Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het, toe ek nog 'n tjokkertjie was, baie die mooi Afrikaanse uitdrukking "jy kan jou ou skoene agterna gooi" gehoor. Dit het my altyd laat wonder - gaan jy steeds jou ou skoene gooi as jy glad nie skoene het nie, of as jy net een paar skoene het? My Pa het vertel hoe hulle in die Fraserburg distrik kaalvoet deur die sneeu skool toe moes stap - hy het dan mos nie ou skoene gehad om te gooi nie? Wat my meer gepla het was - waarom wil jy ou skoene gooi?

My vriend Hennie het egter die spreekwoord vir my in 1958 betekenis gegee. Ons was by die jaarlikse Kerkbasaar en daar was 'n "tombola" tafel waar jy pryse met die gooi van 'n bal kon wen. Een van die pryse was 'n netjiese paar skoene maar dit was daar agter bo in die hoek geplaas. Niemand kon dit raak gooi nie totdat Hennie sy skoen uit trek, gooi en die prys wen. Met die tweede skoen wen hy toe ook sommer 'n goeie klomp speelgoed. TOE verstaan ek waarom mens "ou skoene gooi ..."



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ha ha haa
Slim en nou weet ek ook.
5 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar