Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanmôre, kry ek ‘n oproep: “Hallo Ma’am, we have no office”
Dis Mathew by die DBV, ek skree amper vir hom WAT??? Wat meen jy ons het nie meer ‘n ‘office’ nie?? “The maroela tree is lying on top of it Ma’am, please come quick!!”
Ek ry kennels toe met ‘n swaar hart, ek onthou hoe hard ons moes werk om geld bymekaar te kry om die ou houthuisie te kan bekostig, en met trots gestaan en kyk hoe hulle dit aanmekaarsit!! Dit het ‘n hele naweek gevat om dit sorgvuldig te seël sodat die goggas nie die hout eet nie.
Nou lê hy plat, splinters en stukkies plank, dis al wat oor is, na ‘n storm gisteraand.
Dis hartseer maar ek dank die Vader dat dit nie op die hokke geval het nie!!

(Ek wou dit maar net met julle deel) Die foto is op my profielblad want dit wil nie hier laai nie..



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ek wou vir jou email stuur en dankie se vir jou kommentare maar ek is geblok!! Anyway....baie dankie!! Ek waardeer dit baie!!
10 jaar 6 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


Ag sorry Robs! Die natuur kan soms wreed wees, vrydag-aand het die storm hierby ons die enigste Hadida babetjie uit die Rubberboom laat doodval, die ouers is nou weg!
10 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 13 ure oud


o nee!hoe hartseer!die arme 'office' waarop jy so trots klink!dank vader niemand was binne-in dit nie en dat dit ook nie op die hokke neergeval het nie!ai vriendin ek hoop van harte jul sal gou-gou weer 'n nuwe 'office' he!!
10 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 19 ure oud


geweld van die natuur ...
Vanoggend die berig in die Beeld gelees, toe ek sien DBV Baberton, het ek dadelik aan jou gedink, en hier lees ek dit toe ook. Dankbaar dat die diere nie beseer is nie, sterkte daar!
10 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud


Jammer om dit te hoor...julle mense doen sulke belangrike werk...hoop julle kom sommer gou weer reg...
10 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


sjoe dis erg ek is so dankbaar ons liefiekind het vrydag uitgekom en iemand was so gaaf om hom dbv toe te vat en is ons herenig dankie vir jou goeie werk
10 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


Shame Robelle dis nou skade, niks of niemand seer gekry nie? Sterkte!
10 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar