Artikels

Titel: Geluk
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op 'n stadium het ek die onbegonne taak op my skouers gelaai en het ek dit as my plig beskou en veranwoordelikheid gesien om te sorg dat almal om my gelukkig is, en dat ek moet bydra daartoe en 'n aandeel moet hê daarin. Ek wou almal altyd tevrede stel, nooit 'nee' sê vir 'n guns of wat bloot as 'n 'moet' bedoel is nie, (baie keer ten koste van myself) ek het altyd aan iets gedink om te sê of doen sodat ander gelukkig is.

Maar vandag na baie beledigings, teleurstellings, trane, mislukte pogings en ook verwyte, besef ek niemand kan iemand gelukkig maak nie. En dit wat iemand gelukkig maak, maak nie noodwendig iemand anders gelukkig nie. Vir elkeen is en beteken geluk iets anders, elkeen ervaar dit ook anders. Geluk is iets ('n gevoel wat 'n positiewe emosie tot gevolg het) wat elkeen vir homself skep, dis 'n keuse. Dis iets wat van binne jouself kom. Ek het ook al aan daardiè kant van geluk gestaan, gewens iemand wil iets sê of iets wil gebeur dat ek 'beter' voel. Maar dis vir niemand beskore om iemand anders gelukkig te maak nie, dit het daarom niks te doen met hulp, ondersteuning, belangstelling, begrip of bloot 'nice' wees nie. Al is en tree jy hoe op teenoor iemand, maar hy is nie ingestel om gelukkig te wees nie, sal al jou pogings niks help nie.

Ek besef nou hoe moeilik dit regtig is, om elke dag die keuse te maak, ten spyte van die misdaad, swak ekonomie, probleme en negatiwiteit om ons. Om gelukkig te wees, maak nie saak waar en tussen wie jy jou bevind, en wat jou situasie en omstandighede is nie. Dit is 'n wils besluit en ek glo ook nie een wat jy eenmalig kan neem nie. Van tyd tot tyd in jou lewe moet jy die keuse oor en oor maak. Net jyself is verantwoordelik vir jou eie geluk.

Ek het na jare die juk van my skouers afgegooi om verantwoordelik te wees vir ander se geluk, maar alhoewel die druk ligter is, is dit maar steeds 'n daaglikse stryd in myself om die regte keuse te maak. Maar ek weet net, jy kan niemand en niks kwalik neem en beskuldig as jy nie gelukkig is nie, dit kom uit jou hart en het niks met dit om jou te doen nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

geluk
Dankie Elsabe jy slaan die spyker op die kop het jou artikel regtig egtig erg geniet
10 jaar 4 maande 4 weke 21 ure oud


Jy som dit pragtig op. Om op ander te wag om jou gelukkig te maak is soos om 'n passasier in jou eie motor te wees. Jy is nie in beheer oor waar, wanneer en of die bestuurder langs die pad gaan stop om die natuurskoon te bewonder nie!
11 jaar 2 maande 1 week 22 ure oud


geluk
soos n seepborrel vasgevang in jou psige, jy kry geluk nie buite nie maar binne, diep binne jou, vrede vir jou, dis goed gedoen..m
11 jaar 2 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


Jou laaste sin vat alles mooi saam.

"Maar ek weet net, jy kan niemand en niks kwalik neem en beskuldig as jy nie gelukkig is nie, dit kom uit jou hart en het niks met dit om jou te doen nie."


11 jaar 2 maande 1 week 3 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar