Artikels

Titel: Ek het woord vir jou

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So gebeur dit dat die persoon vir my 'n boodskap bring. Van God af. Nee, ek is glo hardnekkig klouend aan die sonde, daarom kan God nie met my kommunikeer nie, daarom hoor Hy nie my gebede nie, daarom beantwoord Hy nie my smekinge nie. Nou nie dat die man weet presies wat my gebede en smekinge behels nie, maar hy kan darem sien dat ek swaarkry, dat geld min is, en so aan...

Die vrou by die kerk vertel vir my egskeiding is sonde. Daarom is daar 'n groot sloot tussen my en God, kan my versoeke nie deurgaan na Hom toe nie. Ja, ek stem volkome saam: Egskeiding is groot sonde. Veral in my geval. Sien, EK het die Eis gaan "file". Ek is dus die sondaar. My man het rondgeloop. So what? Baie (die meeste!!!) mans loop rond, en hulle vrouens het die diepte van geloof en hoop en vertroue waarmee hulle die nietige dwalinge vergewe en voortgaan om hul huwelikke te red. Hulle is mooier, meer beskikbaar, werk harder, doen alles en nog meer om hul dierbare mans gelukkig te hou, want die huwelik moet gered word. Hulle het geen selfbeskikking nie, as manlief wil gaan visvang of gaan drink met sy sports-vriende of gaan braai waar die bure se "busty" vrou en jong dogters ook tussen die cocktails rondhang, dan is dit reg. Vroulief lag en gesels en red die huwelik.

Maar ek het nie kans gesien om die huwelik teen so 'n hoë prys te red nie. Toe het ek geskei. Nou dit is, lyk my DAAROM dat God nie my gebede vir gewone oorlewing wil aanhoor nie.

Vra ek die groot geestelikes hoe moet ek God dan behaag sodat Hy my ook in sy Vaderskring sal toelaat, daar waar die ander vrouens met hul rondloper-mans se 4X4's en JEEP wat-ookals en BMW X ek weet nie meer hoeveel nie, rondry, dan weet die geestelike leiers nie. Hulle reken net ek moet my sondes laat staan, dan sal God my raaksien.

Ek sien die ander mense se sondes natuurlik meer raak as my eie. Nie omdat ek soos die Fariseër van die Nuwe Testament voor in die kerk op my bors wil slaan nie. Omdat ek nou al alles wat ek as moontlike sonde kon identifiseer, gelos het. Selfs die begeerte om 'n man te hê sodat ek as Mevrou ook bietjie status tussen die ander kan kry. Maar lyk my ek het iewers 'n sonde wat baie groter as die ander gemiddelde mense s'n is. Die wat mens maklik raaksien.

Ek wil nie graag 'n ateis word nie, want ek dink nogal ek het God baie lief. Ek het Hom lief omdat die skool en die kerk en die sondagskool my oor baie jare geleer het van God wat Almagtig is, en wat alles kan doen, mens moet net bid en vra. En van Jesus wat al jou sondes wegneem, jy moet dit net aanneem en glo. Ek probeer hard om binne in daardie reëls te lewe en bid gereeld. Ek kerm darem nie net heeltyd as ek bid nie. Ek prys God ook vir baie dinge. Soos dat die son elke dag opkom, dat ons nog Eskom krag in die winter het om heaters aan te sit, dat ek nog elke dag kos het om te eet. Maar vir die vreeslike lae standaard lewe, die vreeslike baie opofferings, die vreeslike minderwaardige situasie, daaroor prys ek Hom nie. Dalk is dit my fout, my sonde?

Ek het Woord vir jou. Niks meer nie. Net woord.



Kommentaar

Ek het woord vir jou
Klou vas liewe mensie al is dit moeilik! Weet jy wat toe Jesus op aarde was, het hy tussen die gebreektes van hart en die armes van gees en die wat seer het beweeg. Dit staan in die Bybel. Dus is Hy by jou nog steeds. Luister ma net jy sal Hom hoor. Ek is ook daardeur en glo my met Hom aan jou sy kom alles weer naderhand reg.

1 jaar 10 maande 1 week 1 dag 15 ure 13 minute oud


die mens
wat vir jou vertel jou egskeiding is n muur tussen jou en jou Skepper, ken blykbaar nie die Skepper van Hemel en Aarde nie, gaan lees maar wat is sonde, dit staan geskrywe in die Nuwe Testament en sonde is definitief nie jou egskeiding voortspruitend uit owerspel nie, pasop vir die god van die wereld wat deur sy dienaars seergemaakte mense belaai met n las wat hulle self nie kan dra nie, sterkte..m
1 jaar 10 maande 1 week 3 dae 11 ure 55 minute oud


ek het woord vir jou
My liewe mens, ek voel jou hartklop hier neffens my. Ek neem aan dis jou verhaal? Ek was ook al daar. Onthou God is nie 'n mens dat Hy sal lieg nie en hy skinder ook nie van jou by ander mense nie...as Hy vir jou iets wil se, se Hy dit self vir jou...hou vas aan jou geloof, want dit hang nie af van wat mense van jou dink nie, jy is wonderlik, sensitief en fynbesnaard..daar is geluk wat wink op die horison. Laat toe dat God se balsem die seer gesond maak. Ek dra jou in my hart...Katryntjie
1 jaar 10 maande 1 week 3 dae 14 ure 7 minute oud



Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar