Artikels

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Een van die gemeentes onder die vroeg-Christelike gemeentes tussen die jare 32 n.C. en 70 n.C. wat die meeste probleme gehad het, was die gemeente in Korinte.

Luister maar net na hierdie lysie van dinge waarmee hulle geworstel het:

· Daar was verdeeldheid onder die lidmate

· Groepe gelowiges het die heeltyd onderlinge gevegte gehad as gevolg die feit dat hulle mekaar jaloers niks gegun het nie

· Daar was 'n gemeente-broer wat met sy skoonma as man en vrou saamgeleef het

· Broers in Christus het mekaar oor alles en nog wat hof toe gesleep

· Sommige broers het by prostitute gaan kuier en 'n immorele lewe geleef

· Armes is tydens die liefdesmaaltye van die gemeente sonder die nodige respek en liefde behandel.

En so kan 'n mens aangaan.

Wat was Paulus se Gees-geïnspireerde oplossing vir al hierdie dinge? Moes hulle net “harder probeer” om beter Christene te word? Of was daar iets anders wat hulle moes doen, of met hulle gedoen word, wat die probleme sou kon oplos?

God se Geesgeïnspireerde oplossing het egter net op een ding neergekom: hierdie mense moes weer ontdek wie hulle in Christus Jesus was. Ja, dat hulle deel was van 'n nuwe mense-spesie in Christus Jesus.

Luister hoe sê Paulus, onder die inspirasie van God se Gees, dit in 1 Kor.1:2 tot 7a: “Aan die gemeente van God in Korinte, wat Hy vir Hom in Christus Jesus afgesonder en geroep het om aan Hom te behoort, en verder aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat die Naam aanroep van Jesus Christus, hulle Here en ons Here.

Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

Ek dank my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het, want in Hom het God julle in alles ryklik geseën, veral in die gawes van woord en kennis. Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig dat dit julle nie aan 'n enkele genadegawe ontbreek nie.”

Dit is hoe Paulus hierdie brief aan hierdie gelowiges begin. Hy begin deur vir hulle te sê hoe hulle uit die hemel lyk; hoe God hulle “in Christus Jesus” sien.

Hulle is “heiliges in Christus”.

Hulle moes dus weer ontdek wat hulle posisie in Christus Jesus is. Hulle was immers onlosmaaklik deel van Christus Jesus. As die Vader na hulle kyk, sien Hy Jesus.

Daarom, as daar dan verdeeldheid onder hulle was, was dit omdat hulle nie mooi verstaan wie hulle “in Christus” was nie.

Verdeeldheid onder mekaar as Christene is soos om van jou eie liggaam se ledemate een vir een, stukkie vir stukkie, te probeer afsny!

Om hulle te help om hierdie ding regtig te verstaan, gaan Paulus verder en gebruik hy 'n ander metafoor om dit te verduidelik. Luister hoe sê hy dit:

“Ons is medewerkers in diens van God, en julle is die saailand van God. Julle is ook die gebou van God… Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.” (1 Kor. 3:9,16-17)

“Weet julle nie dat julle liggaam deel is van Christus nie? Sal ek nou 'n deel van Christus neem en dit 'n deel van 'n ontugtige vrou maak? Beslis nie!

Of weet julle nie dat iemand wat met ? ontugtige vrou omgang het, liggaamlik een met haar is nie? God sê immers: ‘Die twee sal een word.’

Maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom.” (1 Kor. 6:15-17)

As Christene is ons dus nie net dissipels of volgelinge van Jesus Christus nie. Ons is nie net Christengelowiges nie. Ons is letterlik dele of ledemate van Christus se Liggaam op aarde. Regtig. En Hy is die Kop of Hoof van hierdie Liggaam. Regtig.

Ons moet begryp dat Paulus nie hier een of ander Christelike dogma aan ons probeer oordra nie. Dit wat hy hier vir ons onder die inspirasie van God se Gees uitspel, is werklik so.

Daarom kan hy in 1 Kor. 8:12 die volgende sê: “Deur so teen die broers te sondig en 'n las op hulle swak gewetens te lê, sondig julle teen Christus.”

Omdat ons “in Christus” deel geword het van God se nuwe gesin op aarde, is ons familie en broers en susters van mekaar. Daarom noem Paulus Christengelowiges nie minder as 38 keer “broers” nie!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Een met Christus.
Baie netjies, kort en sterk hierdie Bybelgedeelte 'oopgemaak'. Dankie hiervoor, want dit laat my weer vanaand in eerbied introspeksie doen!
Groete in Jesus Christus ons Here wat jou op 'n besonderse wyse ook hier op Woes bekragtig.
8 jaar 10 maande 20 ure oud



Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar