Artikels

Titel: Ewige werk
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Omring deur vier mure, net die lugreëllaar wat suis en geluide van werkers buite in die gang. My deur effens toegestoot, sodat ek nie vaskyk in almal nie en hulle ook nie inkyk met die verbystap nie. Die jaar het nog skaars begin en my verlof het `n week gelede eers geeindig, maar dit voel asof ek nooit weg was nie. Die bekende gesigte, die berge werk en die dae wat my insluk, sodat my tydjie tuis net te kort voel Liefie en die kinders kry so min van my te sien en ek van hulle. Voor ek my oë uitvee is `n dag verby en het ek nog nie eers `n ordentlike gesprek met een van hulle gehad nie. Meeste van die gesprekke gaan oor skoolwerk, klere vir môre, aandete, kospakkie vir môre en so af en toe val daar `n grappie tussendeur.

Ag, ek wens dat dit anders kon wees. Dat ek sommer net weer tyd gehad het om `n storieboek te lees. Deesdae, blaai ek maar die Huisgenoot deur, kyk die prente, lees die hoofopskrifte en natuurlik lees ek die grappies sodat ek darem ook so af en toe `n grappie in ons huishouding kan vertel.

Hoeveel van ons is nie vasgevang in ons dag-tot-dag bestaan nie? Ons het nie `n keuse nie, want ons moet die geld laat inkom. So onregverdig, maar tog …

Ek wens daar was `n kits oplossing vir ons, maar die “kits rykword” metodes werk nie en sal ook nooit werk nie. Die Lotto is net vir hulle beskore wat speel en ek het daarvoor nie eers tyd nie, of ek dink ek wil nie nog my tyd, wat ek by my gesin kan wees, by `n lottomasjien mors nie.

Laat ek tog ophou kla. Dit help niks en neem net my kosbare tyd in beslag. Ek kon nou sekerlik al `n taak of twee afgehandel het, maar ek voel nou weer beter en kan weer vir `n paar dae aangaan voor ek weer bietjie stoom afblaas.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar