Artikels

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek word vroeg wakker gemaak met die sein dat ek so pas 'n WhatsApp boodskap ontvang het. Ek sien dis 'n video en geduldig wag vir dit om te laai.
Die musiek speel... 'n Jong seun staan in die middel van 'n yskoue Wintersdag op die sypaadjie met 'n swart sak. Hy dra 'n geskeurde geel hempie en ek kan sien hy kry koud. Dis 'n baie besige straat hoek en mense beweeg soos miere by die kind verby. Sommiges hou hulle hande voor hul oe en maak asof hulle nie die kind sien nie. Party staan stil ek kyk net na die seun, sonder om 'n woord te uiter; ander loop om hom en gaan dan agter hom verby.

Na amper twee ure se koud kry en niemand wat hom help nie, kry die seun so koud, dat hy binne in hierdie swart vullissak inklim en so op die sypaadjie le. Mense vermy hom steeds. Soms lyk dit asof iemand by hom wil stilstaan, maar dan begewe hul moed hul en beweeg dan skielik weg. Die kind kry bitterkoud en al wat hy doen is le en bibber.

Na twee ure loop daar 'n swartman by die wit kind verby; hy steek vas en besef wat hy gesien het. Hy draai terug en begin met die kind praat, "Is jy OK? Waar is jou ouers? Kry jy koud?"

Steeds bibberend probeer die seun antwoord, "Ek is op die straat vandat ek sewe jaar oud is."

Terwyl die seun praat, het die man sy baadjie uitgetrek en om die seun gehang. Hy het 'n stuk sjokolade uit sy sak gehaal en vir die seun gese om dit te eet.

Skielik kom daar mense wat meer aandag gee aan die toneeltjie hier voor hulle. Die man maak asof hy hulle nie sien nie en vertel die kind dat hyself ook op die straat woon en hy sal die seun help om op sy voete te kom. Die man het soveel empatie met die seun en mens kan sien dat hy regtig omgee.

Die volgende oomblik kom twee manne tevore en vertel dat hulle die hele episode opgeneem het en dat die swartman die enigste een is wat vir die straatkind omgegee het. Hulle het elkeen vir die man vierhonderd dollar gegee en hom bedank dat hy, wat 'n straatman was, soveel aandag aan 'n eensame, koue seuntjie gegee het.

                  XXXXXXXX

Ek neem my kar se sleutels en klim soos gewoonlik in my voertuig, oppad werk toe. Ek dink aan die video. Ek vorder so ongeveer sewe kilometer en besef dat my kar nie die werk gaan haal nie. Die kar verloor spoed en is besig om te vrek. Ek draai net na die robot om en daar vrek my kar. Oral is mense wat toeter druk en vloek. Ek sukkel om alleen die kar aan die kant van die pad te stoot. Ek kry dit uiteindelik reg en klim uit. Die voertuig se battery werk, want die flikkers gaan aan en die waaier skop in. Die waaier is direk op die battery gekoppel omdat die termostaat nie werk nie.

Mense jaag by my verby en skreeu op my. Ander druk toeter. Tog is ek so na aan die kant as wat moontlik is. Die groot trokke gaan rakelings by my verby en ek wag net vir die een groot stamp.

Ek bel my buurvrou en vra dat sy moet kom tou. Sy huiwer nie een oomblik nie en binne dertig minute is sy daar. Sy kruip onder haar bakkie in en ons maak die toue vas. mense kyk nuuskierig na ons. Niemand help nie. Dis net ons twee vroue wat hierdie voertuig gaan sleep.

Uiteindelik is ons gereed. My ou klein rooi Ford Fiesta lyk soos 'n miskruier teen haar groot sterk vierwielaangedrewe bakkie. Ek kan nie deur of verby haar bakkie sien waarheen sy my neem nie. Ek het haar gevra om my huis toe te sleep.

My oe bly op die tou wat ons verbind. Die woorde kom by my op: ""Jy wil vooruit sien. Ek lei jou en weet waarheen Ek jou neem. Hou jou oe op my voetspore. al is die pad rof met slaggate en spoedhobbels; Ek gaan eerste oor dit en dan jy. Wees net op jou hoede en vertrou. "
"Om te vertrou, is om 'n doel in sig te he. jy sien dit nie, maar jy weet jy is op reis. Glo en vertrou op die een wat jou insleep en jy sal by die regte eindpunt uitkom."

Ek dog sy sleep my na my woonplek, maar toe neem sy my na 'n werktuigkundige en weereens besef ek dat God met my praat. Hy lei my op die pad, wat Hy vir my uitgele het. Ek beplan om huis toe te gaan en Hy neem my na Sy eindbestemming. Ek moet ophou om vooruit te wil hardloop; dit het tyd geword dat ek Hom vertrou. Hy sal my lei; ek moet net my oog op die tou hou. Daar sal hobbels en afdraaipaadjies wees, maar solank ek nie my oog van Sy pad afhaal nie, sal ek veilig aan die anderkant uitkom.

Watter boodskap? Eers gebeur alles met my soos wat op die video gebeur het en dan leer God my sommer net nog 'n les ook.

Dit kos niks om 'n barmartige Samaritaan te wees nie; maar dit kos 'n prys om die Here te volg. Jy moet jou oe op die Here hou en Hy sal jou rigting gee>

Wees vandag 'n held of 'n barmhartige Samaritaan vir iemand, in Suid-Afrika en jy mag dalk hierdie persoon se uitkyk op die lewe verander!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

samaritaan
Moekie hierdie is n bydrae wat mens laat dink en mens besef dat mens hand in eie boesem moet steek
4 jaar 1 week 6 dae 10 ure oud


samaritane
Dankie Moekie dat jy hiermee ook weereens die oogklappe van ons eie oë verwyder sodat ons volgens Sy Woord sal handel en vertrou op die pad wat Hy lank reeds vir ons uitgelê het.
4 jaar 2 weke 1 uur oud


Barmhartige Samaritaan
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die SA HELDE projek.
4 jaar 2 weke 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    As drome waar word

    deur Evelyn van der Merwe

    Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar