Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Daar is baie goeie en gelowige mense in Zimbabwe wat verskriklik swaarkry en wat nie aandadig is aan die slegte dinge wat daar gebeur nie. ‘n Boer hier op ‘n naburige plaas het ‘n swart familie wat van Zimbawe kom, jammer gekry en van werk voorsien. As hy nie werk vir hulle het nie, het ek die vrou tydelik in diens geneem sodat hulle ‘n inkomste het en kos kon koop. Drie weke nadat hulle aangeland het is die man Kaapstad toe om te gaan registreer en het na 4 maande nog nie teruggekeer nie . Die vrou het twee klein kinders wat sy alleen onderhou en sy verwag haar derde baba in Oktober 2009. Sy het aan my verduidelik dat sy nie kan bekostig om terug te gaan Zimbabwe toe nie aangesien hulle daar moet betaal as hulle in die hospitaal opgeneem word vir die bevalling en sy het nie die geld nie. Waar haar man is en wat van hom geword het weet sy glad nie. Hier kan sy haar baba kosteloos in die wêreld bring. Wat se nasionaliteit is die baba dan? Suid Afrikaans? Sy is ‘n gelowige Christen mens wat net soos ander van haar landgenote deur omstandighede buite haar beheer uit haar land gedryf is. Ek het die volgende gebed geskryf vir Zimbawe en alle Christen mense van die land wat bitter swaar kry.

Mugabe skud ‘n sterwende lewens boom
Soos melk is geskei van die room
Die land sterf die grens omsoom
Geen water vir die sterwende boom
Blare val lyke uit die boom, die room
Ander regerings veroordeel sonder skroom

Landbou grond is afgevat of verbrand
Sodoende ontstaan geweldige agterstand
Geen landbou ploeg geslaan aan die hand
Brandstof of voedsel krisis in die land
Inwoners verdeel en gelaat sonder band
Mense wat lei sonder Goddelike hand

Mense word geslaan, geskop, kasty
Behandel soos gemaalde vleis pastei
Wyl land vir Mugabe verkiesings voorberei
Mugabe besig met ander regerings te stry
Geen genade, enige andersdenkende party
Dis net Zanu PF, wat in die verkiesing bly.

Die blare val van die boom en bloei
Dis mense bloed wat daar rooi vloei
Boom se takke word een vir een gesnoei
Wyl Afrika se leiers onder mekaar stoei
Dis net polisie sirenes wat in Hare loei
Geen kos of mielies wat op lande groei

Mede gelowiges wat baie swaar kry
Die wat besluit het om agter te bly
Hulle wat geloof in God bly bely
Ons kan bid dat Hy Sy hand oor hul kry
Dat Hy hul liefde, geloof, in hoop bevry
Sodat die land, inwoners weer gestalte kry.

My bede dat hul stryd nie ongemerk sal gaan
Hul name in geskiedenis opgeteken staan
As stryders van Christendom ‘n bres slaan
Altyd vir ongelowiges, Antichris sal maan
Die Here Jesus altyd bestaan en verstaan
Die wat in sy naam vergaan, altyd bestaan.

Net ‘n gedagte. Miskien is daar nog mense daar buite wat vir ons buurland wil bid.
Wat anders kan ons doen. Dankie.

n.s.   Gedurende die sewentiger jare was 'n vriend van my, 'n polisieman, na Zimbabwe gestuur deur die SAP om grensdiens daar te doen.  Hy en 'n paar van sy makkers het daar 'n marteldood gesterf toe hulle eers ontklee, daarna deur die enkels en knieë geskiet is.  Daarna is hulle om die lewe gebring.  Hy het 'n vrou, kleinkinders , familie en baie vriende agtergelaat. Ons sal hulle wat die hoogste offer vir Zimbabwe gebring het nie maklik vergeet nie !



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar