Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Elke generasie sien dit anders! Ons ouers – omdat hulle uiteindelik besef het enige iets is moontlik nadat Neil Armstrong op die maan geland het – my ouma’s en oupa’s – omdat hulle omtrent lewenslank geworstel het met die na-effek van die Groot Depressie en die Tweede Wêreld Oorlog. Ons jonges sien weer die lewe as ‘n groot oseaan; ons kan kies waar ons wil dok! Ons kan maak wat ons wil – tegnologie het dit skielik moontlik en maklik gemaak. Ons hoef nie juis op ‘n regte skip te klim om die wêreld te reis nie...daar is ander makliker keuses...die vliegtuig, en ja, selfs die internet.

As ons net mooi begrip kan kry dat elke generasie uit verskillende omstandighede gegroei het, sal ons mekaar makliker verstaan en raaksien hoekom ons dikwels so baie konflik het tussen mekaar...

My ouma, wat gebore was tydens die 1940s, is grootgemaak met die idee dat werk iets is wat almal moet doen. Geld is ook ‘n waardevolle besitting vir hulle, omdat hulle grootgeword het in die tyd toe al die banke en besighede platgeval het. Vandag betaal hulle verkieslik met kontant, spaar liewer as koop, en skrik heeltemal as ‘n tjek hop! Hulle lag ook te maklik as ons jonges sê dat ons wil klaar op die ouderdom van 20 skatryk en beroemd wil wees. My ouma sal net haar kop skud en sug, “Liefling, die belangerikste ding om te doen wanneer jy klaar is met skool (as jy klaarmaak), is om te trou, kinders te kry, en seker te maak daar is altyd kos op die tafel!”

Nee, ons jongmense wil dit nie begryp nie. Wie wil nou by die huis sit en doeke omruil? Daar is dan ‘n hele wêreld wat ons kan ontdek en verken! My oupa het altyd gesê: “Jy moet harder werk om meer geld te maak.” My pa sê weer: “Nie harder nie, werk net slimmer!”

Ek kan ten minste my hoed afhaal vir my oumas. Hulle het net daardie oorlewens – instink wat ek nooit sal begryp nie. Soos daardie dag toe ek vreeslike lae bloeddruk gehad het. Ek het geen benul gehad wat om te doen nie. Elke keer as ek wou opstaan, val ek terug, so flou was ek. Die oplossing? Slaap baie en wees rustig. Die volgende dag kom kuier my ouma. Ek vertel van die dillemma wat ek gehad het die vorige dag. Sy antwoord heel tevrede, “Al wat jy moes gedoen het, was om ‘n koppie kookwater met Marmite te drink. Werk soos ‘n bom!” Dit klink dalk vir jou soos ou-vrou stories, maar dit werk regtig!

Ons ouma’s en oupa’s was as kinders ‘gesien’ maar nie ‘gehoor’ nie. Hulle was maar jonk of in hul tiener-jare toe die Tweede Wêreld oorlog aan die gang was; daarom het hulle nie ‘n sê gehad nie...hulle het gedoen wat verwag word van hulle, en hulle doen dit nou nog. Hulle is hardwerkende, gehoorsame mense. Hulle soek verkieslik geen geweld of konflik nie; liewers vrede en ‘n samelewing. As jy mooi kyk, sal jy sien hulle is ook baie konserwatief en ordentlik. As ons jonges begrip kan kry van hoe hulle is, sal ons dit eintlik baie geniet om in hul geselskap te wees…wie wil nou nie weet of een van jul voorvaders eens ‘n generaal of ‘n iemand beroemd was nie? Hulle het boonop sulke wonderlike stories om te vertel. Ons jong laaitjies moet meer tyd maak vir ons grootouers. Die meeste van hulle is seker al afgetree en bly alleen. Hulle smag na geselskap.

As dit nou by die volgende generasie kom, ons ouers, is dit ‘n heel ander storie. Hulle is ongeveer in die 50s of 60s gebore. Hulle era het geweldige ekonomiese deurbraak ervaar. Maar…hulle kon toe nog nie heeltemal op hul eie voete staan nie. Die leiers van hul tyd het wel spesifiek gefokus op verandering en vordering. Die vrug het eers later begin wys in die 80s. Dis geen wonder ons ouers hou van dapperheid nie! Hulle het uit die kloue van die swaarkry-dae van ons grootouers geworstel, en dit reg gekry! Meneer Nelson Mandela het in die prentjie gekom! Apartheid is beeïndig. Die maan word nie meer buite bereik nie. Barbie en Ken word bekendgestel. Weg is die swaarkry en gesukkelry. Stadig, stap vir stap, begin ‘n nuwe generasie op te staan. James Bond, aka 007, word die wêreld se bekendste spioon ooit…

Die mense wat in die 60s of 70s gebore was, met ander woorde, ons ouers, staan bekend as die generasie wat ‘n voorbeeld stel vir ons jonger generasie. Elvis Presley, The Beatles, ABBA, en The Rolling Stones regeer nogsteeds die musiek –wêreld. Vandag dans ons lekker op dieselfde ritme. Die modes van die 60s is ook besig om terug te kom – kyk net na die hoë belt wat ons dra! En die groot brille…Hoeveel klassieke flieks gaan Hollywood nog oordoen? Dink net aan Herbie: Fully Loaded, The Count of Monte Cristo, Pride & Predujice, en selfs Poseidon. Die politieke leiers van vandag regeer ook die wêreld. Soos byvoorbeeld George Bush, Tony Blair, en glo dit of nie, Madonna val ook in daardie kategorie. Sy is dalk die koningin van pop, maar sy haar sêgoed oor politiek word wêreld-wyd koerant opskrifte.

Ongelukkig kan dit soms te veel raak. Ons ouers se generasie is sterker en slimmer as die vorige generasie, maar soms gaan hulle te vêr. Hulle is die generasie wat weier om oud te word. Hulle soek onsterflikheid. En raai wat? Dis hulle wat Botox ontwerp het. Dis hulle wat vitamine en minerale drink. En dis hulle wat ontrimpeling bekendgestel het. Hulle is bang vir oudword. Wanneer hulle in die spiëel kyk, sien hulle het plooie wat uitgestryk moet word. Hulle sien ook dat hul liggaam lanklaas strawwe oefening gekry het. Hulle vind fout met hulself, al is hulle die generasie wat altyd ‘n antwoord het op alles. Waar gaan dit ooit stop?

Nou kom ons uiteindelik by die bekendstelling van die jong generasie – die generasie wat môre gaan beiïvloed. Welkom by die generasie van iPod-malligheid, Harry Potter – koors, en die World Trade Center fiasco. Welkom in die generasie wat heeltemal brand-conscious is. Die meeste kinders wat in die die 80s of 90s gebore was, is al net-net klaar met hul tiener-jare, of het dit onlangs eers begin. Ons het ‘n skip wat kan dok waar ons wil! Ons is jonk, sterk, en slim. Ons is ook die generasie wat gaan bepaal hoe die wêreld môre gaan lyk. Die nadele van dit is dat ons baie meer kwesbaar is wanneer die winde van die wêreld by ons kom waai. Hoekom so? Omstandighede oorrompel ons terwyl ons nog jonk in bloed is…

“Maak seker dat jy nie alleen badkamer toe gaan nie. Vat altyd iemand saam met jou,” sê my Ma vir my vir die hoeveelste keer. “Vat ook jou pepper-spray saam met jou waarookal jy mag gaan.” Ek en my vriende is oppad dorp toe, en al wat ons kan doen is om ons oë te rol en antwoord, “Ja, ons weet.”

Hoeveel keer het ons al hierdie rëels gehoor? Moenie met ‘n vreemdeling praat nie, moenie in ‘n verlate gangetjie dwaal nie, moenie na sonsak alleen huis toe stap nie…ons het ál hierdie waarskuwings gehoor, maar ons jonges faal om te sien net hoe belangerik is hierdie reëls. Dis waar dat die verkragtings, moorde, en ontvoerings hoog gestyg het die laaste paar jaar. Ek is hartseer om dit te sê: Suid-Afrika is baie gevaarlik op die ooblik. Ja, dis die sonskynland, maar elke beweging het sy skaduwee. Ons ouers is beskermd teenoor ons, en dis met ‘n rede. Ons moet luister met wysheid, en dit opreg volg. Meer lewens sal gespaar word…

Met elke vryheid kom sy negatiewe kant. Jong laaitjies is al klaar vernietig deur gebroke huise, erotiese prentjies op die TV, vreemde musiek wat verwronge boodskappe dra (Eminem, 50 Cents, Marilyn Manson), en ‘n wye ope Internet is daar vir ons (piracy, pornografie). Meisies ly ook al hoe meer aan anoreksie, en seuns knou mekaar af tot die dood hulle skei. Kinders leer van TIK-gebruik en dwelms. Hulle leer ook vloekwoorde op die straat wat matrose sal laat bloos. Die lys kan aangaan, maar…

Dit kan beter raak. As ons positief bly oor die toekoms, sal die uitslag verbasend wees. Dit is eintlik so belangerik dat families aangeheg bly. Die vriende is daar, maar families is vir ewig. Ons het nie ons families uitgekies nie, maar ons kan wel ons vriende kies…kies reg, en doen reg.

“Ja, maar my ouers verstaan my nie!” is dalk jou verskoning. “En my oupa of ouma – jong, hulle is so outyds!” Vat weg daardie verskonings en embrace wat jy nou het. Oor ‘n paar jaar is jou grootouers nie meer daar nie, en dis heel waarskynlik dat jou ouers ook nie meer daar gaan wees nie. Jy gaan wonder, “Wat sou hulle hiervan gesê het…?” Dit is te hartseer om daaraan te dink!

Die sleutel tot goeie verhouding bou is respek en eer. Dit sal ‘n aanpassing wees vir jou en vir my, maar die vrug daarvan is gesond vir ons liggaam, siel en gees. Enige iemand wat hierdie artikel nou lees, hoort ‘n beter opsig te kry teenoor generasie – gaps. Hou aan probeer om in te skakel by jou ouers en/of grootouers. Hulle is kosbaar en waardevol!!!

Wel, waarvoor wag jy? Maak los jou skip en ontdek nuwe oseaane. Bel gerus dadelik vir jou tannie of ma, en gaan drink ‘n koppie tee saam met hulle. Geniet die lewe en leef voluit!















Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Baie waar..
So het ek toe mos my skippie losgemaak en nou sit ek in New Zealand. Maar ek is nie spyt nie. Sien uit om nog van jou werk te lees.

Boerki
(Ja, jy is goed)
12 jaar 9 maande 1 week 10 ure oud



Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar