Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Goeiemôre meneer. Wat ’n goeie feestyd was dit nie. Ek het nie veel gedoen nie. Was alleen by my huisie , maar weet jy meneer die mense rondom my het gekuier en gebaljaar, in alles wat ’n mens uiterlik en tydelik gelukkig maak. Stemme van vrolikheid was oral gehoor. So, ek het maar indirek by die bure gekuier, hulle weet dit nie. Die stemme het my laat voel, ek is nie alleen nie.

Weet jy meneer, in my huislose dae was ek partymaal so eensaam. Daar het ek al geleer om by mense te kuier sonder dat hul dit weet. Nie astrale projeksie nie, nee meneer, net om na mense te kyk en te luister na die klank van hul stemme. Nie geluister na hul gesprekke nie. Hierdie feestyd het ek dit weer gedoen. In daardie dae het ek ervaar Jesus sê vir my “ jy is nie alleen nie. Ek en al my engele is by jou, so daar is eintlik nie ruimte vir ander nie.” Die eensaamheid was toe draaglik. So nou vind ek weer vreugde net deur die klank van stemme, nie afhanklik van fisiese kuiermense nie.

Soos wat ek nou voort beweeg in ’n “normale lewe” vind ek dat mense ’n mens op verskeie fasette van menswees oordeel. ’n Paar weke gelede het ek die oordele tussen gelowige christen mense beleef en gesien. Ek het gedink dit is net in christen groepe, nou ervaar ek dit oral, van winkel personeel na kliënt, vriend na vriend.

Meneer, as ek terug dink, was dit ook sekerlik so tussen die huisloses. Ja, tog wel. ek was so besig met Jesus en om van Hom te leer, dat ek nie na die faset in die lewe gekyk of beleef het nie.

Die enigste plek waarheen ek kan gaan is na die Bybel. Daar lees ek ook van oordele tussen mense. Die tyd toe Dawid die ark van die Here gaan haal het en voor die ark gedans het, het Migal, Saul se dogter, Dawid se vrou, afgekyk vanuit haar bo vertrek en Dawid in haar hart geminag. Die verlore seun, toe hy terug keer na sy pa, toe is die broer baie kwaad en oordeel sy broer. Meneer ek kan so baie leer by die verlore seun. Hy was ”verlore” so ook ek. Hy het terug gekeer na sy vader, ek het terug gekeer na my Vader. Oordeel, oordeel, oordele word oral uit gespreek.

Ek lees later in my Bybeltjie van talente wat die Heilige Gees aan ons gee. Meneer, toe begin ek ’n bietjie dink. Hoekom al hierdie oordele. Een dink hy is slimmer / meer intelligent as die ander. Stel homself bo ander aan, want hy “voel” meer wyser as sy mede kollega. Toe dink ek so, meneer, jy moet my reg help as ek die dinge verkeerd bedink. Ek verstaan die Heilige Gees gee aan elkeen talente en gawes volgens Sy wil en keuse. Aan een gee Hy tien talente, aan ’n ander een. Die gawes werk seker op dieselfde manier. Wat maak ’n mens daarmee? Sit jy dit op die rak weg en sê jy kan nie. Of woeker jy daarmee, dit wat jy van die Heilige Gees ontvang het. Meneer, ek voel selfs die outjie wat swaar praat, hy het ook ’n talent ontvang. Kyk na moses, hy het gehakkel, tog is hy die leier van die volk. Die outjie wat swaar praat het ook ’n talent êrens. Is hy gehelp deur die wêreld se slimmes of word hy afgekraak. Ek dink hy word meer afgekraak as opgebou. Want hy het mos nie ’n I.K. nie. Meneer, ek besef net elke persoon het iets wat hy goed kan doen, dit moet net ontdek en ontgin word.

Ek het twee “engel kinders” dop gehou en sien hul kommunikeer driftig met mekaar. Kom toe agter hul praat oor hul dag take wat hul moet doen. Een vertel toe aan my dat hy moet kyk dat die deurslotte reg in mekaar pas en die ander sê hy het vandag geleer hoe om ’n hout tafeltjie te maak. Sien, ek het verby geloop en hul gegroet. Hulle was so opgewonde, dat hul my ook net wou vertel van hul vreugde. Al wat hulle kan doen, is om met die een talent te woeker en dit verskaf aan hul eindelose vreugde. Iemand was bereid om hulle te ontgin. Sou hul vreugde gehad het as die mense vir hul gesê het “julle is dom, julle sal tog in elk geval niks regkry nie”. Meneer dit is vir my so belangrik, om by elke sogenaamde “dom” mens te gaan soek wat sy talent is, hom daarin opleiding te gee en te onderrig, want so ontdek die slimmes ’n juweel in so ’’n dom” persoon. Elke talent is nodig om ’n geheel beeld te vorm van menswees. Elke taak moet afgehandel word, so daar is geen “dommes” nie. Die Here het elkeen geskep volgens die talente wat die Heilige Gees aan ’n persoon wil gee. Meneer, ek het ook op ’n keer gehoor “nee jy sal nooit gebruik kan word vir hierdie spesifieke taak nie”. Maar weet jy meneer, daardie persoon wat weggewys is, het voorwaar ’n hele paar talente ontvang en blink nou uit in daardie spesifieke taak en is bruikbaar vir Jesus. So elke persoon met een of tien talente is bruikbaar vir Jesus en vir die roeping/taak wat hom/haar opgelê is.

Ja, dit is so. Die mense oordeel so vinnig oor slim of dom mense. Christen of werklik christen. ’n Goeie mens of ’n nukkerige mens. Die mense kyk altyd na ander in plaas van die balk uit hul eie oë te haal. Wees nugter en beywer jouself om vas te stel watter talente en gawes het die mense, naby asook vêr van jou, ontvang en geniet dit en help ook so ’n persoon om die maksimum daarmee te doen .

Vader maak my asseblief sensitief vir ander mense se talente en gawes in plaas van fout te vind en te oordeel. Help my asseblief om hulle te help. Dankie Vader



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Een of tien talente?
Mooi verwoord! Ek het ok weer die naweek wakker geskrik en 'n ietsie op my platform gaan deponeer. Kyk bietjie na Planeet Hemel. So dieselfde, maar tog so anders as jou skrywe hier bo. Liefde vir Moses. Melinda
9 jaar 1 maand 3 weke 10 ure oud



Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar