Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek weet ek mag nie oordeel nie. Want met die selfde maatstaf wat ek oordeel sal ek veroordeel word. Ek weet ek moet eers die balk uit my eie oog haal, voordat ek die splinter uit my naaste se oog wil haal. Jy wat geen sonde het nie, gooi die eerste klip.

As ons as mens aan ‘n dominee dink, dink ons aan ‘n regverdige, nederige skaapwagter wat na sy gemeente (skapies) omsien. ‘n Persoon wat in die liefde bly, die eerste en die die groot gebod! ‘n Persoon wat die vrug van die Gees lankal bemeester het.

Ons as gewone mense plaas ons herder op ‘n verhoogie, kyk op na hom vir lyding en wil sy voorbeeld volg. Die ouer mense dra koekies en beskuit aan om die herder se guns te wen. In die gemeente sien ek elke dag hoe die gemeente, ons herder liewer vermy… Selfs die kerkgetalle op ‘n Sondag het geval.

Ek dink aan ‘n herder as ‘n man met ‘n sagte rustige liefdevolle stem, nie die stemtoon van ‘n baie kwaai baas by die werk nie. Met die kwaai baas stemtoom, gaan mense nie vir jou luister nie. En as die gemeente wel sou, sal dit om die verkeerde redes wees. Hulle doen die opdrag nie uit hulle hart nie, maar slegs om konflik te vermy. So ‘n stemtoon hoort ook glad nie van die kansel af gebruik te word nie, ook behoort daar nie name vanaf die kansel genoem te word nie. Na so ‘n uitval is almal so ontsteld dat niemand hoor wat gepreek word nie en die gemeente voel verwilderd. En wonder wie gaan volgende vanaf die kansel uitgehaal word……. Die gemeente sal baie beter reageer op positiewe kritiek (met ‘n sagte stemtoon) as op negatiewe vernederende klitiek (met ‘n kwaai harde stemtoon) en dan nog die lyftaal wat daarmee gepaart gaan.

Die gemeente wil graag hulle eie inisiatief gebruik met bybelstudies en besoeke aan die gemeente, so bou mens geloof. Wel dit is taboe want ons herder het nie genoeg vertroue in sy gemeente om dit toetelaat waar hy nie teenwoordig is nie. ‘n Herder kan nie altyd in beheer wees van alles nie, die balans van “let God, let go” bestaan glad nie. Dit kan dalk wees dat ons herder bang is die gemeente gaan agter sy rug van hom praat, het hulle dalk rede?

Agv van ons herder se ouderdom, persoonlike probleme en besigheid is hy vergeetagtig. Sy bekommernisse steel sy vreugde. Die feit dat hy teveel hooi op sy vurk het, lei tot geweldige misverstande en uitbarstings. Hy bespreek gemeentelede in vergaderings, maar as die waarheid agterna uitkom, vergeet hy om omverskoning te gaan vra. ‘n Herder is:- vergewensgesind, veroordeel nie, vergroot nie, is simpatiek, is nie grootpraaterig nie, bespreek nie mense met ander nie (dis skinder), en ruk nie goed uitverband nie, vertel nie leuens of steek mense teen mekaar op nie! Mense verhoudings is werklik ‘n probleem.

In die begin het ons nie ons herder geken of bevraagteken nie, en met alles wat hy besluit het rerig soos ‘n klomp skape agter hom aangeloop i.p.v om uittevind wat God wou hê. So het hy ‘n hele paar besluite geneem, wat nie tot voordeel van die gemeente was nie. Nou dat ons ons opinies lig, kan jy sien hoe hy hom vir sy gemeente openlik vererg. Die gemeente het agter gekom dat daar ‘n skeur tussen hulle kom, mekaar vergewe en leef nou weer in die liefde! Dit maak ons herder vyandig teenoor sy gemeente want hy het beheer verloor en nou bekyk hy alles met suspisie.

Ons herder is ‘n baie slim man met groot drome, maar sy besigheids geaardheid werk nie lekker by die gemeente nie. Want hier moet ons met ons hart dink en in die liefde bly. Hier bid ons ‘n ding reg en maak nie staan op eie krag nie. Wel dit staan in die woord “ moet op prinse nie eers vertrou nie” en dis presies wat ons gedoen het.

Ns: Praat ek mense engle tale maar dis nie uit liefde nie
Is my woorde hol simbole klanke sonder melodie
Al kan ek geheime uitlê, berge deur geloof versit
Of al het ek al die kennis sonder liefde is ek niks.

Sharlom

A3
23 April 2013



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Herder
Dis maar slegs 'n saak waaroor mens kan bid.
6 jaar 9 maande 1 week 3 dae 13 ure oud


Herder
Ek is met jou eens vriendin. . . 'n Herder lei sy skape en jaag hulle nie aan nie. So behoort dit dan ook te wees in enige gemeente. . . Gemeentelede moet gely word in alle liefde en lankmoedigheid in dit wat reg is in die oe van ons Skepper: die Herder wat ons dag na dag lei met liefde en Goddelike begrip. Dankie vir hierdie diep nadenkende skrywe van jou.
6 jaar 9 maande 1 week 4 dae 3 ure oud


Soos jy sê...
daar bid julle die dinge reg. Bid maar saam met hom?
6 jaar 9 maande 1 week 4 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar