Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gemmer is so bekende spesery, maar ongelukkig word die gebruike van gemmer word soms tot ons voedseldisse beperk. Die immer gewilde gemmer, aromatiese wortel word dus ook `ʼn ontdekkings kas vol gesondheids- voordele, is nie net beperk tot swangerskap en kinderbaringsjare nie. Onlangse navorsing het bewys dat die gemmerkoekies in die oggend vir oggend of swangerskap naarheid toe nie mite was nie. Gemmer help nie net met die verligting van menstruele krampe nie, maar is ook effektief in die stryd teen kolonkanker en lewerkanker. Inderdaad `ʼn ou worteltjie wat duidelik sy gewig in tonne werd is.

Die spesery gemmer kom van die ondergrondse risoom van die gemmerplant botanies die Zingiber Officinale. Die eetbare risoom is gewoonlik geel of wit in kleur, en word bedek deur dun bruin skil, nadat hy geskil is, kan die ferm tekstuur gerasper, of fyngemaal word. Dit mag rou op slaaie, groente disse en boontjies gebruik word.

Dit gee fassinerende, pikante smaak ervaring aan die kos en sommige mense beskryf dit as warm . Gemmer is `ʼn gunsteling in Asiatiese kookkuns vir etlike eeue. Daar word ook na gemmer verwys in antieke Chinese, Indiese en Middel Oosterse skryfwerk. Deur die eeue is gemmer geprys vir sy kook en medisinale gebruike. Word ook tradisioneel gebruik deur die Chinese en Meksikane, wat dit in hul seekos- geregte as detoksifikasie agente gebruik, om voedselvergiftiging deur seekos te voorkom. Die drink van gemmer tee word gereeld deur Chinese geneeshere voorgestel as manier om vitaliteit te behou.

Gemmer en swangerskap, naarheid en braking

Sewe en sestig vroue wat van naarheid en braking gekla het, het hulself beskikbaar gestel vir `ʼn studie wat beskryf is in die Journal of Alternative and Complementary Medicine van 15 Maart 2009. Die vroue is toe verdeel in `n eksperimentele groep en `ʼn kontrolegroep. Die eksperimentele groep het 250mg gemmer kapsules ontvang 4 keer dag vir 4 dae en die kontrole groep het plasebo’s ontvang. Effek van die behandeling is geevalueer twee maal per dag, deur middel van voor en na behandeling vraelyste, die gemmerverbruikers het verbetering getoon, wat relatief hoog was teenoor die placebo verbruikers naamlik 85% versus 56 %. Die afname in brakingstye was ook relatief hoog naamlik 50 % versus 9%

Baie sal weer redeneer of dit werklik goeie studie is, en is daar werklik soveel verbetering maar vroue wêreld wyd sal saamstem, enige bietjie hulp wat nie newe effekte het, en relatief goedkoop is, is beter as niks

Gemmer help vir menstruele pyn net so effektief soos medikasie

`ʼn Studie is gedoen om die effekte van gemmer, ibuprofeen en mefenaamsuur vergelyk. Hierdie studie is oor 6 maande gedoen, en die deelnemers was almal studente 18 jaar en ouer, opgedeel in drie groepe. Die gemmergroep het 250mg gemmerpoeier kapsules, vier maal dag vir drie dae vanaf die begin van menstruasie geneem. Die ander 2 groepe het onderskeidelik 250mg mefenaam suur en 500 mg ibuprofen op dieselfde protokol gekry . Evaluasie van die ervaring van pyn is op verbale, multidimensionele puntestelsel gedoen om die graad van die pyn vas te stel,

Graad van pyn, pyn verligting en tevredenheid met die behandeling was onder andere vergelyk tussen die groepe na een menstruasiesiklus. Die resultaat in al drie groepe was, dat die graad van pyn, pynverligting en tevredenheid met hul produk beter was, en geen verskille was gevind. Geen erge newe –effekte het voorgekom. Die navorsers se gevolgtrekking was dat die gemmer net so effektief as mefenaamsuur en ibuprofen is om menstruele pyn te verlig. Die studie is gepubliseer in the Journal of Alternative and Complementary Medicine.van 13 februarie.2009


Gemmer bied ook kanker beskerming

Gingerol, die hoofkomponent van gemmer, is verantwoordelik vir gemmer se unieke smaak. Dit word geglo dat dit die rede is hoekom die eet van gemmer, beskerming oordra teen kolon kanker. Die Burns School of Medicine at the University of Hawai, het aantal navorsers die bio-aktiwiteit van 6 gingerol en gemmer ekstrakte, in 2 sleutelaspekte van kolon kanker nagevors. Hul kyk na die kanker biologie, en kankersel proliferasie, sowel as die vermoë en handhawing van eie bloedvoorsiening. Interessant hul het bevind dat hierdie selektiewe bio-aktiewe samestelling van gemmer `ʼn direkte invloed het op in kanker voorkoming. Die effek op die selproliferasie, en indirekte effek op die endoteel sel funksie, is fenomenaal. Die navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat 6-gingerol 2 tipe anti-tumor effekte het.Dit het invloed op kolonkanker sel groei waardeur te onderdruk en inhibeer dan die bloedstoevoer voorsiening van die tumor te inhibeer.Die studie was gepubliseer in inhibits. Physiotherapy Resources, December 31, 2008
.
Daar is ook bevind dat gingerol ovaria of eierstok kanker kan beveg, deur middel van indusering van `ʼn geprogrammeerde sel dood en selfvertering daarvan. In nog `ʼn studie gepubliseer The World’s Healthiest Foods is gemeld dat gemmer ekstrak wat 5% gingerol bevat verskeie ovaria kankerselle beïnvloed. Wanneer gemmer betrokke is, word die hoof oorsake vir inflammasie onderdruk in die ovariale kankerselle dit is groot pluspunt want gemmer mag dan van groot nut wees vir die persoon met kanker. Indien mens kanker probeer vermy, is gemmer altyd `ʼn goeie idee. In die Desember, 2008 uitgawe van Clinics was die gevolgtrekking dat gemmer wel goeie anti-inflammatoriese en `n anti-karsinogeniese agent mag wees

Gemmer help ook met reissiektes

Navorsers het bevind dat gemmer meer effektief is as Dramamine om duiseligheid, naarheid, braking en koue sweet, deur hierdie insidente te voorkom of te verminder.

Gemmer verlig tot arteritis

Verskeie mense met osteo-artritis en rumatoïede artritis het `ʼn vermindering in pyn vlakke, en verbetering van mobiliteit getoon, indien hul gemmer gereeld gebruik. Twee kliniese studies, het bewys dat 75% van artritis pasiënte, en 100% pasiënte met spier ongemak, minder pyn ervaar as hul gereeld gemmer gebruik.

Gebruik die varste gemmer wat jy kan vind.

Dis altyd beter om vars gemmer as die gedroogde soort te gebruik. Nie net is die geur beter nie, maar dit bevat ook hoeer vlakke van gingerol en ander samestellings wat inflammasie onderdruk. Ongeskilde gemmer kan vir tot drie weke in die yskas geberg word. Gemmer is ook hoog in kalium wat weer nodig is vir hartfunksie, mangaan, `ʼn mineraal wat weer help om weerstand teen siekte op bou. Dit help ook om die hartvoering te beskerm. Verder bevat die goeie gemmer vitamine A, C, E en die B kompleks sowel as magnesium, fosfor, sodium, yster, kalsium en beta karoteen.

Gemmer gee vervelige disse `ʼn hupstoot

Meng rys disse met beitjie gerasperde gemmer. Gebruik dit in slaaie met olyfolie en knoffel. Sprinkel bietjie gemmer op patats en groente. Gebruik dit ook vars groente en vrugte, in hoenderdisse en vis. Een derde van teelepel vars gerasperde gemmer by jou voedsel of drankies elke dag het vele voordele.

Wie sou kon droom dat gemmer goeie ou gemmer se lof so sou besing word in die teenswoordige eeu van vandag. Dat dit nou sou gebruik word in swangerskaps naarheid, kanker, artritis, hart probleme en vir al die vitamiene en minerale vir optimale gesondheid. Mense staan nie verniet deesdae tou waar vars gemmer te koop is nie, hul weet iets wat baie ander nie weet nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie Hetti
Ek het jou artikel baie interessant gevind, baie dankie vir die inligting. My man het Crohn's se siekte en ek gaan beslis sy gemmerinname verhoog en kyk of dit nie verligting bring nie.
6 jaar 1 maand 5 dae 2 ure oud


Geen seesiek
Oor die algemeen eet ek nie gemmer nie, self tamatiesous is te skerp vir my smaak.

Maar ek het gehoor van die hulp wat gemmer kan bied teen bewegingsiekte, wat my oortuig het om 'n pakkie droeë gemmer saam te neem op 'n seiljagvaart.

Na 'n paar uur van 'n redelike onstuimige see en 'n paar medevaarders wat siek geraak het, het ek ook sterk olik begin voel. Toe ek voel dat en NOU 'n geweer soek, want 'n kat gaan sekerlik my pad kruis, spring ek af in die kajuit, skeur sommer die pakkie oop, meng so 'n teelepel gemmer met 'n half glas water en sluk en spring weer terug om op die bo-dek te kom.

Na 'n paar minute het ek heelwat beter gevoel en na 'n halfuur kon ek die geweer bêre, want daar was blykbaar geen kat aan boord wat my wou kom opsoek nie.

As ek sien waarvoor dit alles goed is, sal ek maar meer gereeld vir my rooibos-gemmer maak.

Dankie
6 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud


Voorwaar interessant!
7 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 11 ure oud


Dankie vir jou besoek!
Hierdie werk van jou is baie goed nagevors en lekker om te lees. Ek is al verby die fase van swangerskappe, maar was bly om te hoor van die 'wonder van gemmer'! Dis werklik 'n artikel om weer en weer te lees sodat 'n mens dit alles kan verteer, vir eie beswil. Dankie vir die 'opvoeding van die nasie'. Beslis 'n gunsteling-artikel!
7 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 5 ure oud


Nou is ek sommer geweldig lus vir gemmerkoekies. Dankie vir jou puik,goed nagevorsde artikels. Ek geniet dit keer op keer.
7 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 8 ure oud


Gemmer
Baie, baie dankie, Hettie! Dit was voorwaar insiggewend. Ek gaan verseker vars gemmer koop en dit saam met my rooibostee drink! Dit klink na net die ding vir bewegingsprobleme. Sukkel erg na rugoperasie - meer as 'n jaar gelede al.
Baie dankie,
7 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 9 ure oud


Ek stem saam, gemmer in rooibostee is lekker en nou lees ek dis geond ook.
7 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud


Gemmer
Ek gooi gemmer in rooibostee en ja dit werk vir duisligheid en naarheid.
koekoe
7 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud


Gemmer
Ek kan getuig daarvan dat gemmer my al mere male verligting gegee het van bewegingsiekte. Die beste om te gebruik is die verglansde gemmerstukke.
Baie hartlik dankie vir 'n pragtige artikel. Dit is deeglik gedoen.

Liefies,
PM
7 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 12 ure oud


...en die hele tyd deur die artikel kry ek lus vir gemmerbier met rosyne in en gemmer koekies. Lekker gelees dankie!

Lekker aand.

Aap.
7 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 20 ure oud


Altyd lekker om jou artikels te lees. Doen so voort.
7 jaar 6 maande 2 weke 4 dae oud


Ja wie sou kon raai, die gawe ou gemmerplant, ek sal dit moet probeer! Hierdie inligting is van onskatbare waarde vir my.!
7 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar