Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die wedstryd Saterdag tussen die Goue Leeus en die Russiese Bere het weer bewys dat die top 8 rugby lande wêrelde verwyder is van mekaar. 'n Jong relatief onervare Leeus span het die Bere, die Nationale span van Rusland, met 51-13 geklop op 'n nat Ellis Park voor 4495 toeskouers. Dit moes egter te wagte gewees het na die besoekers se nederlaag van 14-0 teen UJ vroeër die week. Dit was steeds nie 'n maklike wedstryd gewees nie.

Die nat veld en mot-reen wat deurgangs geval het en 'n skeidsregter wat moontlik meer voordeel kon speel, het gesorg vir 'n stamp en stoot wedstryd. Kingsley Jones het dalk tereg gehad toe hy gese het: "As die skeidsregter sy fluitjie die helfte minder geblaas het vanaand, sou dit steeds te veel gewees het."

Hanterings foute en swak dissipline het albei spanne se aanval by tye lam gele. Die Leeus het egter die beste daarvan af gekom. Rusland het gesukkel in dioe skrums en twee geelkaarte, een elke kant van halftyd, het dit nie makliker gemaak nie. Die twee straf driee wat toegeken is het dalk ook die eindtelling beter laat lyk as wat dit andersins sou wees.

Die Leeus kan egter baie positiewe dinge uit die wedstryd neem voor volgende week se kragmeting teen dioe Cheetahs. Debutant spelers het gewys wat in hulle steek en die driee wat gedruk is was dan ook deur hulle. Deon Helberg, Warick Tecklenberg, Ruhan Nel en Marnitz Boshoff het almal onder die pale gaan kuier. Lionel Cronje het geen fout met die skopskoen gemaak nie en 2 strafskoppe en 4 verdoelskoppe deur die pale gestoot. Boshoff het welo 2 van sy 3 pogings verbrou.

Dan is daar spelers soos JC janse van Rensburg, Hendrik Roodt en Willie Britz wat hulle staal getoon het by die afbreek punte en in die skrums. Die Leeus se afrigter en kaptein het beide dit duidelik gemaak dat dit nie makliker raak van hier af nie en dat hulle wil wys wat in hulle steek teen die Suid-afrikaanse Super Rugby spanne.

Rusland het die wedstryd gesien as goeie voorbereiding vir hulle volgende reeks van wedstryde in die Nasies Beker. Hulle het uitgewys dat diepte in russiese rugby groei en dat hulle meer en meer spelers het om van te kies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Leeus
As ons net hanteringsfoute kan uitsorteer en ilimineer gaan ons 'n groot verkil kan maak.
6 jaar 8 maande 2 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar