Titel: Genadedood – Eties aanvaarbaar of nie?
Weergawe:
Aantal woorde: 854
Kere gelees: 2874
Datum gepubliseer: 28 Sep 2007
Na die gedig van Braaivleis Lyf* het ek al hoe meer begin wonder…
Eutanasie beteken om goed te sterwe – en in die moderne konteks dui dit op die doodsbespoediging van iemand wat verby die moontlikheid van herstel is en vir wie voortgaande lewe uiters moeilike tyd in hou. Daarom word dit ook soms genadedood genoem.
Jacques Thiroux verduidelik dit in die volgende manier:
1) Om iemand te laat sterf: Beteken om nie geneesende behandeling te begin nie, as geen genesing moontlik is nie, en ook om genesing te stop as dit nie meer moontlik is om ‘n persoon te genees nie. Dit beteken om ‘n persoon te laat om natuurlik te sterf, sonder enige inmenging van die weterskal en die tegologie nie.
2) Genadedood: Die gebruik van direkte aksies om ‘n pasient se lewe te beeindig omdat die pasient dit vrywillig aangevra – bygestaande selfmoord.
3) Genade-doodmaak: Die gebruik van direkte askies om ‘n pasient se lee te beeindig sonder sy/haar toestemming.
Die South African Law Commission’s Report on Euthanasia and the Aritficial Preservation of Life, Ausgust 1999 wys onder andere daarop dat daar wel sommige mediese gevalle tans bestaan waar ‘n mediese beampte ‘n genade dood mag laat plaas vind. Dit is gewoonlik daar waar die pasiënt sy breinstamfunksies verloor het, of normale sirkulatoriese en respiratoriese vermoëns nie meer bestaan nie of waar iemand kunsmatig aan die lewe gehou word.
Eks 20:13; Deu 5:17 sê: “Jy mag nie moord pleeg nie.” Die sesde gebod het verreikende praktiese implikasies en dit maak van die heel moeilikste etiese kwessies.
Die basiese argument vir eutanasie lê in die aanname dat of die individu self, of ‘n panel van kenners die reg het om te besluit wanneer dit wenslik is. Baie wat nie die legitimiteit van die laasgenoemde soort eutanasie erken nie, vind egter nie fout met die eersgenoemde soort nie.
Dit bly egter staan dat beide benadering in stryd is met die Sesde Gebod. Ongeag hoe simpatiek mens ookal na die motivering daarvoor wil kyk bly eutanasie ‘n betreding van grond wat net aan Gord behoort – naamlik die beëndiging van lewe hier op aarde. (Preek No A-44 Eks 20:13; Deu 5:17 Die Sesde Gebod – Nico van der Walt)
In Nederland bestaan daar lank reeds ‘n verdraagsaamheid ten opsigte van genadedood. In 1996 het ‘n stesel in die mediese beroep tot stand gekom wat dit op ‘n manier gereël het. Sedert 1996 is 2565 gevale van gendadedood geraporteer, maar die vermoede is dat die werklike syfer veel hoër is, aangesien dokters wat genadedood toepas, steeds nie terme van wetgewing vervolg kon word.
Die enigste ander plek in die wêreld waar gendadedood wittig is, is die Amerikaanse staat Oregon (Genadedood in Nederland Gewettig – Kerklike Joernaal, Jaargang 5 No 3, Mei 2001)
Die grondwet van Suid-Afrika waarborg die reg op lewe, maar dis nie ‘n absolute waarborg nie. Jy kry aan die een kant mense wat wil lewe maar nie toegelaat word nie, en aan die ander kant mense wat nie wil lewe nie, maar ook dit nie toegelaat word nie. Nie één het ‘n keuse nie.
Prof. Willem Landman van Etiek Suid-Afrika verduidelik dat ons hier praat van net ‘n klein groepie mense wat nie in hospiese gehelp kan word nie. In die staat Oregon in die VSA is doktergeassisteerde selfmoord wettig, maar die meeste kandidate gebruik dit nie. Hule gaan deur die proses van aansoek doen, maar die meerderheid gaan uiteindelik nie al die pad nie, gerus gestel deur die blote wete dat die fasiliteit daar is. (Genadedood, 8 Junie 2004 – Spits Argief Materiaal)
Argumente teen genade dood:
1) Dit is irrasioneel (Kan ‘n pasiënt wat in ergerlike pyn is ooit rasioneel wees?)
2) Genadedood meng in met God se pla, en nou moet iemand anders die doodmaak doen.
3) Die Domino Argumnet – dit sal lei tot die aanvaarding van genadelik-doodmaak.
4) Die gevoel van skuld wat die persoon wat die doodmaak moet doen, en wat die familie ervaar is nie toelaatbaar nie.
5) ‘n Gensesing mag gevind word.
6) Die tehuis alternatief bestaan.
Argumente vir Genadedood:
1) Pasiënte moet die vryheid hê om te besluit oor hulle eie sterftes.
2) Ons doen dieselfde vir diere – hoekom nie vir mense nie?
(Om iemand te laat sterf, genadedood en genaderlik-doodmaak – Jacques Thriroux)
Charl Cornelissen het die volgende gesê: “Wat is die nut van ‘n lewe waar die persoon gereduseer is tot bewusteloosheid, spiervervalling en gebrek aan enige ander funksie wat hom/haar as normal laat kwalifiseer? Hoekom mag ek nie self besluit om (letterlik) te groet indien ek weet die dood is onafwenbaar, en my lewe is een groot pyn? En hoekom mag ek nie daaroor besluit terwyl ek helder kan dink nie? Hoekom mag die onafwenbare dood nie verhaas word op ‘n doelbewuste manier nie?”
Hoe ookal mense se opinies sy oor genadedood, dis ‘n moeilike onderwerp wat ons moreel toets. Ek kan eerlik nog nie besluit waar ek staan oor die onderwerp van genadedood nie en dit gaan waarskynlik nog ‘n hele tydjie met die gedagte in my gemoed rond dwaal.
Ons het almal ‘n vrye wil gekry. Beteken dit dat ons mag besluit oor lewe en dood? Ek weet nie…en bly ek in twee geskeur oor die onbeantwoorde vraag.
Lees ander artikels deur Chenél Pieterse-Boyle
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

