Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Baie geluk aan die wenners van die twee kategorieë, Musiek & Liriek en Gedigte, wat vandag aangekondig is.

Julle sal sien dat die gedigte en lirieke nie op die blad verskyn nie, maar die rede daarvoor is dat meeste deelnemers nuwe werkstukke vir die kompetisie ingeskryf het, ook waarvan meeste nog nie op enige webblad gepubliseer was nie. Die finaliste se werke gaan nou verder geskaaf word en na afloop van die kursusse, sal die werke op die blad publiseer word.

Hiermee ook baie dankie aan almal wat deelgeneem het, maar nie hierdie slag onder die TOP TIEN was nie. Aanhouer wen.

Nou bly nog die Kortverhaal kategorie oor: Maandag is die groot dag.

Mooi dag aan almal.
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vic
Ek stem heelhartig met jou saam en hier is my motivering daarvoor. . .

Ek dink nie dat Woes net 'n tuiste moet wees waar skryfwerk - hetsy nou in watter genre ookal is - gepleeg moet word net terwille van skryf nie, maar dat ons as skrywers by mekaar kan leer, daaroor kan gesels in die sin van verbetering ens.

Nie dat die een moet dink hy of sy is beter as 'n ander nie, maar bloot om ons as skrywers saam te bind tot 'n eenheid van Woes-skrywers met doelstellings op die skrywersfront.

Iewers het ons nou al die feit van byvoorbeeld spelling aangeroer. My beskeie mening is dat ons as skrywers ons nie moet verlaat op een of ander speltoets program nie, maar eerder op 'n goeie woordeboek. . .

Trouens, ek glo dat geen skrywer die skryfwereld moet aandurf sonder 'n goeie woordeboek nie. En wat my betref is 'n skrywer en woordeboek sinoniem in die sin van dit doen meer vir jou as net om spelling na te slaan en te korregeer. Want jy kry dan sommer ook 'n op-die-punte-van-die-vingers houvas op die volle betekenis van daardie einste woord waarvan jy gou die spelling wil naslaan. Ens. ens.
7 jaar 11 maande 4 dae 16 ure oud


Vic
Ek dink jy het 'n baie goeie punt daar beet. Ek het 'n plan en kontak jou so spoedig moontlik. :)
7 jaar 11 maande 5 dae 8 ure oud


nog 'n stuiwer...
Na aanleiding van verskillende reaksies [en algemene neerslagtigheid] op die aankondiging van die wenners wonder ek of ons WOESTERS nie te maklik die heuningkwas gebruik in ons kommentare nie.

Ek kan kwalik onthou dat ek al kommentaar gesien het waar foutiewe spelling uitgewys is, of waar wenke ter verbetering van 'n gedig voorgestel word [bv as 'n 2de weergawe].

Ons ingesteldheid behoort só te wees dat ons graag sou wou hoor van positiewe kritiek en nie slegs komplimente nie. Dit kan ons dalk help op die pad na verbetering van ons gehalte.
7 jaar 11 maande 5 dae 17 ure oud


Maduvis
Ek haal persoonlik my hoed vir jou af! Dit neem 'n dapper digter om dit vanself te doen na al hierdie bohaai. Baie dankie en sterkte verderaan. Carol
7 jaar 11 maande 6 dae 4 ure oud


Dankie Vic
Die "Onderhoude" volg ook so spoedig moontlik.
7 jaar 11 maande 6 dae 5 ure oud


My stuiwer
Ek stem saam met Rudi en KB wat die onderstaande betref:

"ek stem dat ons ook die ongeskaafde werke onder oe moet kry.dan kan mens dit vergelyk met die geskaafde werke,en ook sien hoe is n gedig eerstens beoordeel.....
En dit is okay as die ongeskaafde werke en die geskaafde werke gelyk geplaas word."

Ek moet ook by sê dat dit mos van die begin af logies was dat daar net 10 gedigte as wenners kan wees en nie 10 skrywers nie. Ek's net bly dat dit darem 7 skrywers is en nie [1 of 2?] aansienlik minder nie. Geluk aan die wenners -- ons hoop ons sien meer van hulle gedigte, aangesien ons tot nou toe nog niks van meeste van hulle gesien het nie -- seker maar net vir die kompetiese aangesluit...

...en sterkte aan jou Carol!
7 jaar 11 maande 6 dae 6 ure oud


Bedaar ...
Beste Werner, jy en ek e-pos nou al van vanoggend af en lyk my ons loop in sirkels en jy word net al hoe kwater. Dus vra ek jou mooi, gaan lees nou asb "Vreemde" Finaliste. Al die inligting wat ek reeds aan jou oorgedra het, is ook daar te lees. Baie dankie. :)
7 jaar 11 maande 6 dae 6 ure oud


Déjà vu
My liefste Koggelmandertjies (veral diegene wie al bietjie lank innie Woes-tand is): hoekom voel hierdie vrae soos déjà vu vir my?
7 jaar 11 maande 6 dae 10 ure oud


Goeie voorstel!
Ek gaan die saak opneem dat die 'ongeskaafde werke' geplaas moet word, sowel as profielblaaie van en onderhoude met al die finaliste. Sodoende sal mens meer van hulle weet en ook die verskil kan sien van die "ongeskaafde" vs die "gepoleerde" werk. Reg so?
7 jaar 11 maande 6 dae 11 ure oud


Nou
kom ween ek maar hier ook, al het ek reeds daar by Werner en Vonnie se skrywes 'n paar trane gedrop! Ek hoor van 'lede' wat nog nie 'n profielblad het nie, maar hoe moet mens hul dan leer ken en deel van die 'familie' maak as dit so is? Hoekom wil hul eerder skim'lede' wees en nie familie nie?! Ons is regtig nie 'n 'bad' klomp nie, al trek ons so af en toe mekaar se hare. Dit voel nogsteeds vir my die lojale skrywers moes genoeg gerespekteer word, deurdat die reëls hul meer voordeel gee! Of soiets! Ek wou my Woes-familie sien en nie Aliens nie.
Daai Aliens, as jul hier lees; ek belowe dat ek niks teen jul as mense of jul talente het nie, dis net dat ek die bekendes graag wou sien uitblink. Hul blink in elk geval uit hier, maar hul moes bietjie formele erkenning kry ook. Dalk moet jul nou uit die kas klim, dat ons jul kan leer ken
Weereens baie geluk aan Spyker, Sanger en Maduvis!!!!!!!
7 jaar 11 maande 6 dae 12 ure oud


Mooiweer
Die kompetisiereels het vereis dat 'n persoon 'n geregistreerde Woes-lid moet wees. Elke deelnemer is 'n Woes-lid. Sonder jou Woes-registrasie kon jy nie by die kompetisieskakel verbykom nie. Diegene wie se profiele nie vertoon nie, het nog nooit 'n profielblad opgestel nie. Hulle is dus lede, maar wys nie op die blad nie.
7 jaar 11 maande 6 dae 12 ure oud


die weervoorspelling
ter ondersteuning van Werner en om fair teenoor elke deelnemer te wees(ook die wat nie in die finaliste is nie):
ek stem dat ons ook die ongeskaafde werke onder oe moet kry.dan kan mens dit vergelyk met die geskaafde werke,en ook sien hoe is n gedig eerstens beoordeel.....
En dit is okay as die ongeskaafde werke en die geskaafde werke gelyk geplaas word.
7 jaar 11 maande 6 dae 13 ure oud


die weervoorspelling
maar 1 vragie(wat die ander ook reeds gevra het)?
Was/is dit nie n vereiste vir die kompetisie dat jy n woeslid/bydraende woes-lid moet wees nie?
of was/is die kompetsie oop vir almal,publiek ingesluit(en nie net vir aktiewe woesters nie?
7 jaar 11 maande 6 dae 13 ure oud


Seg ek
Het geregistreer om Rubrieke en Artikels in te skryf en toe gebeur dit nie die jaar nie ?? Later? Later is verby, die jaar is amper half pad. Ek het ook gn van Die gedigte werke gesien nie, For why come en die skrywers is vir my onbekend al lees ek daagiks getrou elke woord...
7 jaar 11 maande 6 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar