Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Twee weke lank beplan ek die ding: Opleiding. 'n Lekker dag van samesyn, lekker eet, en natuurlik ietsie nuuts leer. Twee ure voor die opening met koffie, tee en 'n beskuitjie, skop ek die hele dag sessie sommer heeltemal van die Junie maand kalender af.

Eintlik weet ek al maande ek is nie lekker nie, in April wil ek my smile herstel deur my een voortand te laat reg maak, maar die Tandarts stuur my dokter toe oor my hoe bloeddruk, en moan oor my keel wat lyk soos dit voel, asof bloedrooi lawa uit die hel vanself oor my tong en keel se oop sere en blase vloei. Ek klok by die Dok in soos diie Tandarts vra, en hop getrou in die bed soos my GP voorstel. Dit is 29 April, Maandag, 2 Mei is 'n vakansie, dis pannekoek en koffie weer, en ek gaan die hele naweek in die bed bly. Dinsdag is ek gesond!

Toe nie. Ek is werk toe, maar gesond - no way!

Eers begin my arms en bene jik, my vel voel droog, 'n diep bevogtigende olie bad en Eucalyptus om die seer benoude bors en die aanhoudende gehoes bietjie te verlig help baie. Dit is nou as ek genoeg energie kon bymekaar maak om myself tot by die badkamer te forseer, die moegheid was werklik die ergste.

Sweet loop soos water teen my lyf af, enige tyd van die dag of nag, en net om seker te maak doen ek die Rooi-Strikkie-Toets, wat gelukkig daardie vrees uitskakel. Sodra ek koue koors kry vra ek komberse en elkeen wat verby kom stapel een op, tot ek soos 'n ou meid onder die kombers in 'n fetus posisie le en bewe van die koue. Ai, hulle was almal so oulik, so besorgd, dra gemmer en kanneel tee aan, vars suurlemoen sap, pilletjies, suiglekkertjies vir 'n seer keel. As dit nie so vrek sleg was om siek te voel nie, het ek dit weer gedoen, net vir die aandag, ek was in baie goeie hande.

Gedurende die hotflus sweet episodes, wou ek niks of niemand naby my he nie, die pyn en ongemak was net te veel, niks moes op my of teen my druk nie, ek wou met niemand praat nie, ek wou niks hoor nie, geen verwagtinge, geen geraas, geen TV, los my net uit! Pynnstillers en spier verslappers het vinnig genoeg gewerk vir skouer, rug, gewrig en ander liggaams pyne, sommer vir die koors ook.

Niks help vir geblokte ore nie. Dit klink soos 'n oceaan wat aanhoudend raas, behalwe, daar is 'n spoedboot op die see wat se engin eentonig skreeu op die hoogste viersnelling. Net wanneer mens vrede maak met die aleweige klank waaraan jy inelkgeval niks kan vernader nie, hou dit skielik op. Eenklaps! Net om weer vanvooraf te begin. Ek dink ek gaan soos van Gogh my oor afsny, maar die probleem is aan die binnekant, dan moet ek my breins ook uitlepel. Daarvoor het ek vry willigers nodig. In hierdie huis wil niemand my eers sien koud kry nie.

My stem is op vakansie, weggespoel saam die lawa in my keel af, en onder by my alie uitgewaai. Dit is Frustrerend want almal by die werk wil graag 'n normale sinvolle gesprek met my voer, en teen die tyd dat ek hulle laat verstaan het wat ek hulle wou laat sien het in die eerste plek is ek vrek moeg, en die punt verlore. In die begin was dit makliker as later aan, eers was my neusgate so wydoop en koud, ek het gedink 'n gevriese Gautrein het deur my neuskanale gejaag met 'n missie om pad te maak vir 'n snot storm. Want net daarna blok my neus so dat my oordromme bult as ek probeer blaas. Behoorlik gestop, se ek jou, en dis nogal 'n groot verleentheid, want sekere woorde kan ek net nie uitspreek nie en dan klink dit asof ek se “oink, oink!”

Om asem tehaal was pynvol, my sinusse was pynlik, die tand wat tandarts nie wou regmaak kry koue lug in as ek asem haal deur my mond en stuur 'n brandpyl vol gif brein toe wat my mond toe klap. My kleintongetjie sit aan my tong was en ek moet water drink elke 2 sekondes, net om diebtwee uit mekaar af te hou. Die penarie is die selfde, seer keel, seer tand of vrek sonder asem.

Uiteindelik kan dit nie anders nie. Boek af, klim in die bed bly in die bed. Maar dinge word nie beter nie. Die eerste paar dae het ek nog probeer opstaan, hare borsel, tandeborsel, bad, 'n skoon sweetpak aangetrek. Ek probeer om die kantoor situasie van my bed af te beheer met my skootrekenaar, so as iemand my email kan ek in alle regverdigheid se: "Ek is OP kantoor" Maar teen die die derde en vierde dag kyk ek net vir die badkamer, onthou die ritueel wat voorle, en raak ongelooflik moeg, net van dink aan wat voorle.

Ek was lus en vloek my omstandigdhede, maar ek was geleer om dankbaar te wees en hoe om my seeninge te tel: "Dankie God vir my Oulike Liefie, gesonde kinders, vir my werk, dankie vir die suurlemoen boom hier buite in die erf wat so goed dra die winter en wat so baie gehelp het vir die Vit C wat ek so nodig het en, en...aaaahhchoo, dankie vir sagte toiletpapier."

Die kinders pak die 8 toiletrolle in twee netjiese soldaat rytjies op die rak in my my kamer, sodat ek in dit kan vaskyk en gerus voel dat ek gewapen is met genoeg ammunisie om die storm te oorkom. Die vroulike asblikkie langs my bed het spasie gemaak vir 'n 5liter asblik, om al die gekreukelde sneusies en stringe toilet papier blokkies op tevang wat keer dat my neus weghol. Die sagte bababoudjie toilet papier is te hard vir my brose neus en lippe, stukkende plekkies om my neus en koorsblare in en om my mond steeek oral kopuit. Die kinders se dit lyk of ek 'n chemical peel gehad het. My Liefie wil my nie soen nie, en ek baklei nie daaroor nie, ek verstaan tog, sy redes is verstaanbaar: Hy wil nie my virus he nie!

Nou, ek is 'n verpleegster, ek weet ek moet opstaan, moet my gedagtes en liggaam aan die gang hou, maar net om regop te sit, laat my kop spin, om te loop is 'n.... ek wou se uitdaging, maar uitdagings is iets wat ek graag aanvaar, in die geval is loop 'n marteling, ek is van balans af, en ek loop in goed in, en ek blaas soos 'n os, asof ek 'n lang opdraande pad koop. Halfpad in die gang af wil ek omval, maar ek bytvas en loop waggel-waggel met die palms van my hande van kant tot kant gestut tot by die gangmuur. Dit is wanneer ek moet los om omtedraai dat ek wonder of ek gaan val, nie flou word nie, net val, maar waar kry ek dan die energie om weer daar op te staan? Ek was so flippen moeg!

Die omdraai het lank gevat, soos wanneer jy 'n ou Tannie van 85 vra om in die rondte te draai. Maar ek is 45. Of is ek? Daar, in die vol lengte spieel in die gang sien ek myself, gebukkend soos 'n ou vrou wat pas 'n keisersnee gehad het. Ek loop stadig nader om seker te maak dis ek. My vel lyk geel, onder my oe is sakke van blou en swart, geswelde neus van al die afvee, stukkende mond van al die koorsblare, hare wat lyk of die Kaap dit Holland to gewaai het.

My Arme Liefie, ek sou myself ook nie wou soen nie. Ek gaan terug bed toe, ek wil myself nie eers sie nie.






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Griep ...(vark?)
Koekoes
Kyk jy nie?
My nommer, my Epos, my Skype, als is hier.
Jy moet die (vark) uitdryf. Van binne uitdryf
Met 'n paar groot slukke van my mampoer
Ek beloof jou, jy is vir die res van die Winter
Reg soos 'n roer!
Dit dryf daai(vark) in sy m.....
8 jaar 4 maande 5 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar