Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het alles van my voorvaders geërf: van rekmerkte tot volwasse aknee. Alhoewel daar so baie produkte op die mark is wat ons kan uitprobeer, sukkel ek nog steeds met die ekseem, al van sestienjarige ouderdom af. Nie dat ek dit ooit oorvertel het aan enige iemand anders nie. Maar om onder die sterreteken ‘Maagd’ gebore te word, is stresvol genoeg, want meeste van my voorvaders is onder die sterreteken gebore. En hardekwas is hulle ook maar nie!

Lagwekkend genoeg, sukkel ons met die tjoepie om ons middellyf ook. Soos die Afrikaanssprekende sou sê: “Ek sal nooit verdrink nie, want my tjoepie laat my bo dryf”.

Nie dat ek dit gaan ontken nie. Geen man/vrou is perfek nie. Veral as jy so voor die muurspieël staan en jouself bekyk. Dan draai jy regs, dan na links, maar jou boude is ekstra groter gebou, as andersin. Die langdenimbroek wat jy dra, span ekstra styf om die heupe. Dan begin jy te wonder. Maar wat het van my sestienjarige skoonheid en modelfiguur geword!

Ek sug nou nog oor die kopkrap vrae, wat geen dokter kan beantwoord nie. Toe besluit ek maar om groter broeke by die klerewinkel te gaan koop: groote 36. Want dan is die vure mos geblus. Of hoe?

Ingedagte stap ek na die aantrekhokkie toe. My ligbruintierkat oë dwaal oor die hokkies. Ek glimlag verlig. Toe ek een raaksien wat net vir my bedoel is. Die hokkie in die stikdonker hoek. Gewilig stap ek soontoe, trek dan toe die donkerblou gordyn en pas die denimbroek aan.

Perfek!

Ek draai in die rondte en my glimlag verbreed. Ek’s meer as net tevrede oor die losbroek. Ek lyk maerder in die ligblou denimbroek. Boude skoon gekrimp, maag ingetrek en hande kan in die broeksakke inpas.

Toe kom die erge stilte in die omtrek. Ek sluk swaar die gevoel af. Word ek dopgehou in die vierkantige, lang muurspieël? Ek hou myself stipdelip dop. Dis al. Maar daar is iets wat skort; kort.

Die bloes! Ek verkies ‘n gemaklike groote, natuurlik. Maar dit hang af van material en kwaliteit. Ek hou van enige bloes wat die warm, bedompigheid kan weghou.

En dadelik skuif ek die katoen gordyn groot oop. Stap angstig na die vrouebloes afdeling toe. My soektog het begin! Lekker! Hoop net my beursie is dik genoeg om alles te kan betaal vanoggend.

Skielik vang my oog ‘n aantreklike nommertjie: grootte 8. Dis mos ook medium groote. Glo ek. Chinese goed, dink ek alleen. So ek het niks om oor te bekommer nie. Nogals kieskeurig besluit ek op ‘n wit- en perspastel V-nek bloes.

Vinnig loop ek na die toonbank toe, waar die kassier vervelig staan en oopmond gaap. Nommer 6 begroet my oor die interkom. Verlig stap ek na die toonbank. Die kassier bly gefokus op my klerestyle.

Sy mompel iets in Zulu. As ek maar net haar kon verstaan het...

Toe al my klere klaar opgelui was, en ek huiwerig my beursie moes oopmaak en betaal. Neem ek my ligblou plastieksak, en groet die kassier. Agterna word ek uitgelag, binne die winkel.

Ek frons diep, bekommerd.

Dadelik gaan soek ek ‘n rusbankie. Om die volgende hoeke ontdek ek diè liggrys bankie. Gelukkig sit niemand daar nie. Blitsig loop ek soontoe, maak die pakkie oop. My ligbruin oë rek geskok.

Die pryslysie lees ek. Op die witlysie staan 36 groote. ‘n Lekker dik nommer vir iemand wat eintlik 34 moet dra. Nou lyk die denimbroek ekstra groot, die bloes te klein.

Ek tuit vies. Wat het my besiel om so ‘n groot verskil in my kleredrag te maak? Vir wie het ek probeer indruk stel? Nie myself nie. Maar die verdomde muurspieël! Dis maar al.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Herinneringe van gister
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KONTRAS projek.
3 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 14 ure oud


Herinneringe van gister se grootes
Ja,soms is daai twede ondersoek die sondebok.
3 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar