Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Elke jaar hierdie tyd vra van my vriende rondom ons in die internetgemeente wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.  Kom ek gebruik die volgende twee weke se briefies om vir jou hierdie vraag te antwoord. 

Eintlik is wat ek vir jou hier gaan skryf, glad nie nuut nie en ook nie baie volledig nie. Ek het eenvoudig nie hierdie jaar genoeg spasie om vir jou alles hieroor te vertel wat ek graag wou nie. Daarom het ek die volledig artikel hieroor vir jou elders geplaas waar jy dit volledig kan lees.

Blaai na my webblad toe, www.nuwewyn.co.za en kliek op BLOG en dan gaan lees jy die nuutste artikel daar. Dit is spesiaal vir jou en al jou familie en vriende wat jy wil "bless" met 'n wonderlike stuk waarheid en kennis hieroor.

Terwyl ek hieroor nagedink het, het ek skielik besef dat ek en my familie NOOIT “kersfees” gevier het nie! Wat ons eenmaal ? jaar herdenk het, was die geboorte as mens van Jesus, die Christus, wat ons leer ken en volg as Koning, Here, Verlosser en Doper met die Gees.

Teen hierdie tyd behoort almal van ons ten minste te weet dat Christus beslis nie op 25 Desember van enige vorige jaar gebore is nie.  

Om Jesus se koms te vier, en ook Sy geboorte, was van die begin af nie om daarmee te sê dat Jesus op 25 Des gebore is nie.  Dit was ook nie eers Konstantyn die Grootte se mening en bedoeling - wat destyds die Romeinse Keiser was wat dit ingestel het nie.

Ek ken al die verskriklike stories wat vertel word van Konstantyn en waarom hy dan sekere dinge sou gedoen en sekere dinge in die destydse Christelike kerk sou ingevoer het (wat ek en jy, so tussen ons gesê, maar met ‘n knippie sout moet neem!).

My eie opinie daaroor is die volgende:

Hier was ‘n Romeinse Keiser – van die grootste wêreldryk wat die wêreld nog ooit gehad het – wat eers ‘n totale heiden was, maar aan wie Christus persoonlik kom verskyn het en wat toe, absoluut merkwaardig, tot bekering gekom het!  In sy totale voortvarendheid – en as ‘n totaal onvolwasse geestelike baba - en met baie swak leiding van die sogenaamde kerkleiers vir wie hy gevra het, het hy probeer om met sy outoriteit en gesag en posisie, dit vir die massas so maklik “moontlik” te maak om ook hierdie God te leer ken wat hy leer ken het. 

Een van die maniere wat hy toe op besluit het, was om ‘n dag te kies in die jaar waar elke wêreldling as’t ware “gedwing” gaan word om kennis te neem van Jesus, die Christus, wat ‘n bietjie meer as 300 jaar gelede (in sy tyd) gebore is, en ook van alles wat oor Hom gesê is. 

Hy besluit toe om Jesus se koms na hierdie aarde, as die Seun van God wat mens geword het, te vier.  Toe besluit hy om ‘n dag te kies waarop almal klaar fees vier, en daardie dag was 25 Des waarop die koms van die Son gevier word, na die lang en koue winter wat verby is ( onthou hy was in Europa waar dit tot in Desember ysig winter is). 

Verder het hy in sy naïewe kinderlikheid geglo dat hierdie “heidense feesdag” met alles wat hy oor Jesus geweet en geglo het, geïntegreer kon word.
My eie standpunt oor die viering van die koms van Jesus die Christus na hierdie aarde is die volgende: ja, ons het in ons familie gekies om dit beslis te vier as een van ons baie kosbare en wonderlike familiefeeste!  Dit is ook een van ons familietradisies wat van geslag tot geslag oorgedra word, en wat op ‘n baie spesifieke manier by ons (en almal wat saam met ons is) gevier word.  Ons vier dit nie op 25 Des nie, maar eerder op 24 Des, die aand!

Jy sal ook daarom in my nuusbriefies met Woord sien dat ek elke jaar ‘n nuusbriefie met Woord in hierdie tyd uitstuur omdat ek met graagte die viering van miljoene der miljoene gelowiges van die koms van Jesus die Christus respekteer en hoog ag.

Verder is my hart immers om elke geleentheid te gebruik, wat ek het en in die hande kan kry, om Jesus Christus, Sy koms, die ware evangelie en die ware boodskap van die evangelie te verkondig so hard en so duidelik as wat ek kan! 
As die wêreld om my, om watter rede ookal, vir meer as ‘n maand byna, al die dekorasies in hulle winkels, in die tydskrifte, op straat, in die flieks, en waar hulle dit moontlik ookal kan doen, alles fokus op “kersfees” en dit wat dit verteenwoordig na hulle opinie, gebruik ek dit met graagte as ‘n baie hoë en duur platform (waarvoor hulle alles betaal) om vir die wêreld te vertel wat eintlik die waarheid oor Sy koms is.

Dit naamlik dat dit glad nie "kersfees" is wat ons op hierdie dag wil vier nie maar eerder dat net 'n tyd is waar ons aan 'n honger en dors wêreld met alles wat ons het wil uitskreeu: Jesus, die Christus, is gebore en Hy leef! Die onverstaanbare wonder het gebeur: Die enigste ware God het 'n mens geword ... Hy is as 'n baba gebore en het onder ons kom woon om God se gesig, Sy genade, Sy liefde, Sy verlossing, Sy mag, noem maar op ... vir ons te kom wys.

Soos Johannes ons vertel daar in Johannes 1:14 en 16: "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid... Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang."

Natuurlik het dit nie op 25 Desember van enige jaar gebeur nie. Uit die nuutste navorsing en berekeninge weet en glo ons vandag dat Hy op die 11de September 3 v.C. gebore is as 'n baba in Betlehem.

Volgende keer vertel ek vir jou - as my boodskap vir vanjaar se feesdag - 'n bietjie meer oor die detail hieroor.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Susanna Maria Magdalena

deur Lorelei

Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar