Artikels

Titel: Goddelike Valshede op die Internet

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Net soos wat die tegnologie ‘n onmeetbaar uitstekende hulpmiddel vir die verspreiding van kennis en feite is, net só is dit ‘n bose middel waardeur valshede grootskaals die wêreld in versprei word...

Ek kry nou die dag, en ek glo van die Woes lesers baie moontlik ook, ‘n ‘powerpoint’ aanbieding, wat handel oor ‘n wonderbaarlike ontdekking wat in die Rooi See gemaak is. ‘n “Amateur Argeoloog”, Ron Wyatt, het die presiese plek waar die Israeliete onder die leiding van Moses die oop gekloofde Rooi See droog voet oorgesteek het, ontdek... Die Afrikaner wat die ‘Powerpoint’ aanbieding dwarsoor Irak en elders ‘aangestuur’ het, het die ontdekking met ‘n bykans dawerende “halleluja” die wêreld ingestuur. Nodeloos om te sê, glo ek, het hierdie ‘wonderlike ontdekking’ soos ‘n veldbrand versprei, gegewe die feit dat die meerderheid volwassenes nog nie hul Sondagskool rompie en kruisbandjie-mentaliteit ontgroei het nie!

Hierdie aanbieding het gekook van kaarte, illustrasies en wonder foto’s onder in die oseaan aldaar, van strydwa wiele en ‘aanduidings’ dat ‘n Joods aangevuurde ‘kataklismetjie’ van ‘n aard, wat strook met die Ou Testament, inderdaad daar sou plaasgevind het. Hierdie skynbaar oortuigende ontdekking het lynreg gebots met wat ek met oortuiging in die verlede al op Woes verklaar en voorgehou het ten opsigte van die geloofwaardigheid van die Ou Testament, wat ek inderdaad baie sterk teenstaan.

Ek kry onverpoos uit alle oorde van alle kante deur die jare toenemend hierdie tipe ‘kuber vermaak’ by wyse van artikels en ‘samestellings’ soos hierdie ter sprake: ‘Red Sea Crossing – The Truth’, van die heer Ron Wyatt. Ek weet verseker die Ou Testament is die grootste bedrogspul van die eeue en het daarom sonder om een breek gedeelte van ‘n sekonde aan my oortuigings te twyfel, dieper begin kyk na dit wat weereens so ruimskoots met die klik van ‘n muis aan my voorgehou is.

Vergrype aan aanbiedinge soos die, is nie alleen sterk rede tot kommer nie, maar is inderdaad tragies tiperend van die ingewortelde ‘onkunde kanker’ wat stuk, stuk aan die potensieel dieper waardes van ons Germaans/Nordiese gees vreet. Ons het ons so verknog met ‘n brokkie erg betwyfelbare geskiedenis wat in die sand berge en duine van Palestina en omgewing afgespeel het, en dit op die koop toe so erg ons geloof gemaak; dat ons meelopers en medepligtiges geraak het van die ‘konkoksies’ wat die verraderlike Jode in hul geestelike leegheid en ongeletterdheid uitgedink het. Maar dit op sigself is ‘n onderwerp wat baie, baie meer tyd en beredenering verg as wat kort selektiewe ‘powerpoint’ aanbiedinge kan bied.

Ek het oor ‘n tydperk van meer as 25 jaar ‘n in diepte studie gemaak van die geskiedenis rondom die Jode oftewel die Israeliete. Toe ek hierdie aanbieding begin volg kon ek nie help om te glimlag nie want dit het my dadelik herinner aan ‘n Turkse gesegde wat lui:

“Goeie hout brand geruisloos, maar dorinkies knetter en skreeu ‘ons is ook hout, ons is ook hout...’” Ek het geglimlag want die arme Israeliete is die dorinkies in die gesegde, en dáárom die geskree van ‘Red Sea Crossing – The Truth’. Terwyl ek die foto’s en illustrasies meer intensief begin bekyk het, het dit wat ek van die Ou Testament af weet telkemale as rigtingwysers in my gedagtes opgespring:

