Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

GHA Gedigtekompetisie 2015 vir Kategorie: OPE

Reëls:

1.       Hierdie inskrywingsvorm moet volledig voltooi word en tesame met jou gedig/te, die GHA voor of op die sluitingsdatum van die kompetisie, naamlik 30 Junie 2015, bereik.
2.      Inskrywings kan per pos of e-pos gestuur word. Font: Arial 11 of 12
3.      ‘n Kort lewenskets waarin jy sê waar jy gebore is, waar jy skoolgegaan het, wat jou belangstellings en drome is, ensovoorts asook ‘n onlangse mooi foto 2Mb (swart en wit, poskaartgrootte) van jouself EN ‘n laserplaat (met jou naam op) met die gedigte in WORD-formaat op indien inskrywing nie per e-pos is nie, moet jou inskrywing vergesel.
4.      Enige styl is aanvaarbaar, maar stylvorms soos die sonnet, kwatryn, koeplet, ens. dui op die digter se vaardigheid en sal bonuspunte ontvang. Gedigte moet in algemeen beskaafde Afrikaans wees. Gedigte wat laster en/of onwelvoeglike taal bevat, sal nie aanvaar word vir beoordeling nie. Gedigte moet liefs nie langer as 35 reëls wees nie.
5.      Inskrywingsgeld: R30 vir die eerste gedig, en R15 vir elke gedig daarna. Slegs twaalf gedigte per digter word toegelaat.
6.      Slegs oorspronklike gedigte van deelnemers mag ingeskryf word.
7.      Die GHA-hoofkantoor administreer die kompetisie. Inskrywingsgeld moet in die bankrekening (besonderhede hieronder) inbetaal word. Die inbetaalstrokie moet tesame met u inskrywingsvorm en gedigte aan die onderstaande adres gepos word.
8.      Beoordeling is finaal en geen briefwisseling sal gevoer word nie.
9.      Die beste gedigte wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, sal in die bloemlesing, Stemme uit die Suiderland X, gepubliseer word. Om hierdie rede gee deelnemers toestemming aan die GHA om enige gedigte wat vir hierdie kompetisie ingeskryf is, te mag gebruik in bogemelde publikasie asook toekomstige publikasies hetsy elektronies of andersins.
10.      Prysgeld: Algehele Wenner R3000, Naaswenner R2000 en 10 Afdelingwenners R1000 elk.
11.      Die bekendstelling van die bloemlesing, die bekendmaking van die wenners en die oorhandiging van die pryse sal tydens ‘n glansgeleentheid te Pretoria op 7 November 2015 geskied.
12.      Geen gedigte waarop reeds kopie- of enige ander regte deur enige buitestaander behou word, mag sonder skriftelike toestemming van sodanige party ingeskryf word nie.
13.      Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar die GHA van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit deelname aan hierdie kompetisie.

Posadres: GHA Gedigtekompetisie 2015,
Posbus 25119, Gezina, 0031
Tel: 012 335 3321, Faks: 012 327 6266
Vonkadres: gha@afrikaans.org.za
Bankbesonderhede: Afrikanerhuis, Bank: ABSA, Rekeningnommer: 730 140 223,
Taknaam: Quagga Centre, Taknommer: 630-664
WEBWERF: www.afrikaans.org.za

Tien Afdelings: (Merk langs elke titel in welke afdeling u dit plaas)

(a) Afrikaans90;            (b) Slagtersnekrebellie (1815);            (c) Liefde;            (d) Geestelik;            (e) Mymeringe;            (f) Humor;            (g) Verset;            (h) Terapeuties;            (i) Die Natuur       (j) Algemeen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

GHA se jaarlikse gedigtekompetisie
Ek het wel laas jaar deelgeneem en kon nie die uitslag op hul Web blad vind nie. GHA se jaarlikse gedigtekompetisie het nie eens moeite gedoen om my in kennis te stel of hul wel my inskrywing ontvang het.

Ek sal graag wil weet wat het laas jaar gebeur.
4 jaar 3 maande 1 week 3 ure oud


GHA
Baie dankie vir die nuus, Driekie :))
4 jaar 3 maande 1 week 1 dag 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar