Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het ’n paar weke gelede die eerste keer gehoor van die E(lektroniese)-sigaret. Vir iemand wat ’n matige roker is wat nie eers in my eie huis rook nie, het ek my aanvanklik nie veel daaraan gesteur nie. Voeg daarby my siniese natuur en siedaar – foefie flits in my kop! Dit is nou totdat ’n kollega my een van die goed gewys het en vertel het dat hy, ’n strawwe roker, al sewe weke lank rookvry is. Ek doen toe so bietjie ondersoek op die Internet en besluit: die ding het moontlikhede op vele vlakke, die belangrikste daarvan is sonder twyfel gesondheid.

Ek is die eerste persoon wat sal erken dat rook ongesond is, maak nou nie saak hoe ons dit wil inkleur nie. Sigaret rook bevat tussen eenduisend vierhonderd en vierduisend chemikalieë afhangende van wie jy glo (die tabak vervaardigers sal natuurlik vertel dat dit nul is). En dan natuurlik is daar die teer – gesamentlik ’n goeie resep vir kanker.

Dat nikotien een van die mees verslawende middels is, is ook ’n feit. Dat dit natuurlik in verskeie plante en groente voorkom, byvoorbeeld tamaties, aartappels en eiervrug, is nie ’n bekende feit nie, maar steeds ’n feit. Jy sal net baie tamaties moet eet om dieselfde effek te kry as deur ’n sigaret te rook – jou prostaat sal dankbaar wees as jy ’n man is, maar jou maag nie.

So hoe werk die e-sigaret dan?

Dit bestaan uit ’n battery, ’n verdamper (‘atomisor’) en ’n mondstuk met ’n houer vir vloeistof. As jy aan die sigaret suig, verhit die battery ’n elektrode in die verdamper en dit verander die vloeistof in waterdamp, wat jy dan inasem en uitblaas, soos rook (of soos op ’n koue dag in die buitelug.

Die geheim lê daarin dat die vloeistof nikotien bevat wat ook in damp omgesit word. Die roker (damper?) kry steed nikotien in en het dus nie onttrekkingsimptome nie, maar kry geen van die gifstowwe in wat normaalweg met rook geassosieer word nie. Ook het die roker die tasbare genot van die handeling wat die wegbreek van gewone sigarette makliker maak.

Mens kan oor tyd die nikotien vlakke van die vloeistof verlaag totdat jy net waterdamp inasem en dus van die verslawing ook ontslae raak – belangrik vir iemand wat van die rook-ritueel hou, maar gesonder wil lewe.

Die ander positiewe aspekte van die e-sigaret is dat dit goedkoper is as gewone sigarette, mens kan in die publiek (en by die werk en op vliegtuie) ‘rook’ en daar is nie enige negatiewe konnotasies wat met sekondêre rook gepaard gaan nie.

Wat sê die regering en die anti-rook fanatici?

Die Departement van Gesondheid spreek hulle kommer uit omdat die ophou-rook effek daarvan nie bewys is nie – weereens ’n openbaring van hulle gebrek and kennis en insig – die e-sigarette word nêrens as ’n ophou-rook middel voorgehou nie.

Die Nasionale Raad teen Rook, se Peter Ucko het in ’n radioberig op RSG laas week gesê dat hy niks daarvan hou nie – volgens hom genees dit nie die verslawing aan nikotien nie. Heeltemal reg – maar nikotien is nie die ding wat mense siek maak nie. En dit net nadat hy vertel het dat vier en veertig duisend Suid Afrikaners jaarliks sterf aan rookverwante siektes. En dan lieg hy sommer openlik deur te sê dat nikotien net in tabak voorkom (sien eerste paragraaf) en vergeet hy om te sê dat nikotien wel onder sekere omstandighede in spesifieke situasies genesende eienskappe het.

Die Stellenbosch se Ophou Rook (Smoke Cessation) Kliniek se een woordvoerder voeg darem by dat die elektroniese weergawe potensiaal inhou en dat hy dink dat dit oulik is. Darem sien hy die moontlikheid dat enige stap in die regte rigting, ’n stap is in die regte rigting.

Werk dit? Ten spyte van my skeptisisme, het ek ’n tien dae laas ’n gewone sigaret gerook – ek damp nou net aan my e-zol en het geen (rook)drange of onttrekkingsimptome nie. Ek het nog nie my vrou, kinders of diere mishandel nie, nie op kollegas gevloek nie (al het ek middelvinger vir ’n taxi bestuurder gewys). Maar die belangrikste: ek voel (en ruik beter) en my vrou is gek daaroor – genoeg rede om dit as alternatief te ondersoek!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek dink die e-sigaret het definitief voordele. Veral by die werk of funksies. Ons het so 'n week of twee gelede een gekoop. Dit demp van die rooklus, maar as jy 'n strawwe roker is maak dit jou partykeer ekstra lus vir 'n regte egte sigaret. Ek dink egter as jy 'n "sosiale" roker is of jouself geleidelik wil speen is dit 'n baie oulike uitvindsel en definitief gesonder en meer omgewingsvriendelik.
10 jaar 3 weke 2 dae 1 uur oud


e-sigaret
indrukwekkend
10 jaar 1 maand 3 dae 11 ure oud


Ek het een bestel R750.00 plus!
10 jaar 1 maand 3 dae 15 ure oud


Dankie vir die een. Jy noem niks van die finansiële skade nie - wat kos dit?
Elkeen het 'n vrye keuse, maar dalk kan my vriendin ene vir haar man as geskenk ,en as waardering van haar liefde vir hom, gee.smile.
10 jaar 1 maand 3 dae 16 ure oud


Ek het 'n ruk terug 'n regs-opinie geskryf vir 'n e-sig mpy en moes bepaal of die sigaret bots met enige bestaande wetgewing. Dit word met opset bemark as 'n gesonder alternatief vir tabak sigarette en NIE 'n ophou-rook-hulpmiddel nie, want dan kwalifiseer dit as medikasie en dit open die deur vir 'n magdom wetlike vereistes en beperkings.
10 jaar 1 maand 3 dae 18 ure oud


Baie interessant!!
10 jaar 1 maand 3 dae 18 ure oud



Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar