Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek lees toevallig vandag die artikel van Lentulus met die opskrif Genesis – Cut & Paste. Heel toevallig lees ek van die kommentaar daarop ook en dit is wat my na die “keyboard” laat gryp het.

Ek was nog altyd oopkop oor baie dinge en redelik liberaal in my benadering tot die lewe. Ek hou ook baie van ‘n goed-gefundeerde argument. Maar as daar een ding is wat my laat kriewelrig raak is dit die holruggeryde evolusieteorie wat mense deesdae as die waarheid aan my wil kom staan en afsmeer.

Maar, ter wille van die argument, laat ons dus die saak uit alle logiese oogpunte bekyk. Charles Darwin het met sy epiese reis wat in 1831 op die seilskip, The Beagle, afgeskop het, sekere goed waargeneem, veral op sommige van die mees afgesonderde eilande en die uitgestrekte, windverwaaide en amper mensverlate Pategonië. Hy het onder andere gesien dat daar in dieselfde omgewing verskillende spesies (genetiese mutasies) binne dieselfde biologiese groep voorkom. Die enigste manier waarop dit moontlik sou kon wees was dat die nageslag van daardie organisme/s natuurlike aanpassings met tyd gemaak om in te pas by die omgewing waarin dit moes oorleef

Maar hy was nie die eerste om rond te speel met die gedagte dat lewe uit nie- lewe ontstaan het en dat die mens sy ontstaan uit die dier gehad het nie. Antieke Griekse filosowe soos Anaximander het alreeds postulasies daaroor die lig laat sien. Al wat Oom Charles gedoen het was om iets nuuts in die ouwêreldse filosofieë in te bring, naamlik “natuurlike seleksie.” Natuurlike seleksie sou dus poog om die voordeligste genetiese mutasies te bevorder en te bewaar binne ‘n spesie. Die nageslag erf daardie verbeterings en dra dit weer met verbeterings oor aan hulle nageslag, ens. ens. Tot nog toe maak alles redelik sin. Die olifant wat in die noordwestelike Namib voorkom is familie van die Knysna-olifant, maar daar is heelwat sigbare genetiese verskille. Verskille wat genoodsaak was vir oorlewing in die uiteenlopende klimaats omgewings. Daar is selfs merkbare verskille tussen die Gemsbok van die Namib en die Gemsbok van die Kalahari. Dit is basies dieselfde metodes wat die telers van stoetdiere gebruik om slegs die beste eienskappe te behou en die negatiewe eienskappe uit te teel. Alles doodnatuurlik.

Dit sou egter moeilik wees vir ‘n muis om vlerke te ontwikkel net omdat dit die behoefte het aan vlieg. Kom ons veronderstel dat vriend muis bo-op ‘n baie hoë gebou gaan staan. Nie onder die invloed van LSD of ander hallusinerende middels nie, maar met ‘n vasberade geloof, besluit hy dat hy gaan vlieg. Die gevolg is onvermydelik tragies - slegs ‘n bloedkol op die sypaadjie. En, al sou die muis se nageslag tot in die miljoenste geslag by daardie gebou afspring, sal die uiteinde presies dieselfde bly.

Selfs Darwin het teëgeskop toe dit kom by die ontstaan van lewe uit nie-lewe. Komplekse stelsels soos die brein, hart, niere, lewer, oog, oor, spysverteringstelsel en voortplantingstelsel is stelsels van die liggaam wat nie oor ‘n tydperk sou kon ontwkkel het nie, want al hierdie dele vorm ‘n integrale gedeelte van die geheel. As een van hierdie dele ontbreek of slegs in ‘n stadium van ontwikkeling was, sou die stelsel as geheel nie kon funksioneer nie. Darwin het op ‘n stadium gesê: “Om te veronderstel dat die oog, met al sy unieke meganismes om onder andere die fokus vir verskillende afstande korrek te verstel, om die toelating van net genoeg lig te beheer, om korreksies te kan aanbring vir sferiese en chromatiese afwykings, gevorm is deur ‘n proses van natuurlike seleksie is, om die minste daarvan te sê, absurd in die hoogste graad”.

Maar Darwin se postulasies het die deur oopgemaak vir die teoretici van sy tyd om vir God en die skeppingsteorie by die agterdeur uit te skop en te soek na meer wetenskaplike verklarings. Hulle reken dat baie miljoene jare gelede, as gevolg van die sameloop van ideale omstandighede, daar een helse ontploffing was. Daardie verskriklike ontploffing het veroorsaak dat sonne en planete so met die tyd uit die chaos ontstaan het. Die aarde was baie gelukkig om net op die regte afstand van die son af sy plek te vind en oor nog ‘n paar miljoen jaar het dinge redelik “gesettle” en was daar op die oppervlak so ‘n louerige moddermengsel aanwesig waarin so ‘n slymerige paddaslykerigheid doelloos rondgedryf het. Die slymerige ding het in sy enigheid besluit om ‘n membraan rondom sy slym te vorm om die slymerigheid beter bymekaar te hou. In sy slymerige wysheid kom hy agter dat die doellose geronddryf nie sin het nie en ontwikkel dit toe ‘n paar oë. Dit maak die drywery makliker en dit kom gelydelik agter dat die drywery ‘n hongerte veroorsaak (oor miljoene jare natuurlik). Dit ontwikkel in ‘n japtrap die nodige organe om slym, modder en ander drywende gemors in te neem, te verwerk en in energie om te sit. Dit voel alleen, kloon gou-gou ‘n paar ander goed en daar dryf dit toe in groepe rond. Dit besluit om vinne en ‘n stert te ontwikkel om bietjie beter en vinniger oor die weg te kom. Omdat dit teen daardie tyd al moeg was vir dieselfde ou slymerige plat gesigte rondom dit, ontwikkel dit geslagsorgane in samwerking en ooreenkoms met een van die ander om in pleks van kloning liewer te paar en kleintjies voort te bring (natuurlik oor miljoene jare). Nou was dit hy en sy en die verskille tussen mekaar was vir hulle so aantreklik dat hulle nie sonder mekaar oor die weg wou kom nie. “Somewhere along the line” het die visserige ding en sy maat besluit om die strand uit te “leopardcrawl”. ‘n Paar asemsnakke later, net so voor hulle versmoor, ontwikkel elkeen ‘n paar longe en toe gaan dit sommer voor die wind. Van die afstammelinge klim so met die vinne teen die bome uit, vind dit ‘n bietjie ongemaklik en “modify” die vinne in arms en bene (natuurlik oor miljoene jare). Een van hulle afstammelinge weer val uit die boom uit, raak heel “elastic” en net voordat dit die grond tref, is die arms omgeskep in vlerke. “What a wonderful world?”

Op watter stadium die lê van eiers te veel van ‘n beslommernis geword het en daar weer so ‘n paar “modifications” plaasgevind het, sal ek nie weet nie. Intussen moes een van die boomklimmende goed besluit het dis beter om op die agterbene te loop en voor ons ons oë kon uitvee was die mens daar (natuurlik oor miljoene jare). Dis net snaaks dat sommige visse besluit het om visse te bly, sommige ape besluit het om ape te bly en sommige dierjies heel tevrede is om te bly wat hulle is. Miskien het hulle net nie genoeg sin vir avontuur nie.

Ons het ‘n meerkat gehad wat by ons grootgeword het. Van kleins af het hy in my hand gelê en slaap en later sommer so bo-oor my hand. Dit het my tyd gegee om die ou diertjie se samestelling deeglik te leer ken. Al wat ek kan sê, is dat daar geen manier is dat ‘n meerkat deur prosesse van natuurlike seleksie en modifikasie kon ontstaan het nie. Dis absoluut belaglik om dit te probeer glo. Hy kon net in sy kompleksiteit deur ‘n hoër wese gevorm gewees het.

Miskien is ek snobisties, maar ek verkies om die afstammeling te wees van ‘n skepsel wat na Sy beeld deur ‘n lewende God gemaak is as wat ek die afstammeling wil wees van ‘n doelloos drywende bol groen slym. Maak jou keuse, maar jou teorieë oor evolusie sal my nooit oortuig nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

WAAR KOM AAPMENSE VANDAAN?
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is YHVH ELOHIM. Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie. My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is YHVH ELOHIM. Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die ADAM moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is YHVH. Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is YHVH. Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder jy mag haar skaamte nie ontbloot nie. Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader. Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore haar skaamte mag jy nie ontbloot nie. Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte. Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is sy is jou suster, haar skaamte mag jy nie ontbloot nie. Jy mag die skaamte van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant. Jy mag die skaamte van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant. Jy mag die skaamte van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante. Jy mag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie. Jy mag die skaamte van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer. Jy mag die skaamte van ‘n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit. Jy mag ook geen vrou by haar suster as mededingster byneem om haar skaamte gelyk met die ander een, terwyl dié nog lewe, te ontbloot nie. Ook mag jy nie naby ‘n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie. En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie. En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van ELOHIM nie laster nie. Ek is YHVH. Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ‘n ADAM met ‘n vrou het nie. Dit is ‘n gruwel. En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ‘n Vrou mag ook nie voor ‘n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ‘n gruwelike vermenging. Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf. So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug. Maar júlle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef. Want die ADAM van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword. Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was. Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit. Daarom moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is YHVH ELOHIM. [Levitikus 18:2-30]

‘n Vrou mag ook nie voor ‘n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ‘n gruwelike vermenging. Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.

Vir meer as 4,000 jaar het die Blanke nie van die AAPMENSE (homo sapiens) geweet nie, en eers met die ontdekking van die nuwe wêreld het hulle al hierdie derduisende verskillende aapmens as die perimeternasies ontdek.

Geen vermenging kan ‘n Blanke kind maak nie, maar enige Blanke kan met enige van hierdie homo sapiens vermeng en dadelik het jy ‘n tipe van ‘n Kleurling. Dit is wetenskaplik bewys in elke Blanke gesin! Trap oor die raslyn, en die telg is ‘n bastertjie!

You can breed down, but you cannot breed up, but in each white race, more and more beautiful children are created day by day. WHY?
7 jaar 11 maande 2 dae 10 ure oud


HOEKOM DIE DEBAT OOR SKEPPING?

. . . Daar is twee stelle data vir ons om te glo:

1 - Jy kan glo in die skepping, maar dit nie bewys nie, of;

2 - Jy kan glo dat alles netjies vanself ontwikkel het.

Daar is baie en genoeg redenasies na beide kante toe;

Elke ou moet vir homself of haarself besluit en op jou besluit word ons in twee kampe verdeel:

die Skape of die Bokke

Skape glo in die HERDER

Bokke glo in die LEIER

Een se naam is Michael

Die tweede se naam is Azazel

Op altwee is daar bloed;

een het WAARHEDI gepraat

en die ander het LEUENS vertel.

Altwee bestaan voor die Aarde se lewe ontstaan het en altwee het dus die geleentheid gehad om die werklike proses te vertel, maar een van die twee LIEG. Ons is intelligent om vir pnsself te kan besluit wie eintlik geloofwaardig is en dan kies ons en daarop word ons beoordeel, geoordeel en of veroordeel, en daardie proses is wat ons ken as die UUR VAN OORDEEL:


En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees YHVH ELOHIM en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van YHVH ELOHIM wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die qodesh engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang. Hier kom die lydsaamheid van die qodesh te pas; hier is hulle wat die gebooie van YHVH ELOHIM en die geloof in Y'shua bewaar.
[Openbaring 14:6-12](korreksies is voorsien)

DIS MAKLIK: KIES A OF B, dit maak nie saak nie, almal gaan dood en weet niks in die graf nie.

Is daar rekord hoekom aapmense van die aap kom?

BESLIS 'JA'

Hou op stry, maak jou keuse, dis al wat saak maak.

In elkgeval is daar maar min ouens wat nog glo in die Skepper, so what?

OP DIE LAASTE DAG VERANDER ALLES.

Openbaring is geskryf vir die toekoms:

En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. [Openbaring 21:5]

as jy glo in die skepping sal jy uit die dood opgewek word op die laaste dag. As daar dus nuwe lewe is en die ou wereld het vergaan, bestaan die moontlikheid dat ons die herskepping in ses dae weer sal sien:

Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek YHVH, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees. En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê YHVH. En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees. [Jesaja 66:22-24]

EK KIES YHVH. Dis my persoonlike oortuiging en as jy 'n aap wil wees, wees dit, los net die ape uit, hulle is OK. . . dis die aapmense wat die probleem is vir almal op die wereld, die perimeternasies. . . .want hulle het geweld ontdek, hulle het plaasmoord gepleeg en hulle het seks ontdek:

En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde. [Openbaring 6:8]

Die wilde diere is die homo sapiens wat ons almal gaan doodmaak met geweld (swaard) voedsetekort, pessiektes.



7 jaar 11 maande 2 dae 10 ure oud


Evolusie - wat 'n pot ###
Godsdiens, wetenskap, teorie, praktyk, kosmos, oorlewering, ontwikkeling, verandering, waarheid, versinsel, verstaan of onkunde en wat ook al ...... Kan iemand my sê waar begin die een en waar die ander? Is evolusie nie ook maar 'n ingryping deur God nie? Mutasie, frustrasie, wat is die probleem hier? Kyk party van ons nie maar nog net met die jellie-oog nie? Ek dink ons is geskep om ver en wyd te sien. Die natuur gee ons genoeg aanduidings dat wat staties lyk, nie staties bly nie. As ons eksegese bestudeer, sal ons leer HOE daar gekyk of nie gekyk moet word nie. Is dit nie so nie ........?
10 jaar 1 maand 1 week 1 dag 5 ure oud


Beste Oom Kaspaas,

Jou artikel en die kommentare daarop, asook ander onlangse artikels oor godsdiens deur Lentulus en AardigeAfrikaner, het my opnuut laat besef hoe mense oortuigend redeneer vir die mense wat soortgelyk glo, maar niemand anders oortuig wat anders dink nie. Dieselfde geld vir die anders denkendes se redenasies.

Definisies vir wat 'n godsdiens is, skiet ver tekort. Daarom het ek het sowat 20 jaar gelede 'n intense studie gedoen oor godsdiense oor die hele wereld heen vir alle tye. Die universiteit se teologiese afdeling van die biblioteek het rakke vol boeke gehad om deur te werk.

Ek het probeer om die kenmerke van enige godsdiens te vind eerder as 'n definisie. My lysie het al hoe langer geword. Uiteindelik het ek tot die besef gekom van iets anders gekom. Daar is tientalle godsdienste met meer as 'n miljoen aanhangers en honderde met minder aanhangers.

Eintlik moes ek die lysie gewig gegee het in die opsig hoeveel godsdienste 'n bepaalde eienskap besit. Maar ek was te sat om al die geskrifte weer deur te werk. Tog het een eienskap in omtrent in alle godsdienste voor gekom. Die geloof in 'n god/gode wat baie magtiger as mense is en boonop die gang van die natuur en besonder lewe bepaal.

Daarenteen is die definisie vir ateisme baie eenvoudig. Daar is nie iets soos 'n god/gode nie omdat dit nie met die vyf sintuie waar geneem kan word nie. Maar, eienaardig genoeg, soek die meerderheid van hulle ook iets wat magtiger as mense is en die gang van die lewe bepaal. Gewoonlik vind hulle die antwoord in die wetenskap soos byvoorbeeld die evolusie teorie.

Die volgende stap is dikwels oorlog met al die vooraf bravade tussen die wetenskap en godsdiens. Wat 'n belaglike oorlog. Dit is soos seedeire en landdiere wat teen mekaar oorlog wil voer. Waar gaan die wenner leef, in die see EN op land? Dit is nie moontlik nie.

Ek dink dat godsdienstiges en ateiste mekaar eerder moet respekteer, selfs in hulle gesprekke/skrywes met/aan mekaar. Dink eerder aan die gesegde oor twee honde wat oor 'n been baklei. Die derde hond gebruik misdaad om met die been weg te kom.

Mooi loop
10 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 8 ure oud


Beste KS

Bly om te sien die onderwerp ontlok debat. God het my verstand gegee met 'n doel: om dit te gebruik. Cogito, ergo sum. Lees gerus my artikel 'Genesis: Cut and Paste?'

Die skeppings verhaal in Genesis lewer meer vrae as antwoorde. Om 'n paar te noem:
1. Na elke skeppings dag meld Genesis: En dit was aand en dit was more, die 2de dag, 3de, 4de dag ens. Die son, maan en sterre is egter eers die 4de dag geskep. Hoe kon God dan 'lig' op dag een skep en aand en more?;
2. Plante is op dag 3 geskep, maar son eers op dag 4. Hoe oorleef plante sonder son (fotosintese)?;
3. Op dag 2 skei God die waters onder die uitspansel van die waters bo die uitspansel. Water bo die uitspansel?;
4. Op dag 3 skei Hy weer die waters;
5. Op dag 6 besluit Hy om 'mense' (meerfout) te skep sodat 'hulle' oor Sy skepping kan heers. Nogtans skep Hy net een mens en eers later besluit Hy die mens het 'n maat nodig.Hoekom?;
6. Op dag 7 rus Hy. Hoekom? Hy is immers almagtig.

Lekker dag.
10 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud


Evolusie
Ek het nog altyd gewonder hoekom ons huidige geslag se kakebene nie meer plek het vir verstandtande nie, wat nog te sê van slagtande. Ek het maar net uitgefigure dis omdat ons moderne leefwyse en kitskosdiëte dit nie meer nodig het nie.

Ek is een van daardie wat geloof en wetenskap gelyktydig as "AWESOME" beleef.

Geloof bly 'n persoonlike keuse. ELKE MENS OP AARDE se geloof verskil. God is tevrede daarmee, dis hoe Hy ons geskape het...
10 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


Evolusie, wat 'n pot... vol rerig interesante FEITE
Wel, wat wil jy as die waarheid aan ander laat afsmeer?

Dat 'n bonatuurlike toorman 4000 jaar terug die hele heelal in 7 dae gemaak het?

Evolusie is die beste antwoord wat ons het wat met FEITE gerugsteun kan word.

Jy noem dat Darwin nie die eerste een was wat rondgespeel het met gedagtes dat nie-lewe aan lewe kan uitvloei.

Evolusie het niks te doen met die ontstaan van lewe nie. Evolusie is die proses wat deur natuurlike seleksie gedryf word. Daar is baie ander teorieë oor die ontstaan van lewe, maar evolusie is nie gelyk aan die ontstaan van lewe nie.

Jy stem saam dat alles redelik sin maak met die olifante, en gemsbokke, en jy noem die verskille en die invloede wat die klimaat en natuur op die verskillende groepe diere het.

En dan spring jy in met 'n muis wat teen 'n gebou afspring. Jy wil teen die kranse van die berg van evolusie opklim. Dit werk nie so nie. As mens aan die anderkant van die berg kyk sal jy sien daar is 'n geleidelike helling, (Soos Tafelberg byvoorbeeld) Evolusie soek net na die hellings. Maar evolusie is 'n stadige proses (jy noem miljoene jare) en dit is so. Dit is reg, al spring 'n miljoen muise af sal hulle almal te pletter val. Want dit is nie soos evolusie werk nie. Die muis kry nie 'n behoefte om te vlieg nie. Die muis klim bome. Die muis spring van tak na tak. Die muise wat die verste kan spring oorleef die maklikste. Een van die muise kry 'n genetiese mutasie wat hom in staat stel om verder te spring en sy vel tussen sy arms en bene oop te sprei sodat hy kan sweef. Sy kinders se kinders oor 'n baie lang tyd teel en forseer die genetiese kode tot hulle hulself tot die unieke en interessante spesie geteel het.

http://en.wikipedia.org/wiki/Flying_squirrel

Ek kan nie verstaan hoe jy die muise as voorbeeld wil gebruik om evolusie verkeerd te wys as evolusie nie so werk nie.

As die muise regtig so wil leer dan sal hulle uitsterf. Want party spesies het hulself in 'n genetiese hoek ingeteel, en daarom het hulle uitgesterf. Ander het weer hulself so goed aangepas dat hulle in miljoene jare nie enige veranderinge ondergaan het nie. Soos die Selakant, krokodil, of self die haai.

Jou beskrywing van Darwin en die oog. Ek haal die Engelse weergawe aan.

“To suppose that the eye with all its inimitable contrivances for adjusting the focus to different distances, for admitting different amounts of light, and for the correction of spherical and chromatic aberration, could have been formed by natural selection, seems, I freely confess, absurd in the highest degree.”

Ek sal liewers nie wil vertaal nie, voordat ek dit verkeerd doen. Maar ja, Darwin het geskryf dat dit waarskynlik (seems) hoogs absurd is. Ek gaan nou die volgende twee sinne kopieer wat na dit kom in hoofstuk 6 van “The Origin of Species “.

“When it was first said that the sun stood still and the world turned round, the common sense of mankind declared the doctrine false; but the old saying of Vox populi, vox Dei, as every philosopher knows, cannot be trusted in science. Reason tells me, that if numerous gradations from a simple and imperfect eye to one complex and perfect can be shown to exist, each grade being useful to its possessor, as is certainly the case; if further, the eye ever varies and the variations be inherited, as is likewise certainly the case and if such variations should be useful to any animal under changing conditions of life, then the difficulty of believing that a perfect and complex eye could be formed by natural selection, though insuperable by our imagination, should not be considered as subversive of the theory.“

Hy het gedink dit is absurd, maar sy teorie het hom anders laat dink. Hy het nie die moderne wetenskap gehad nie, maar vandag kan dit bewys word. Inteendeel, taksonomikuste(?) het 'n idee dat die oog 40 keer uniek verskyn het deur middel van evolusie in verskillende spesies. So ook met die stelsels in die liggaam. Evolusie het nie gesê “Kom ons bou 'n lewer” nie. Nee, dit het in geheel saam gegroei. Hoekom sal alle soogdiere dieselfde funksionele organe hê? Miskien omdat ons dit van 'n enkel voorouer af oorgeërf het? En ons as mense is nog lankal nie klaar met ons eie spesie se evolusie nie. Ons sukkel nog met rugprobleme, want ons het nog nie alle oorerwing van ons vierpotige bestaan afgeskud nie.

Ja, God en die skeppingsproses was nie genoeg om die ongelooflike wêreld rondom ons te beskryf nie. Dit is hoekom mense al van die begin van die mensdom vrae vra. Kyk waar sit ons in vandag se samelewing. Alles wat die mensdom toe tot in staat is, saam. Ek bedoel, die Voyager ruimtetuig is 12.4 biljoen kilometers van die aarde af. 12.4 Biljoen! Dit is ongelooflik vir 'n dingetjie so groot soos 'n gholfkarretjie om dit so ver te gemaak het. Die Cassini-Huygens proeftoestel het op Titan geland, en prente teruggestuur van mere van metaan op Titan

http://nssdc.gsfc.nasa.gov/planetary/titan_images.html

Skies waar was ek. O ja. Jy gaan deur die hele ontstaan van die heelal, die groot knal, die modder, die slym. Jy gee baie persoonlikheid aan die stappe, maar ek sal net weer wil sê die slym ens het nie besluit hulle wil evolusie ondergaan nie, natuurlike seleksie het daarvoor gesorg. Daar is ook 'n hele paar aannames wat verkeerd is, maar soos ek lees kan ek sien jy het dit spottenderwys geskryf. Al die “elastic modifications” ens.

Die lê van hardedop eiers is omdat water nie meer as 'n medium gebruik kon word vir bevrugting nie. (soos die koraalriwwe byvoorbeeld) En wat van as jy baie rondgetrek het oor afstande? Sal die organismes wat hulle embrios saam met hulle ronddra nie veel beter af wees nie? Wat van die buideldiere van Australië? Hulle het nie al die pad embrios gegaan nie. Hulle het in relatiewe afsondering evolusie ondergaan. Hulle proto voorouer was 'n buideldier. En daarom is daar soveel buideldier spesies daar en geen ander plek op aarde nie.

Sommige visse het visse gebly. Daar waar hulle was was hulle heel goed aangepas om in die see te lewe. Wat van die visse wat in damme of panne gebly het waar dit elke jaar droog geraak het? Die visse wat nie in die suurstof arm omstandige kon leef nie, het doodgegaan. Die visse wat wel 'n geen gehad het wat hulle in staat gestel het om te oorleef sou seker afstammelinge gehad het wat die genetiese uniekheid verder gevat het?

Haaie is glad nie avontuurlustig oor evolusie nie. Nie vir so 420 miljoen jaar al nie. Selle met krokonosters. Okay, hulle is bietjie meer avontuurlustig, hulle het so 200 miljoen jaar gedink dit is nou genoeg.

Daardie meerkatertjie. Waarom sou jy sê dit is onmoontlik dat hy deur evolusie gevorm kon gewees het? Watter redes kan jy gee? Ek kyk na myself. En ek kan sien hoe naby ek aan die groot ape is. (en dat my skryfnaam ook aap is, snaaks genoeg) Ek deel soveel met hulle. Ek het gewonder oor die chromosome van diere byvoorbeeld. Ek het gedag ons is almal dieselfde. Gelukkig genoeg drink ek toe in 'n genetikus vas en terwyl ons so gesels wys hy sommer op sy foon (internet is awesome!) die youtube clip. Kyk gerus!

http://www.youtube.com/watch?v=zi8FfMBYCkk&feature=related

En ons vind meer en meer uit van die dinge elke dag.

Jy sê die teorieë sal jou nooit oortuig nie.

Sê my. Dit is lekker om so lank te lewe, medisyne te hê wat vigs kan help keer, die internet om almal bymekaar te bring. Jy ry in 'n lekker kar, jou huis is warm, jy kan met 'n druk van 'n knoppie jou kos warm maak, jy kan deur die lug vlieg na ander kontinente, jou toilet is 'n goeie ding om te hê. Simpel dinge, ek weet.

Al die dinge, en nog soveel meer, is deur die mensdom ontwikkel met dieselfde metodes as wat evolusie nou ondergaan.

Bewyse.

En hoe meer daar gekry gaan word, hoe meer gaan jy dit nie wil glo nie?

'n Paar broers wat fietse gemaak het in 1903 het gesê hulle wil 'n vliegtoestel bou. Mense het vir hulle gelag tot hulle vir 5 mense gewys het. Hoe ver was die eerste vlug? 34 meter.
Vandag het die mensdom 'n ambassadeur wat 12.4 Biljoen kilometer elke dag besig is om nuwe dinge te ondersoek en die somtotaal van kennis uit te brei.

Miskien is dit nie 'n kwessie van oortuiging nie. Dit is net 'n kwessie van tyd.

Lekker (vrek dis laat!) oggend!

Aap.
10 jaar 2 maande 4 weke oud


God se tyd...
Lentulus, as jou god so klein en swak is dat dit hom 6 biljoenjaar vat, let wel 6 biljoen jaar wat hy fout na fout maak en maar vir 6 biljoen jaar aan karring tot hy gelukkig is sal ek ook liewers in Evolusie geglo het, maar moet asb nie die lewende God in 'n boksie van menslike vermoens en verstand plaas nie, Hy is almagtig, en kon dit net sowel in 'n dag gedoen het! Hoekom hy 6 dae geneem het sal seker net Hy alleen weet, maar ek gaan dit nie betwyfel nie, Sy woord het my nog nooit in die steek gelaat nie, hoekom sal die heerste hoofstuk in die eerste boek dan 'n klug wees? se jy die res van die bybel is ook 'n klug? Asb, regtig, se dan liewers dat jy glad nie glo nie, maar moenie, God probeer aanpas om by jou menslike verstand te pas nie.
10 jaar 2 maande 4 weke 7 ure oud


Baie goed geskryf!
10 jaar 2 maande 4 weke 10 ure oud


Goed beredeneerd, maar (met respek) subjektief. My DNA en die van die aap-familie stem 99% ooreen. Toeval? God werk nie met toeval nie.

'n Ander invalshoek: 'n sekonde is vir God soos 'n ewigheid en 'n ewigheid soos 'n sekonde. God werk in 'n totaal ander 'timeframe'. Die 6 dae van die skepping kon net sowel 6 biljoen (mens) jare gewees het.

Dan pas Genesis en evolusie soos handskoene...
10 jaar 2 maande 4 weke 11 ure oud


Evolusie
Ek stem saam. Sulke praatjies maak my net so de vieste in!
Koekoe
10 jaar 2 maande 4 weke 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maanvrug

deur Maangodin

Die, nou al berugte, eerste erotiese Afrikaanse roman.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar