Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sit al maande vir die skerm en kyk ....Ek wil graag iets van myself deel en die sameloop van my oorwegende verveelde lewe met almal deel. Ek het dus besluit om my handel en wandel oor te dra en dan my skryf styl te toets. Dus verwag ek terug voer sodat ek self kan verbeter.

Ek geniet om die artikels te lees van Dana Snyman en is alom verbaas oor sy vermoë om gebeure so waar vas te vat dat jou bruin smag na nog ’n sin. Dit is ook heerlik om te sien hoe mense hul taal besig....of moet ek sommer sê hoe mense praat.

Engels en die ander tale het darem soveel verandering in ons dag tot dag taal gebruik dat mens maklik ’n Afrikaan sprekende met ’n goeie taal gewoonte kan uitken.

Dis nie waaroor ek met jou wil gesels nie. Ek is ’n 32 jarige manlike Suid-Afrikaner wat wonder bo wonder nog dieselfde werk doen as 10 jaar gelede. Ek moet ook bieg dat as die einde van die maand sy draai maak stamp dit my in ’n morbiede diep gat en dan is ek van voor af kwaad vir die nuwe regering se reëls en belastings wat uit my hard verdiende loon getap word. Dit is immers my geld ek voel dat ek glad nie deel het aan dit waarvoor die belasting aangewend moet word nie.

Dit is ’n tiepe dubbele aanslag. Die geld moet help om ons hospitale en polisie, om net twee te noem, aan die gang en paraat te hou..............Maar nou moet ek ’n privaat sekuriteits maatskappy kry om my huis en myself en gesin op te pas en dan nog ’n duursame mediese fonds betaal om my uit die hospitaal te hou waarvoor ek in die eerste plek belasting betaal het.

Voor ek te depressief raak moet ons darem die ligte kant van die saak ook sien. Ons is ’n redelike vry gemeenskap. Wat redelik op ons eie verantwoordelikheid moet voort beur. En daar is darem nog ’n vaal brandende liggie van geregtigheid wat ons howe handhaaf.
Ek as die spietkop jou af trek is die kaans goed dat jy somme n"spotfine" gaan betaal.

Wel, dis al vir vandag. Laat weet asb. wat jy daarvan dink. Ek sal sommer nog gebabbel op die blad plaas en die reaksies toets



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Beste Roux,

Na 22 maande het jy uiteindelik die bul by die horings gepak met 'n artikel. Ek wil nou nie vitterig wees nie, maar meen dit is eerder 'n happie.

Kry vir jou 'n Afrikaanse speltoetser. Dit sal baie help om jou skryfwerk te verbeter.

Jou lot is nie uniek nie. Daar is meer as 'n miljoen ander Afrikaners wat dieselfde as jy ervaar. Ons moet al die bloed voorsien wat die bosluise so lekker dik maak. Wag maar totdat jy eendag op pensioen is - steeds geen genade nie.

Dit is tyd dat ons ons stem duidelik laat hoor oor die ongelooflike vermorsing van belasting geld. Dit mag nie meer geduld word nie.

Mooi loop
10 jaar 3 maande 5 dae 16 ure oud


Hey daar! Net bietjie uitloer vir spelfoute en klein goedjies soos kommas. Dan is jy 90% daar :)
10 jaar 3 maande 2 weke 2 dae 4 ure oud


Babbel voort
Hoe meer mense se wedervaringe en gedagtes mens in kan deel hoe beter vir ons eie groei. Skryf help my om my gedagtegang meer oordraagbaar te maak en ook om my eie opinies bloot te le aan klagtes wat mens net kan help om jouself en die mense om jou beter te leer ken. Jy skop goed af.
10 jaar 3 maande 2 weke 2 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar