Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek het al ‘n paar keer gewonder wat mense se denkwyse omtrent kultuur is. Ek meen nou nie swart, wit, pink en pers nie, maar regtig, die manier hoe jy groot geword/gemaak is. En wat dryf mense om weg te breek van hulle “wortels” en te gaan trou met iemand wat eintlik nêrens inpas nie. Dis soos om ‘n klomp verlore legkaart stukke op te tel, dit inmekaar te dwing en te sê dat die deurmekaar kleure die idee van die legkaart is. Maar die lewe is nie so maklike legkaart nie. Jy kan nie iewers ingedruk word nie, jy kan jouself nie in iemand anders se plek inwurm nie.

Kom ons vat ‘n eenvoudige voorbeeld. Jy’t ‘n engelse man en ‘n Afrikaanse vrou. Engelsman is jongste van twee kinders (maar enigste seun) van engelse ouers. Afrikaanse meisie is tweede jongste van 6 kinders, groot gemaak deur Afrikaanse ouers, (alhoewel baie van die familie nog engels is). Nou kom Engelsman en ontmoet Afrikaanse meisie se ouers/familie/gesin. En net daar besluit hy, alhoewel hy afrikaans magtig is, om net engels te praat, en ook net met sy meisie. Nou vra ek jou met trane in my bokkie-bruin oë: hoe kan so ‘n verhouding werk? Dis twee verskillende tale, dis twee verskillende lewenswyses, dis norme en waardes. Redeneer jy met een van die twee is jy gevoelloos en het ‘n attitude probleem. Dit gaan oor meer as net die feit dat hy engels is, ons praat hier van opofferings, hengse opofferings! Gaan die kind engels of afrikaans grootgemaak word? Gaan hy/sy na ‘n engelse skool of Afrikaanse skool? Na watter kerk gaan hy? Nie net een persoon kan opofferings maak nie, dit moet mos van albei kante af kom? Hoe gaan mens te werk in so situasie? Dis mos hoekom jy met jou eie mense trou, waar hierdie tipe blootstelling nie bestaan nie. Ek weet nou nie mooi of ek ooit met ‘n Engelsman sal trou nie, ek is so eg afrikaans soos kan kom. Ek is lief vir my taal, alhoewel ek eintlik Rooinek bloed in my are het.

Die eindresultaat van so situasie kan op meer as een manier neerkom, en dit is wat my pla. Om engelse vriende te hê is regtig in die hak, daar is geen moeilike keuses in ‘n vriendskap nie, maar om daardie persoon ‘n huweliksmaat te maak, moet jy nie blindelings daarin stap nie! Jy moet besef dat die kans dat die engelse persoon alles op gee en jou kultuur aanvaar min tot geen is, en jy kan nie daardie persoon kwalik neem nie, ek sou ook baie aggressief gewees het as iemand dit van my verwag het. Dis realiteit. En ek is seker in baie gevalle het sulke huwelike ‘n sprokies einde, maar kom ons wees realisties en erken aan onsself dat dit gedoem is om te misluk. Ek het ook ‘n baie spesiale vriend wat engels is, en alhoewel ek dol is oor hom weet ek dat ek niks meer as vriendskap het om hom te offer nie. Daarom het ek vir my ‘n ou boerseun gekies saam met wie ek stap, of bereid is om te stap. Ek wens meer mense wil realisties dink voor hulle in die huwelik tree. Dit gaan oor meer as net passie en hartstog! Die lewe is nie ‘n Mills & Boon boek nie, daar is geen “happy ever after” sonder harde werk en deursettingsvermoë nie. Daar is beslis nie net rietskraal poppies en frisgeboude manne nie, nee! Die lewe is nie ‘n roman nie! Die lewe is realiteit. Die huwelik is iets waaraan mens werk en waaroor mens mooi moet dink. Ek haat die uitdrukking “trou is nie perde koop nie”! maar ek is geneig om saam te stem, dat dit werklik nie iets is waarin jy blindelings kan ingaan nie. Dit bly iets heilig en kosbaar. Of jy nou van taal, kultuur, velkleur verskil, is dit steeds iets om oor goed na te dink. Meer as die helfte van die kere is dit die kinders wat die swaarste daaronder lei, nie die skoonouers of familie of vriende of selfs jy nie, maar daardie bloei-tjie wat nie gevra het om hier te wees nie. Is dit die moeite werd? Ek vra myself daardie vraag elke aand. Die antwoord? Ek wag nog steeds…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek weet min mense praat hieroor, en ek weet dat dit dalk weer mense gaan laat dink, ek is bly dat jongmense so oopkop is. Hou so aan en sterkte met jou boerseun, hulle is 'n kultuur op hu eie.
13 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 13 ure oud


jou oulik geskryfte stukkie
Hi daar!

Dankie baie. Wil maar net sê die liefde, soos ek om my sien, laat hom nie voorskryf nie. Goed wat nie werk nie het ingewikkelde redes.

groete

note
13 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar