Titel: Foute Student
Weergawe: 1
Aantal woorde: 619
Kere gelees: 722
Datum gepubliseer: 20 Jan 2009
Vir jare nou al is ek ‘n baie getroue student. Ek leer my les, ek doen my huiswerk en my projekte is altyd op tyd ingedien. Ek besef die absolute waarde van hierdie kursus. Mense, as die lewe ‘n leerskool is dan is my foute ‘n gereelde kursus.
Ek wil vandag regop staan en my voet neer sit. Ek wil hierdie kursus een honderd persent verdedig. Ek het al hoeveel keer gehoor hoe mense dit afkraak.
“As ek maar nie so baie foute gemaak het nie”
Mense kan top en top oor hulle foutiewelike besluite. Oor foute wat hulle in die verlede gemaak het. Dit word as ‘n negatiewe ding beskou. ‘n Fout is iets wat nie reg is nie. ‘n Fout moet vermy word.
Ek sê nee. Eerstens niemand is foutloos nie. Niemand het nog nie ‘n fout begaan nie. Dit is ‘n given dat jy iewers iets gaan fouteer. Hoe is dit moontlik om te leer sonder om te fouteer?
As kind het my ouers altyd probeer om vir my uit hulle foute te leer. Moet nie van die boom afspring nie, mamma se arm het gebreek toe sy jonk was. Moet nie rook nie, oupa is dood daarvan. Neem skool ernstig op want pappa sou meer geld gehad het as hy harder geleer het. En dan sit ek met my “whatever” houding. Vandag as ouer kry ek die “whatever” houdings maar ek respekteer dit. Want ek verstaan dit. Ons is gebou om te ervaar. Niemand kan haat verstaan tensy jy nie liefde ervaar nie. Warm sonder koud bestaan nie. Ons verstaan dit net deur ondervinding, nie deur woorde nie.
Ons bediende van my kleintyd het altyd met haar seun op haar rug gewerk. Een dag was sy besig om naby die stoof skoon te maak. Een van die plate was warm en toe klein Hennie sy handjie na die plaat toe uitreik skreeu ek kliphard “Pasop Sara, Hennie gaan brand!” Sara het haar na my toe gedraai en geantwoord “Hy sal net eenkeer brand, dan weet hy.” Daai woorde het vir jare by my gebly maar die waarde daarvan het ek eers baie later besef. Na die hoeveelste verkeerde besluit het ek eendag aan dit gedink toe vrae ek myself, hoeveel keer wil jy jou hand teen ‘n warm plaat druk voor jy warm kan verstaan?
Nou is ek ‘n top student. As ek ‘n fout maak leer ek. Hoe weet ek dat ek leer? Maklik ek maak nie weer die fout nie. As dinge verkeerd uitdraai soek ek die rede. Ek soek die mees algemene oorsaak en ek is gewoonlik die enigste konstant in die wêreld van my foute. Ek neem die besluite. Ek het die krag in my hande.
So of dit nou jou tweede, derde of vierde huwelik is, jou tweede, derde of vierde afdanking is, daar is een konstant en dit is jy. Word ‘n student van jou foute. Moet dit nie afjak as net ‘n dom fout nie. Gaan grou so bietjie. Doen jou huiswerk. Kry jou lewens projek in op datum. Doen dit elke keer en leër. Laat jou foute jou vriend word, jou professor, jou inspirasie om te verbeter.
Uit die fliek Under the Tuscan Sun wil ek graag ten slotte die volgende gesprek aanhaal:
Katherine: It's a nice little villa. Are you going to buy it?
Frances: The way my life is currently going, that would be a terrible idea.
Katherine: Terrible idea... Don't you just love those?
Viva my foute, Viva verkeerde besluite want elkeen bring my nader aan die good stuff!!
Lees ander artikels deur Juenka
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

Artikels

deur Delene de Wet
My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.
Soms kyk die waarheid 'n mens vierkantig in die oee en dan sien jy dit nog nie raak nie!
Mooi geskryf, ek het lekker gelees en geleer!
Groetnis,
PM