Die enigste aantekeninge wat daar oor die Israeliete en hulle doen en late gemaak is, is slegs dit wat hulle oor hulself aangeteken het en aanbied sonder dat daar enige outentieke dokumentasie is wat dit enigsins kan boekstaaf. Die oudste beskikbare, erkende geskrifte dateer terug tot slegs 400 jaar voor Christus. Nie ‘n enkele oorspronklike papirus of kliptafel uit die griffel instrument van Moses of enige van die sogenaamde outeurs van die ou Testament is beskikbaar nie. Indien die Jode daaroor konfronteer word sal hulle heel gerieflik vertel dat dit alles vernietig is toe die Romeine Jerusalem destyds binnegeval het.

Die eksakte geskiedenis het dit, dat die Faro van die Bybel, waarskynlik die magtigste en invloedrykste van al die Faros was. Die Ou Testament praat net van die ‘Faro’, maar hierdie Faro het ‘n naam gehad. Hy was Ramesses 11, en sy Mummie is in die Londense museum. Terloops, hierdie Ramesses 11, soos sy vader Seti 1, was albei suiwer blankes hulle het ligte hare en duidelik Aries gestalte. As dit die geval is, wat was Moses et al dan? Nie te min, veral Ramses 11 het nougeset rekord gehou van alles wat in sy koninkryk gebeur het. Indien 2-3 miljoen slawe net so onder sy heerskappy uitgetrek het sou dit dan ongetwyfeld opgeteken gewees het – selfs die uittog van ‘n miljoen slawe sou ‘n enorme impak op die hele struktuur en wese van Ramesses 1 gehad het. Ja nee, lyk vir my die Jode bly getrou aan hul gestalte – hulle sou kon doen met Lukas Maree se miljoen! Daardie 2-3 miljoen het in die tweede wêreld oorlog toe na ses miljoen gegroei.

Die Nyl was vir die Egiptenare heilig, daaroor moet daar geen twyfel wees nie. Nou moet ons aanvaar dat Ramesses al die eers geborene seuns van die Jode, (sy slawe),in die Nyl laat gooi het – die bron van hul lewe – komaan!! Beter nog, die Nyl verander in bloed, en bloed stol. Dit ten spyt is daar nêrens in die antieke geskiedenis opgeteken dat so ‘n ramp plaasgevind het nie. In die Jode se drome ja!

Daar is te veel om op te noem, maar met hierdie agtergrond het ek die agbare Ron Wyatt se duikery in die rooi see met totale agterdog bejeën. Omdat ek geweet het dat die hele uittog en die uiteindelike toegaan van die see oor Ramesses se hele weermag ‘n totale Joodse verdigsel is, het ek die Powerpoint ‘vergryp na geloof’ benader soos mens ‘n misdaad toneel sou benader... Terwyl al die goedgelowiges die toneel met blye verbasing vertrap het en hulle, hulle verstom het aan die ‘eerste aangifte van die misdaad’ het ek bietjie wyer gaan kyk en siedaar die krimineel los sy spoor...

Amper elke foto wat met Bybel tekste besing word is ‘n ‘Doby Photoshop’ verwerking. Van al die grafkelder foto’s uit die 1800’s (let wel al daardie duidelike foto’s is kwansuis geneem lank voor die Boere oorlog met daardie doek oor die kop en ‘puff’ kameras!!), kort na die ou ‘Camera Obscura’. Dit alles, tot by die ‘duikslag’ oftewel ‘snorkelslag’ van Wyatt, waar die oop gekrapte strydwa wiele onthul word, is een verdagte tegnologiese sameflansing.

Waarom Ron Wyatt na al hierdie jare, sedert Moses die see opdrag gegee het om te skei, alleen hierdie geloof opkikkerende ontdekking sou maak, behoort op sigself die dieper denker se wenkbroue te laat lig. Wat van Jacques Cousteau, of die soekgeselskap wat die Titanic ‘n paar kilometer onder die ysige see opgespoor het, of die Bismarc? Waarom het hulle, hul nie verwerdig om lankal Ramesses se hele ‘weermag’ in die ‘vlak’ gedeelte van die Rooi See oop te krap nie? So, wie of wat is hierdie Ron Wyatt wat siel alleen die wonderwerk raak geduik het?

‘n Manlike, hulp narkose verpleër, wat ook ‘n Sewende Daagse Adventis was. Klink half of hy familie van Gert van Rooyen kon gewees het... Nie te min hierdie man het skierlik ‘n kranige amateur argeoloog geword, wat alles raak gesnorkel en opgespoor het wat sterk in die dogmatiek van sy geloof beskouing figureer het. So maklik soos om ‘n moord in ‘n liefdesdriehoek te ontrafel. Dit is nie al nie, hierdie perd het ‘n rekord! Benewens die enkele strydwa wiele in die Rooi See het hy:

Noag se Ark gekry

Die klippe waaraan die Ark geanker was vasgestel

Die huis waar Noag na die vloed gebly het en die plek waar Noag en sy vrou begrawe is gevind.

Uitgevind waar Sodom en Gamorrah was.

Die swael balle van Sodom en Gamorrah se verbranding gekry.

Die werklike berg Sinai gevind hoewel niemand anders dit ooit kon vind nie.

Die verbondsark opgespoor.

Die kliptafels waarop God die ‘tweede’ Tien Gebooie uitgebrand het, gevind.

Die presiese plek waar Christus gekruisig is vasgestel.

Die kraak direk onder die kruis wat deur die aardskudding veroorsaak is toe Christus dood is opgespoor.

Die bloeddruppels van Jesus wat deur hierdie kraak op die ‘Genadestoel’ van die Verbondsark gedrup het, waar dit in ‘n spelonk onder die kruis was, gevind.

Nodeloos om te noem, dat selfs Wikkipidia breedvoerig aandui dat Ron Wyatt ‘n uiterste bedrieër is en verdere skakels wys op die bedrogspul in die vlak water van die Rooi See – die goeie kant van die ‘kuber’ spreek darem die leuen aan. Al wat dit geverg het om vas te stel dat Wyatt ‘n bedrieër is, was agterdog, aangevuur deur ‘n kennis van die ‘bedrog van die eeue’ – hierdie kennis het my nog nooit in die steek gelaat nie! Nee wat, hierdie Joodse meeloper het ‘n geestelike rekord wat meegaan met die Israeliete se religieuse plagiaat wat hoogty vier in die siele van die onkundiges – die skape ter slagting!

Hoe is dit moontlik dat so ‘n potensieel voorbeeldige nasie soos die Afrikaner hom steeds om die bos laat lei deur die moordenaars van Hitler, Verwoerd, Generaal Manie Maritz et al? Dan gaan my eie broers en hulle dra die bedrog verder en versprei dit op die net – en sommige verdedig en onderskraag die leuen nogal vurig daarby!

Dit was Ferdinant Magellan wat opgemerk het:

“Die Kerk het gesê die aarde is Plat,
Maar ek weet dit is Rond,
Want ek het die Skaduwee op die Maan gesien,
En ek het meer Geloof in ‘n Skaduwee as in die Kerk.”

Na dese kan mens met reg saam die noodroep wat ek op ‘n buffer plakker gelees het skree:

“Asseblief Here, beskerm my teen jou volgers!”




Kommentaar

Dankie weereens Waldor vir hierdie artikel. Ek het Wyaat se video gesien oor die ark, wonder wat het toe daarvan geword...daar is van die kerke wat niks daarvan weet nie. En dit is snaaks dat daar mense is wat hom glo...veral in die SDA kerke.
1 jaar 8 maande 2 weke 4 ure 15 minute oud


Aap sonner hart

Almal konkel met gelowe. Die Moslems byvoorbeeld, is mos baie eng en onbuigbaar met hulle gebruike en gewoontes: Daar word hoegenaamd niks op heilige dae gewerk of gedoen nie. Die hoog heiliges by hulle, wat is soos die ‘bekeerdes’ by Christinne, ry nie eers hysbak op ‘n heilige dag nie, behalwe wanneer daar ‘n staat van oorlog is – dan is die “kalf vir hulle in die put” Maar toe die groot besigheidsmanne destyds vir die Ayatollah Khomeini uitwys hoe hulle heilige ‘werkstilstand’ ernstige ekonomiese implikasies vir die land inhou; toe verklaar die Ayatollah oorlog teen armoede – en walla, godsdienstige haakplek oorbrug. Die meeste jong bekeerde Christen seuns sal byvoorbeeld nie elke oggend op hulle knieë moet gaan vir vergifnis as die Christendom kon oorlog verklaar teen die gedagtes van kaal meisies nie, want dan kan die seuns maar gerus sonder ‘n skuldgevoel masturbeer!

Die grootste probleem lê daarin dat ons ‘n geloof aanhang wat nie ons sin is nie maar wat oorspronklik takties internasionaal gemaak is suiwer en alleen vir politieke ekonomiese redes. Nou, moet ons om dit lewendig te hou, die heeltyd toegegooi word met ‘inspuitings’ soos waaroor ek in hierdie artikel geskryf het om ons weg te hou van die deure na die waarheid.
My artikels en happies wat so na die Germane et al verwys, weergee natuurlik dat ek dink dat die Germaanse mense “superieur” is, en hierby kom die gedagte van die geloof ook by. Maar indien alles saamgegooi word, sal daar gevind word dat ek klem plaas op die feit dat dit daaroor gaan dat ons daaraan behoort, en dat dit is omdat dit deel van ons onveranderbare wese en samestelling is. Dit is getrou aan ons karakter en ingebore styl van sien en dink en voel... Maar ons kan wat geloof betref baie by elke bestaande geloof gaan leer. Elke geloof se strewe na God het ‘n spesialiteit daarin wat ander gelowe oorskry. Dit was dan Hitler, die kokkedoor van Ariese superioriteit, wat duidelik uitgestippel het dat die Ariese direkte plat praktiese geloof beskouings baie kan gaan leer by die oosterse gelowe wat meer tot jou eie geestelike dissipline en verheffing bydra.
Die vraag oor my beskouing van die superioriteit van die Germane, wat eintlik maar ‘n onderafdeling van die algehele ‘Ariese’ (Blanke) ras is, is al meermale aan my hier op Woes gevra, en ek dink dit is dan haas tyd dat ek dit in ‘n artikel meer duidelik maak waar ek vandaan kom met die gedagte wat dit so uitdra. Ek sal jou vraag dus in ‘n artikel beantwoord want dit verg meer bespreking as wat hier in die kommentaar ruimte of dissipline toegelaat sou word.

Ek sit ongelukkig in die bosse van Sudan en is nie naby my studeerkamer waar my ordentlike bronne geredelik beskikbaar is, maar ek sal staatmaak op my geheue en oortuigings. Sal so ietsie saamslaan, want ek dink die vraag is my ook gevra of ek dink alle rasse wat nie wit is dan sub rasse is, soos ek ook al impliseer het.
1 jaar 8 maande 2 weke 6 ure 55 minute oud


Daai's niks.

Ek het nou die dag weer die "Book of Mormons" se oorsprong nagevors.

Ek skat nie net dis Jode wat konkel met nuwe godsdienste nie.

Dis vreesaanjaend wat mense glo as iemand sê dit kom van 'n god af.

So op 'n ander vraag. Glo jy die Germaanse stam/denkwyse is superieur? Of kan ek dit sommer plat vra, glo jy hulle is enigsins beter / slegter as ander rasse?

Ek lees jou artikels graag en wou dit sommer terloops vra, want dit blyk uit jou skryfwerk uit.

Lekker aand daar!
Aap.
1 jaar 8 maande 2 weke 11 ure 13 minute oud



LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar