Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In Suid-Afrika roep ons dit by die naam ‘Mis’.
Dit verskyn meestal in die begin en gedurende die Winter en in laagtes en leegtes op die berg-pas.
Daar is net nie lugstrome om dit opwaarts te dryf vir Wolkvorming nie nou pak die vogtigheid saam en kan maklik ondeursigtig dig word.
London in Engeland, soos ook baie ander stede word sterk geraak hiermee veral omdat steenkool vure vir verhitting die probleem vererger.

Desember is die Noordelike Halfronde se Wintertyd.
Gedurende Desember 1952 was die mis dramaties. Vererger deur die geel tot bruin rook vanaf die Nywerhede se vure en die huise se verwarming, word die toestand ’n ramp.
Die bruin dik, digte mis pak dig genoeg om selfs alle elektriese ligte te verdoof. Pikswart nagdonker in die middel van die dag word verstikkende.
Alles kom tot stilstand en vries. Niks soos in niks kan gesien word nie en alle beweging staak en mense verstik en maak weens die stikke duisternis ongelukke en binne een dag sterf 4000 mense en die toestand vererger en duur vier lange dae en nog 8000 mense sterf.
Na vier dae van loutere hel steek die wind op en verdryf die digte laag mis.
Net daar word wetgewing ingestel dat weg gedoen moet word van steenkool energie en oor te gaan na gas.

Die mis kom nog; dit is deel van die lewe, maar die gif van steenkoolvure is weg.
Maar.
Lugbesoedeling is steeds die oorsaak van meer as 4000 Londoners se dood elke jaar !
Glo dit maar.

Willie F van Tonder
2013/05/26

Ek verwys my gunsteling lees boekie
 Readers Digest van Mei 2013 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

onderwerp
So bly ek bly nie in daai groue gat! Hul se al daai mense ly aan depressie.
6 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 19 ure oud


London
Interessant en leersaam
6 jaar 3 maande 1 week 2 dae 14 ure oud


***
Baie interessant, Willie.

Ek het ook in 1961/62 deurgeloop met dik pea soupers daar in LOnden.

Maar enige tyd, as jy jou neus blaas, is die snesie pikswart in elk geval.

Maar dan:

Hoor wat sê Frank Sinatra daaroor:

A foggy day,
in London town,
it had me low,
and it had me down
I viewed the morning,
with much alarm,
the British Museum,
had lost its charm
How long I wondered,
could this thing last,
but the age of miracles,
it hadn't past
And suddenly,
I saw you standing right there
And in foggy London town,
the sun was shining everywhere

Dankie vir die herinnering.

6 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 7 ure oud


Mis
Dit was nou bloemieng interessant.
6 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 14 ure oud


Jip Waarheid
Hang af of dit skoon mis of vuil mis is... die verskil tussen k@k en modder... ge ge
6 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 17 ure oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar