Weergawe: 1
Aantal woorde: 202
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 27 Aug 2013
Ek kry baie besoekers – sommer vreemdes en net mense wat wil kom bladskud en die vraag is altyd:
“Waarmee hou jy jouself deesdae besig?”
Die vraag is sommer so terloops want my simpel boekrak word altyd bestudeer en daar is niks behalwe stokperdjie boeke, woordeboeke, FAK en wat ek nogal nodig het.
Dit is juis. Dit is omdat ek net soos enige mens op straat, net mens is.
Maar:
Die meester. Die kenner. Die man wat sy vak toegewyd geken het, wat is in sy boekrak?
Sy heiligdom staan steeds ongeskonde en dit is met skuldig gevoel dat die kinders betree en kyk en verstom:
Leërs met briewe van dank betuiging aan die Hooggeregshof van Suid Afrika vir sy hulp met die kwytskelding van hulle se doodvonnisse.
Oorspronklike telegramme van Holland oor hofsake en beslissings
Aantekeninge van al vyf uitgawes van Uitleg van die Wette
Sy toesprake en aanbiedinge as Professor
Navorsing notules.
En boeke en papiere en leggers, soos sy brein, pynlik netjies en in plek.
En, stil en rustig op hulle eerbiedige plek; Wet boeke wat dateer 1736 van die Romeins Hollandse Reg . . .
Boeke 277 jaar oud
Die ontbloting van die weet, siel en doen van ‘n Meester.
Willie F van Tonder
2013/08/27
Lees ander artikels deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Lorelei
Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.
Hoe graag sal ek op daai boekrak losgelaat wil word!!