Artikels

Titel: Genadedood – Eties aanvaarbaar of nie?

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Na die gedig van Braaivleis Lyf* het ek al hoe meer begin wonder…

Eutanasie beteken om goed te sterwe – en in die moderne konteks dui dit op die doodsbespoediging van iemand wat verby die moontlikheid van herstel is en vir wie voortgaande lewe uiters moeilike tyd in hou. Daarom word dit ook soms genadedood genoem.

Jacques Thiroux verduidelik dit in die volgende manier:

1) Om iemand te laat sterf: Beteken om nie geneesende behandeling te begin nie, as geen genesing moontlik is nie, en ook om genesing te stop as dit nie meer moontlik is om ‘n persoon te genees nie. Dit beteken om ‘n persoon te laat om natuurlik te sterf, sonder enige inmenging van die weterskal en die tegologie nie.
2) Genadedood: Die gebruik van direkte aksies om ‘n pasient se lewe te beeindig omdat die pasient dit vrywillig aangevra – bygestaande selfmoord.
3) Genade-doodmaak: Die gebruik van direkte askies om ‘n pasient se lee te beeindig sonder sy/haar toestemming.

Die South African Law Commission’s Report on Euthanasia and the Aritficial Preservation of Life, Ausgust 1999 wys onder andere daarop dat daar wel sommige mediese gevalle tans bestaan waar ‘n mediese beampte ‘n genade dood mag laat plaas vind. Dit is gewoonlik daar waar die pasiënt sy breinstamfunksies verloor het, of normale sirkulatoriese en respiratoriese vermoëns nie meer bestaan nie of waar iemand kunsmatig aan die lewe gehou word.

Eks 20:13; Deu 5:17 sê: “Jy mag nie moord pleeg nie.” Die sesde gebod het verreikende praktiese implikasies en dit maak van die heel moeilikste etiese kwessies.

Die basiese argument vir eutanasie lê in die aanname dat of die individu self, of ‘n panel van kenners die reg het om te besluit wanneer dit wenslik is. Baie wat nie die legitimiteit van die laasgenoemde soort eutanasie erken nie, vind egter nie fout met die eersgenoemde soort nie.

Dit bly egter staan dat beide benadering in stryd is met die Sesde Gebod. Ongeag hoe simpatiek mens ookal na die motivering daarvoor wil kyk bly eutanasie ‘n betreding van grond wat net aan Gord behoort – naamlik die beëndiging van lewe hier op aarde. (Preek No A-44 Eks 20:13; Deu 5:17 Die Sesde Gebod – Nico van der Walt)

In Nederland bestaan daar lank reeds ‘n verdraagsaamheid ten opsigte van genadedood. In 1996 het ‘n stesel in die mediese beroep tot stand gekom wat dit op ‘n manier gereël het. Sedert 1996 is 2565 gevale van gendadedood geraporteer, maar die vermoede is dat die werklike syfer veel hoër is, aangesien dokters wat genadedood toepas, steeds nie terme van wetgewing vervolg kon word.

Die enigste ander plek in die wêreld waar gendadedood wittig is, is die Amerikaanse staat Oregon (Genadedood in Nederland Gewettig – Kerklike Joernaal, Jaargang 5 No 3, Mei 2001)

Die grondwet van Suid-Afrika waarborg die reg op lewe, maar dis nie ‘n absolute waarborg nie. Jy kry aan die een kant mense wat wil lewe maar nie toegelaat word nie, en aan die ander kant mense wat nie wil lewe nie, maar ook dit nie toegelaat word nie. Nie één het ‘n keuse nie.

Prof. Willem Landman van Etiek Suid-Afrika verduidelik dat ons hier praat van net ‘n klein groepie mense wat nie in hospiese gehelp kan word nie. In die staat Oregon in die VSA is doktergeassisteerde selfmoord wettig, maar die meeste kandidate gebruik dit nie. Hule gaan deur die proses van aansoek doen, maar die meerderheid gaan uiteindelik nie al die pad nie, gerus gestel deur die blote wete dat die fasiliteit daar is. (Genadedood, 8 Junie 2004 – Spits Argief Materiaal)

Argumente teen genade dood:

1) Dit is irrasioneel (Kan ‘n pasiënt wat in ergerlike pyn is ooit rasioneel wees?)
2) Genadedood meng in met God se pla, en nou moet iemand anders die doodmaak doen.
3) Die Domino Argumnet – dit sal lei tot die aanvaarding van genadelik-doodmaak.
4) Die gevoel van skuld wat die persoon wat die doodmaak moet doen, en wat die familie ervaar is nie toelaatbaar nie.
5) ‘n Gensesing mag gevind word.
6) Die tehuis alternatief bestaan.

Argumente vir Genadedood:

1) Pasiënte moet die vryheid hê om te besluit oor hulle eie sterftes.
2) Ons doen dieselfde vir diere – hoekom nie vir mense nie?
(Om iemand te laat sterf, genadedood en genaderlik-doodmaak – Jacques Thriroux)

Charl Cornelissen het die volgende gesê: “Wat is die nut van ‘n lewe waar die persoon gereduseer is tot bewusteloosheid, spiervervalling en gebrek aan enige ander funksie wat hom/haar as normal laat kwalifiseer? Hoekom mag ek nie self besluit om (letterlik) te groet indien ek weet die dood is onafwenbaar, en my lewe is een groot pyn? En hoekom mag ek nie daaroor besluit terwyl ek helder kan dink nie? Hoekom mag die onafwenbare dood nie verhaas word op ‘n doelbewuste manier nie?”

Hoe ookal mense se opinies sy oor genadedood, dis ‘n moeilike onderwerp wat ons moreel toets. Ek kan eerlik nog nie besluit waar ek staan oor die onderwerp van genadedood nie en dit gaan waarskynlik nog ‘n hele tydjie met die gedagte in my gemoed rond dwaal.

Ons het almal ‘n vrye wil gekry. Beteken dit dat ons mag besluit oor lewe en dood? Ek weet nie…en bly ek in twee geskeur oor die onbeantwoorde vraag.



Kommentaar

Mostert na die Maal
Lees my artikel 'To Die or not to Die'.
2 maande 2 weke 1 dag 6 ure 54 minute oud


eutenasie: slegs my opinie
eutenasie: slegs my opinie

. . . . die meeste van die kommentare blyk te wees, van skrywers wat wel in 'n mate glo in die BYBEL.

Wat sê die Bybel oor lewe en dood?

LEWE

[Deuteronómium 6:2] dat jy YHVH ELOHIM [H3068 H430] kan vrees om al sy insettinge en sy gebooie wat ek jou beveel, te hou—jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word.

[Deuteronómium 8:1] Al die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat YHVH [H3068] aan julle vaders met ‘n eed beloof het.

[Deuteronómium 30:16] Wat ek jou vandag beveel, is om YHVH ELOHIM lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en YHVH ELOHIM jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

[1 Konings 11:34] Ek sal ewenwel die koningskap as geheel nie uit sy hand neem nie, maar Ek sal hom as vors aanstel al die dae van sy lewe ter wille van my kneg Dawid wat Ek verkies het, wat my gebooie en my insettinge gehou het.

[Nehemía 9:29] En U het hulle gewaarsku om hulle na u wet terug te bring, maar hulle het vermetel gehandel en nie geluister na u gebooie nie, en teen u verordeninge, daarteen het hulle gesondig, waarvan geld dat ‘n mens dit moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en hulle het ‘n wederstrewige skouer gegee en hulle nek verhard en nie geluister nie.

[Spreuke 4:4] het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.

[Spreuke 7:2] onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel;

[Matthéüs 19:17] En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik YHVH ELOHIM. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.

