Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So deur die artikels wat ek al geskryf het, het ek so hier en daar aan souse se geskiedenis geraak. Soos bv. Worcestersous, Tabasco sous en natuurlik ons eie monkeyglandsous. Vandag wil ek oor die geskiedenis van ander souse so in die kort praat.

Die woord “sauce” is ‘n Franse woord wat beteken iets om jou kos meer aptytwekkend te maak. Souse word gebruik om kos beter te laat smaak en meer aantreklik te maak. Soos ons almal weet was daar honderde jare gelede nie yskaste waarin die mense kosse kon hou nie. Die gevolg was dat kos en veral vleis gou afgegaan het en daardeur ‘n smakie ontwikkel het. Souse is dan gemaak en gebruik om die af smakie te verbloem.

Hier kan ek uit persoonlike ondervinding dit beaam. Baie jare gelede, toe ek my diensplig gedoen het, het ons Donderdae aande ‘n heerlike sterk kerrie gekry om te eet. So het dit vir weke aangegaan totdat iemand opgemerk het dat as ons Maandae Hoender gekry het, het ons Donderdae Hoender kerrie geëet. As ons beesvleis Maandae geëet het, het ons Donderdae beesvleis kerrie geëet.

Ons het ons maar so tussen ons die afleiding gemaak dat hulle te veel vleis op Maandae maak, dit dan eenkant hou en Donderdae verbloem met die kerrie en weer aan ons gee. Dit is hoekom ons toe op Maandae tot die vleis uit die bakke gesteel het om net nie weer daardie vleis Donderdae te kry nie.

•Béarnaise sous is ‘n sous waarin uie (Shallotte), peperkorrels en Tarragon saam in witwyn of asyn gekook word en dan by Hollandaise sous gevoeg word. Chef Julius Colette het in die laat 1800’s die sous in ‘n Restaurant in Parys gemaak en dit vernoem na die streek waar Henry IV gebore is en die streek was natuurlik Bearn in Frankryk

•Béchamel Sous klink heerlik en lekker maar is net ‘n doodgewone witsous. Soos ons almal weet kan ‘n witsous as basis gebruik word vir baie ander souse. Daar is vier weergawes van wie nou eintelik witsous die eerste keer gemaak het. Die oudste en lyk my die mees geloof waardigste weergawe is die een waar die Italiaanse gebore Catherine de Medici (1519-1589) se sjefs die sous gemaak het. Toe sy met die Franse koning getrou het, het haar sjefs haar na Frankryk toe vergesel en daar die Franse aan witsous bekend gestel.

•Chasseur Sous, is ‘n sous wat saam met wildsvleis bedien word. Chasseur is die Franse woord vir jagter. Dit is ‘m bruinsous wat gemaak word van Shallotte (uie), sampioene, witwyn en somtyds tamaties en pietersielie. Die uitvinder van die sous word aanvaar dat dit Philippe De Mornay (1549-1623) was. In daardie tyd is ou en taai voëls en wild omtrent ‘n dag lank gekook om sag te kry. Die vleis was gewoonlik ook in stukke gesny om die haelkorrels uit te kry. So dit was nou nie juis van die beste en mooiste gesnyde snitte gewees nie. Die sous is dan saam met die versnipperde wild bedien.

• Hollandaise Sous is ‘n botter en eier sous. Dit is ook ‘n basiese sous en het baie variasies. Van die variasies is Room Hollandaise sous, Peperwortel, Ansjovis en Tamatie Hollandaise sous. Dit word gewoonlik warm voorgesit saam met vis, eiers en groente. Hierdie is ‘n Franse sous. Hollandaise beteken van Holland af. Hier sal mens dink dat die sous sy oorsprong gehad het in Holland, maar dit is nie waar nie. Die sous was eers genoem Isigny, wat ‘n stad in Noorweë is, wat bekend was vir sy Botter. Gedurende die eerste Wêreldoorlog in het hulle nie meer Botter gemaak in Isigny nie. Al die Botter is toe ingevoer van Holland af en daarom word dit tot vandag nog Hollandaise sous genoem.

Dit is net maar ‘n paar van die mees interessante en basiese souse wat ons daagliks geniet. Gelukkig kan ons vandag die souse geniet en gebruik om die kosse meer smaaklik en interessant te maak en nie om die smakie te verbloem nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Baie insiggewend dankie. Plaas gerug nog sulke nuttige inligting.
12 jaar 8 maande 1 week 6 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Kos

Van ons ander lede

n Vergane Era

deur neels claasen

n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar