, negatiewe gedagtes oor waarvoor ek in is vir die volgende uur of wat.
Wat my egter positief stem is die tyd.

Om die enigste bymekaarwees dag middel twee te breek deur ʼn laat kerkdiens, is nie aangenaam nie.
Hier is dit egter totaal anders.
08H00. Dit is die tyd, dan moet jy sit, dan begin dinge gebeur.
Daarmee kan ek saamleef en ek is met oop gemoed na die formaliteit.

Hierdie keer wil ek nie weer agter sit nie. Ek wil nie weer die toehoorders se gedrag bekyk terwyl die Predikant sy boodskap lewer nie.
Ek beveel aan ons beweeg na heel voor. Die ry gestoeltes reg voor – en dit het my opgeval; Nie ʼn Kansel soos waaraan ek gewoond is nie, nee, ʼn massiewe verhoog met nogal musiek instrumente en ʼn kitaarspeler wat reg staan.
Ek is beïndruk en die woorde van die liedere verskyn op die groot skerm en die hulp sangers doen hulle ding.
Hy kom op die verhoog. Ek het sy naam in die boekie gesien. Dominee Emil Haarhoff.
Ek ken mense. Ek kan enige mens lees. Ek lees hom, sy gesig, sy lyftaal ; Wakker, fiks, gemaklik, informeel, maar ... duidelik in beheer.
Hy open met die teks uit Johannes.
Tema: Die Liefde.
Die man laat nie gras groei nie. Al die kinders moet die verhoog bestyg en kom sit.
Reg vóór hom, aan sy voete.

Met my laaste besoek aan ʼn kerk, die voorstelling en aanneming van ʼn kleindogter, was dit my grootste probleem: Waar is die kinders?
Daar was net nie jong mense en of kinders in daardie kerk nie.
Hier sit ek verstom en moes myself inhou om nie hande te klap nie.
Hulle sal daardie verhoog moet vergroot. Die gemeente het nie baie om te doen nie. Hulle het nie tyd om iets anders te doen nie.
Hulle kry net kleintjies! Dit wemel!
Dominee Emil deel met die kinders. Die kinders deel met hom. Die kinders kom graag kerk toe.
Hy laat die kinders terug gaan en wend hom tot die gemeente. Op ʼn kol raak hy my:
“Sit jou hand op die skouer van die persoon vóór jou. Vat aan die persoon”
Ek voel die hand van agter op my skouer. Ek voel iets, ʼn krag, iets.
Emil se woorde:
“Reik uit, deel, dalk, net dalk het die persoon jou liefde en deel nodig.”

My Kleinseun, standerd sewe, sit langs my:
“Oupa, dit is ʼn goeie kerk hierdie.”

Groter en beter getuienis, kan ek nie lewer nie.
Dalk, net dalk het hy ook iets vanaf die hand op sy skouer gevoel.

Dominee Emil: Dankie. Ek weet nou, ek verstaan nou, hoekom moes dit gebeur dat my kind Rooihuiskraal toe getrek het.

Willie F van Tonder
05/03/2012




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

DOOP
Wolfie, jy het nie eers naastenby 'n idee hoe bly ek is nie! Dat dit 'n goeie ondervinding vir jou was!!!! Dalk is dit die begin van 'n mooi nuwe ding!!
7 jaar 9 maande 2 weke 1 uur oud



Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar