Titel: Elf nuwe gebooie
Weergawe: 1
Aantal woorde: 358
Kere gelees: 1366
Datum gepubliseer: 18 Aug 2008
Net so bietjie gedagtekos.
Ek het die volgende stuk vry vertaal uit n blad van Richard Dawkins en so bietjie skrywersvryheid toegepas.
My opinie is dat die wereld n beter plek sal word, sou hierdie gebooie uit die suiwer sekulere hoek aan kinders bedien word op skool. Natuurlik is bg dit wat die meeste van ons vir ons kinders leer. Nogtans: indien hierdie "gebooie" by die mensdom ingeprent word, (soos die godsdiens wat in ons kele afgedruk word)dink ek die wereld sal oor twintig jaar n ander plek wees. Of is dit maar net wensdenkery? Natuurlik is daar heelwat wat bygevoeg kan word. Verder hoop ek dat ek niemand aanstoot gee met my vertaalpoging nie.
Ek het gaan soek op die net vir soortgelyke gebooie in Afrikaans, maar kon niks vind op die eerste paar bladsye van Google nie. Miskien kan iemand help.
1.Doen aan andere soos wat jy wil he hulle moet aan doen.
2.In alles, streef daarna om geen pyn of skade te veroorsaak nie.
3.Behandel jou medemens, en alle ander lewende dinge, en die wereld in die algemeen met liefde, eerlikheid en respek.
4.Moenie jouself blindhou vir slegte dade nie, en hou jouself en andere aanspreeklik deur die toepassing van reg en geregtigheid, maar wees altyd bereid om te vergewe, waneer verkeerde dade erken word en berou gewys word.
5.Leef met n gevoel van vreugde en bewondering.
6.Wees altyd gereed en begerig om iets nuut te leer.
7.Beproef alle dinge: vergelyk jou idees met die feite beskikbaar, en wees altyd bereid om selfs diepgesetelde en tradisionele idees te verwerp , sou dit nie strook met feite, logika en rede nie.
8.Moenie wegskram van tweespalt en twis nie, maar respekteer andere se reg om met jou te verskil.
9.Skram weg van tweespalt en twis maar nie bloot omdat jy ander wil tevrede stel nie.
10.Moenie enige-iemand of enige beweging blindweg volg nie, al word dit deur die menigte gevolg of aangehang: vorm jou eie berekende en onafhanklike opinies gegrond op die basis van jou rede en ervaring
11.Bevraagteken alles.
Ek dink bg. hanteer meeste morele kwessies soos eerlikheid, die waarheid, ens maar net onder ander hoofde.
Lees ander artikels deur Wessel Botes
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Artikels
Algemeen

deur Spannie
Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.
Ek moet ook toegee dat die "keelgat afdruk" nie uit 'n ouerhuis kom nie, maar dat die vorige skole-stelsel vir sommige mense hierdie verwysingspunt kan gee, aangesien daar nie ruimte vir eie filosofieë gegee is nie.