[Openbaring 22:14] Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

DOOD STERF STERWE


“And the house of Yisra’el have said, ‘The way of יהוה is not right.’ Are My ways not right, O house of Yisra’el? Is it not your ways that are not right? “Therefore I judge you, O house of Yisra’el, every one according to his ways,” declares the Master יהוה. “Repent, and turn back from all your transgressions, and let not crookedness be a stumbling-block to you. “Cast away from you all the transgressions, by which you have transgressed, and make for yourselves a new heart and a new spirit. For why should you die, O house of Yisra’el? “For I have no pleasure in the death of one who dies,” declares the Master יהוה. “So turn back and live!”
[Ezekiel 18:29-32 The Scriptures 1998+]

Tog sê die huis van Yisrael: Die weg van יהוה is nie reg nie. Is my weë nie reg nie, o huis van Yisrael? Is júlle weë nie onreg nie? Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Yisrael, elkeen volgens sy weë, spreek die Meester יהוה. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie ‘n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie. Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Yisrael? Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Meester יהוה. Bekeer julle dan en lewe. [Eségiël 18:29-32](korreksies voorsien)

GEVOLGTREKKING

Mense kies om nie die waarheid te glo nie, al dink hulle dat hulle glo.

Lewe en dood is 'n REGSAAK.

Onderhou my Gebooie en jy sal lank leef en die dood sal in vreugde wees en in dankbaarheid oor 'n verlengde lewe, maar as ons kies om nie die Gebooie te doen nie, het ons klaar die uitgerekte doodsleiding gekies, want ons het gekies om ongehoorsaam te wees.

[Matthéüs 7:8 AOV] Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

[Lukas 11:10 AOV] Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

Waar moet ons bid?
Wanneer moet ons bid?
In wie se Naam moet ons bid?
Hoe moet ons bid?

[Johannes 16:24 AOV] Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

Die wêreld aanbid in die verkeerde naam. [Openbaring 13]

[Jakobus 4:3 AOV] Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.

[1 Johannes 3:22 AOV] en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

Baie duidelik is gebed gekoppel aan reg en of verkeerd.

[Matthéüs 8:8] En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Meester, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word.

[Matthéüs 9:21] Want sy het by haarself gesê: As ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word.

[Matthéüs 15:31] sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien; en hulle het die Elohim van Yisrael verheerlik.

[Markus 5:28] want sy het gesê: As ek maar sy klere kan aanraak, sal ek gesond word.

[Markus 16:18] slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

[Lukas 7:7] Daarom het ek my ook nie waardig geag om na U te gaan nie; sê dit maar met ‘n woord, en my kneg sal gesond word.

[Johannes 5:6] Toe Y'shua hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al ‘n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?

[Johannes 11:12] Sy dissipels sê toe: Meester, as hy slaap, sal hy gesond word.

Solank ons in die verkeerde naam bid, op die verkeerde dag aanbid, op die verkeerde plek bid, word ons gebede onderskep deur die valse profeet in wie se naam ons verkeerd bid en sal en kan die hemel niks vir ons doen nie. [Johannes 5:43cf.]

Sodra ons reg doen, sal hy of sy gesond word en hy of sy genade dood van die hemel kry. DIT IS NIE ONS REG OF VOORREG NIE!

1Ti 5:22 Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.

Is any of you suffering evil? Let him pray. Is anyone in good spirits? Let him sing psalms. Is anyone among you sick? Let him call for the elders of the assembly, and let them pray over him, having anointed him with oil in the Name of the Master. And the prayer of the belief shall save the sick, and the Master shall raise him up. And if he has committed sins, he shall be forgiven. Confess your trespasses to one another, and pray for one another, so that you are healed. The earnest prayer of a righteous one accomplishes much. [James 5:13-16 The Scriptures 1998+]

Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing. Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Meester met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Meester sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
[Jakobus 5:13-16]

MY OPINIE

Ek het nog nooit in my hele lewe gehoor van siekes en of hulle gesinslede wat die regte voorskrifte navolg nie.

Almal wil presies die geneesheer se voorskrifte navolg en as dit nie werk nie wil hulle die hemel SMS om dadelik wonderwerke te doen. Dit kan nie so werk nie en ons het geen reg om die reg in eie hande te neem nie.

Solank ons in hierdie land ABORSIE toelaat, sal die Hemel nie een gesondmaak nie; die volk het kollektief die opposisie gekies deur die merk van die dier te ontvang, hetsy as baba met die doop of met deelname aan demokrasie. [Op 14]

Hierdie land en volk het kollektief besluit om nie die Wet van YHVH te gehoorsaam nie en hulle draai hulle oor weg van die Gebooie, dus sal hulle gebede ook nie verhoor word nie:

Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat YHVH soek, verstaan alles. Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is. Wie die wet bewaar, is ‘n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande. Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm. Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ‘n gruwel. [Spreuke 28:5-9]

GEBED IS 'N GRUWEL

Ons volk luister nie na die wet nie, selfs hulle gebed is 'n gruwel.

KERK IS 'N GRUWEL

[Openbaring 17:4] En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery; en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.

ONREIN KOS EET IS 'N GRUWEL

[Openbaring 21:8] Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en idooldienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood. [27] En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.

Mense wat kies om nie te glo nie, mag maar eutenasie toepas, wat is die verskil? Niks nie! Hulle maak dan babas dood met aborsie? . . . hulle kies dan die verkeerde plek en verkeerde naam en verkeerde dag!

Geen mens wat glo in YHVH, sal ooit 'n lang uitgerekte lydende dood sterf nie. Sy lewe sal lank en geseënd wees en op die volheid van die lewe, sal hy of sy ontslaap in die soet wete, dat die volgende oomblik (op die Laaste Dag) sal hy of sy opgewek word:

[Johannes 6:39] En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.

[Johannes 6:40] En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

[Johannes 6:44] Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

[Johannes 6:54] Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

[Johannes 7:37] En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Y'shua gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!

[Johannes 11:24] Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag.

[Johannes 12:48] Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.

MY EIE MOEDER

Ons moeder was 'n ware gelowige en baie geseënd. Op 80 het sy nog mense se rekenkundige boekhou gedoen en balansstate opgestel. Op 90 het sy siekerig geword en die dokters het aangedring om haar te hospitaliseer. Dit is in die hospitaal in Bethlehem in die Vrystaat. Dit was net swartes waar jy kyk. . . . en vuil? Haar bed was nie met skoon linne oorgetrek nie en my suster se dogter het haar eie skoon lakens gaan haal. Dit het 'n bohaai veroorsaak. Die swart saalsuster het my niggie gevloek e geskel met: "Fokof hie uit; I am in charge!"

Daar was geen klokkie om te lui vir 'n bedpan nie.

Vir dae was sy sonder water en weer moes my suster se dogter vir haar water saambring.

Toe die dokter hoor wat aangaan gee hy opdrag dat hulle 'n kateter moet insit. Die dikbek swart suster het in 'n stoor 'n vuil stokou kateter gaan haal en ingedruk en sy het blaasontsteking gekry.

Ons het aangedring dat sy ontslaan moes word en tuisverpleeg sal word.

Sy het begin ly, want die blaasontsteking het nierversaking veroorsaak (as ek dit reg verstaan) en ek het gebid en gevra dat sy gou moet doodgaan. Dit was my swaar op die hart gedruk dat ek dit nie mag vra nie. Toe almal en alles gedoen het wat gedoen moes word, is sy sag in die arms van haar een kleinseun heen.

Hoekom moes sy ly? Omdat ons toegelaat het dat sy aangeraak word deur onrein aapmense (homo sapiens) in 'n doodsplek (hospitaal)

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Messias met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van YHVH met die idole? Want julle is die tempel van die lewende YHVH, soos YHVH gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle YHVH wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek YHVH; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek YHVH, die Almagtige.
[2 Korinthiërs 6:14-18]

shalom (vrede)

raqia



2 maande 2 weke 5 dae 21 ure 22 minute oud


Dood of lewe?
Grysarea wat net die persoon kan antwoord wat smeek vir genade om dood te gaan. As mens smeek om dood te gaan het jy klaar gelewe.Dis jou liggaam wat nie ingee nie, soos hy ook nie wil ingee as ons ons in die gees wil lewe nie.As jou siel jou liggaam so graag wil verlaat dat hy smeek vir genade om vry te kom van 'n tronk liggaam, maak ons bloot die tralies oop op die siel te verlos.Die liggaam klou bloot aan lewe uit vrees.Geestelike insig en berading help gewoonlik, en gebed bring baie genade.Maar ons het met die natuur ingemeng om 'n persoon mediese hulp te gee en pyn te verdoof, waar trek jy die lyn van hoeveel drugs is verkeerd. Is drugs reg of verkeerd?As jy die keuse gemaak het...kan jy maar net aangaan met hierdie vorm van genade tot aan die einde.
1 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 10 ure 1 minuut oud


Was al in groot moeilikheid hieroor...ek ondersteun "genade-dood" en beheerde selfmoord ens ens...

Voor julle my kruisig, hoe leef jy?

Vernietig jy jou lewe met drank, sigarette, hoeveel sout en suiker gebruik jy? Is jy nog teen selfmoord? Hoe vinnig ry jy en hoe lyk jou gesondheid?

As jy dan kies om jouself so te bedood, hoekom nie self besluit oor waar en hoe jy wil sterf nie?

In kort, as jy sê dat God moet besluit, moet jy jou lewe tog ook so leef.

As jy kan kies hoe jy lewe kan jy tog kies hoe jy wil stref....
2 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 3 ure 54 minute oud


Baie goed geskryf. 'n Moeilike en sensitiewe onderwerp. Ek moet erken dat ek ook in jou slot val.
2 jaar 11 maande 1 week 1 dag 3 ure 36 minute oud


Ek het nou jou hele skrywe, asook almal se kommentaar gelees en ek wil weereens sê dat hier min wit en swart areas is. . . en vreeslik baie grys. Ek stem saam dat elke mense vry is om sy eie keurses te maak, anders was ons marionette, maar saam met die vrye wil, kom natuurlik verantwoorderlikhede.

Om iemand se lewe te beëindig, is verseker verkeerd, maar dan moet ons ook definieer wat lewe werklik is.

Ek sal nie graag in die skoene wil wees van 'n persoon wat versoek word deur 'n geliefde om hom uit die lewe te help nie, maar ek gaan so 'n persoon se daad verseker ook nie oordeel nie.

Vir iemand wat nie bang is vir doodgaan nie, is die Dood nie 'n plek van verskrikking nie.

Ek glo ons hemelse Pappa ken ons elkeen se harte en sal eendag die oor die gesindheid van ons harte oordeel (waarmee ons dan keuses maak) . . . en NIEMAND ken dit beter as Hy nie.

En as eutanasie dan sonde is: Jesus het vir ELKE sonde gesterf . . . .

3 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 2 ure 40 minute oud


TO DIE OR NOT TO DIE
Nou eers raakgelees. Eties erg moeilik, juridies effens makliker.
Dan moet ons nog onderskei tussen passiewe genadedood(bv. waar die masjiene bloot ontkoppel word) en aktiewe genadedood (bv waar 'n oordosis morfien binne-aars toegedien word).
Verder is daar ook 'selfhelp' metodes, bv gee die persoon kapsules wat hy tuis saam met sy (laaste) dop afsluk. Heel waardig imho. Reel net vooraf met jou geneesheer! Jy wil immers 'n fatsoenlike lyk nalaat...
Regsprobleem: moet die persoon toesemming gee of kan familie/geneeshere besluit? Wat van die persoon wat agv die siekte nie meer rasioneel kan besluit nie of in 'n koma is? Moontlike oplossing is om as die terminale siekte gediagnoseer is, 'n dokument onder handtekening op te stel waarin jy versoek dat as jy in 'n koma sou verval agv die siekte, alle medikasie/behandeling gestaak moet word.
LEWE beteken immers kwaliteit lewe, nie blote asamhaling nie.
3 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 9 ure 13 minute oud


die artikel het 'n groot wetenskaplike inhoud met so knersie christelike waarskuwing.

ongelukkig is die mens nie geregtig om self te besluit oor lewe en dood nie.
ek weet dit is verskriklik om iemand te sien ly en te suffer, maar dit gee ons nog steeds nie die reg om genade toe te pas nie. dis God se werk.

as ons mense elke keer genadedood toepas met iemand se pyn en lyding, waar sal God dan sy wonderwerke inpas?

al troos wat vir my gebied is met die tema is dat God se wil nog steeds geskied.

mense se dood tree in met die beste medici behandeling ooit, dan is dit God se genadedood

mense herstel ook soms weer wat uiterste pyn en lyding deurgemaak het met slegs God se genade
3 jaar 11 maande 1 week 3 dae 20 ure 9 minute oud


Genadedood
BesteChenél
Dit was 'n baie insiggewende artikel. Dit is baie swaar kwessie. Ek moes 'n dierbare hond laat uitsit by die veearts eenkeer. Dit was nadie tyd so verskriklik dat ek besef het ek sal dit net eenvoudig nooit weer kan doen nie. Wat nog te sê 'n mens. Met my pa se sterfte wou hulle op die einde nog dialise (so iets...sy niere het nie meer gewerk nie) probeer en long (asemhaling?) , maar sy organe het almal ingegee en ons het almal besluit om dit te los, my sussie het die oggend 07:00 gearriveer uit Londen, hy was in 'n koma, sy het die hele dag by hom gesit, privaatkamer, almal het vir hom gedigte NP Van Wyk Louw was sy favourite - gelees en uit die bybel ook - en die aand 10:00 is hy dood ihm ja, hy het vir haar gewag, mens hoor dit baie. Dit was baie swaar anycase, om mens met masjiene aan die lewe te hou is soms reg en daar is hoop, ander keer weet mens net as dit verby is.
Nou ja
Groete
4 jaar 7 maande 1 dag 12 ure 47 minute oud


Genadedood
Ek het my pa sien ly aan kolonkanker wat versprei het en uiteindelik sy lewe geeis het. Hy wou bitter graag gesond wees en lewe, maar sou hy in enige stadium vir 'n genadedood gevra het, sou ek nie in sy pad gestaan het nie. Keur ek dit goed? Nee. Sou ek dit kon uitvoer as hy so 'n versoek aan my gerig het? Ek twyfel, maar aangesien ek nie in so situasie was nie, kan ek nie 100% seker 'nee' antwoord nie. Dis bitter moeilik om iemand vir jy lief is, so te sien ly. Behoort dit gewettig te word? Nee. Dit sal aanmatigend wees om dit selfs net op die tafel te lê. Behoort mense wat hulle aan die uitvoer daarvan skuldig maak, vervolg te word? Ja. Dit bly moord, of dit die lydende se wens was of nie. Dis in elk geval 'n onregverdige, selfsugtige versoek. Jy moet steeds jou naaste liefhê soos jouself, die feit dat jy ly, maak jou nie daarvan los nie. En wie is uiteindelik die Regter? Steeds God en sou enige iemand hom-/haarself daaraan skuldig maak, is dit vir Hom om te besluit of jy moet boet of vrygespreek word. Mense moenie hiermee inmeng deur dit te wettig nie.

Dit bly egter wonderlik om te dink dat mense genadedood oorweeg uit empatie met ander se lyding. Daar's hoop vir die mensdom! Dit bly egter ook jammer dat mense soveel empatie het met ander se fisiese lyding, maar nie met die emosionele letsels wat jou medemens deurmaak as gevolg van jou woorde - hetsy moedswillig of onnadenkend - nie.
4 jaar 7 maande 3 weke 1 uur 41 minute oud


Genade lewe
Wat vir my interessant is is dat ons mense wie se liggame hulle self nie meer aan die lewe kan nou nie met majiene aan die lewe hou. Dan wonder ons of dit reg is om die masjiene af te skakel sodat hulle sterf. Indien die masjiene en alles medies soos medisyne nie daar was nie, sou hulle nie reeds gesterf het nie? Op hierdie beginsel gaan ons binnekort begin om almal te vries net voor hulle sterf, net vir ingeval ons eendag 'n kuur vind sodat almal langer of vir ewig kan lewe. Dan kan ons begin om almal te ontvries en die kuur toe te pas.

As jou saak met God reg is sal jy besef wanneer dit jou tyd is en met 'n bly hart hemel toe gaan en uitsien om jou Maker te ontmoet.

Waar dit hartseer is is wanneer ongeredde mense daar le, dan wens mens jy kan hulle nog langer aan die lewe hou om hulle 'n kans te gee om Jesus aan te neem as hulle Verlosser. Maar ook daar wonder ek baie hoekom ons wag tot mense op hulle sterfbed le voor ons hulle van die Here wil vertel. En daar is 'n les vir ons, moenie uitstel, praat met jou geliefdes vandag.
4 jaar 7 maande 3 weke 4 dae 9 ure 35 minute oud


Genade dood
My standpunt was nog altyd dat alles wat in 'n mense se lewe gebeur die wil van die Here is en Hy sal besluit wanneer jy die einde van jou lewenspad bereik het. Intussen het ek van mening verander, nadat ek my pa bitterlik gesien ly het en hy dikwels, wanneer selfs die morfienplakkers nie meer gehelp het teen die pyn nie, gesê het hy hoop nie hierdie lyding gaan te lank aanhou nie. Op die oomblik is daar 2 dierbare mense in my lewe wat ook besig is om aan kanker te sterf en die een het al genoem van voorsorg wat getref is om 'n einde aan die lyding te maak wanneer dit onuithoudbaar raak. Hoe kan ek dan sê dis verkeerd? Ek weet nie hoe dit voel om dag en nag in pyn te wees nie.
4 jaar 7 maande 3 weke 4 dae 13 ure 28 minute oud


Youth in Asia
Mense worstel met sulke besprekinspunte omdat hulle God nie ken nie. Hulle wil mense met alle mag aan die lewe hou, selfs breindood op masjiene, aangesien hulle glo die lewe eindig hier. Vir gelowiges is slegs die vleeslike deel van 'n ewige lewe verby, en die ewigheid le nog voor.
4 jaar 7 maande 3 weke 4 dae 14 ure 45 minute oud


Genadedood
Die artikel oor genadedood het ek gelees asook die vraag waarmee jy worstel. Wat my veral getref het is jou stelling dat ons 'n vrye wil gekry het om te kies. Ek wil dit bestry. Ons het dit gekry ja in die paradys, maar ons het dit verloor toe ons gekies het om die goeie en die kwaie te wil weet. Daarna het ons vanuit onsself (geërf deur ons aller ouers: Adam en Eva) nog net 'n vrye wil om die kwaie te kies, tensy ons deur die genade van ons Here verlos is deurdat Hy ons gekies het om Hom aan te neem as ons Verlosser wat vir ons gesterf het aan die kruis. En as ons dan "goeie" keuses in die lewe maak, is dit nie ons wat kies maar die Gees van God wat deur ons kies. Sal Hy dan kies om 'n lewe wat Hy Self geskep het te beëindig? Ek glo nie so nie. Laat dit jou troos wees dat Hy die Een is wat in beheer is van alles, al lyk alles so teenstrydig en verward in hierdie bose wêreld. En ook dat dit nie Hy is wat die chaos en ellende skep, maar die mens wat in homself boos is. Laat ons as nasie terugkeer na die leer van ons vadere en ons nie laat deurmekaar maak deur die moderne teologie. Ek het self in die teologie afdeling gewerk van NG Kerkboekhandel in die begin 1990 jare, en toe het ek gesien dat daar 'n verskuiwing plaasgevind het in die teologie. En beslis nie een ten goede nie. Dis hoekom ons land tans in so'n gemors is. Die teologiese studente leer nie meer die waarheid soos die Bybel ons leer, maar soos die professore hulle leer (wat hulle eie mening gee aan sekere dele van die Bybel en dit nie as die Woord van God aanvaar nie). Die studente is ons huidige predikante en hulle agtergrond is op sy swaks gestel, uiters power. Hou vas aan die bybel as die waarheid, dis al hoe 'n mens kan uithou, veral in 'n land soos hierdie.

Sterkte.

'n Bekommerde Suid-Afrikaner
4 jaar 7 maande 4 weke 16 ure 27 minute oud


'n Onderwerp wat mens vir ure besig kan hou, dis so moeilik om te besluit, en wat gee ons as mens nou eintlik die reg om so te besluit, ek weet nie, die weegskaal kan albei kante toe gaan afhangende van die oortuigende debat. Ek sal sê dit hang af van die omstandighede. Maar overall, soos jy aangehaal het uit die Bybel, Jy mag nie moord pleeg nie. So dis moeilik, dan is dit God se besluit.


Dankie,
Tella
4 jaar 7 maande 4 weke 16 ure 30 minute oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar