Artikels

Titel: Herkoms van die Simmentaler bees

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Alpe as heimat
Om jou bestemming tydens ‘n reis te bepaal moet jy tog weet waar vandaan jy kom. Op die voorblad van die Oostenrykse boek: Das Osterreichische Fleckvieh, staan die volgende woorde: “Die Vergangenheit ist die schussel fur die zukunft” Vertaal in Afrikaans :”Die vergangenheid (verlede) is die sleutel vir die toekoms”

Dit kan met sekerheid gesê word dat met Simmentalers reeds die afgelope 1 400 jaar in die Switserse Alpe geboer is. Daar betaan drie teorie oor waar die ras vandaan gekom het. Die eerste is dat die ras in die Alpe ontstaan het, met ander woorde die Alpe is die ras se “oer heimat”. Die volgende teorie is dat die ras afkomstig is van Suid Swede en met die volksverhuisings van meer as ‘n duisend jaar terug na die Alpe gekom het. Die derde teorie bevat iets van altwee vorige teorie en dit is dat die ras in die Alpe ontstaan het deur middle van kruisteling tussen plaaslike inheemse rasse asook swerwende beesrasse uit ander gebiede o.a. vanaf Suid Swede. Hoe ook al, dit is egter eers die laaste 200 jaar dat die ras se unike bouvorm en kleur vasgeteel is. Toenemende Simmentaler invoere na Suid Duitsland het vanaf die jaar 1600 beslag gekry. Persone wat hier ‘n rol gespeel het was onderandere Hertog Maximillian, en Hertog Albrecht van Beiere. Plaaslike rasse is met Simmentaler opgeteel en vandag staan die ras as Fleckvieh in Duitsland en Oostenryk bekend. Die Simmentaler se populariteit in die vroegste eeue is daar aan te danke dat die ras goed bespierd was en die ideale trekdier uitgemaak het. Boonop was die ras se vleis en melk eienskappe uitstekend. Die ras het dus vanaf die vroegste eeue as ‘n “trippel doel” ras ontstaan. Trek, vleis en melk.

Vandag kom daar 45 miljoen Simmentalers wereldwyd voor en is een van die wereld se oudste en mees getalrykste rasse. Nagenoeg 70% van die wereld se Simmentalers word gemelk terwyl slegs 30% vir vleisproduksie geteel word. Simmentalers staan bekend as Pezeta Rosa in Italie, Montbeliarde en Abodance in Frankryk, Simmentaler in Switserland en Fleckvieh in Duitsland en Oostenryk. Ongeveer 30 lede lande vorm die Simmentaler Fleckvieh wereld federasie, die tweede grootste federasie van sy soort in die wereld.

Populasies in Europa
As melkbees is die Simmentaler relatief onbekend buite Europa. Soos die Duitse KI stasie Munchen Grub op sy advertensies se: ” Fleckvieh, the world’s best kept secret” Tog is die ras die vernaamste melkbees in verskeie Europese lande.

In Duitsland was die totale Fleckvieh populasie 4,02 miljoen diere in 2000. Dit is 28% van die land se totale bees populasie. In die Beiriese staat, (Suid Duitsland) maak Fleckvieh ‘n enorme 83% van die totale beespopulasie uit. Dit verteenwoordig 3,37 miljoen Fleckvieh diere. Die gemiddelde laktasie van Fleckvieh in Duitsland is 6 280 kg melk 259kg bottervet (4,12%) 220kg protein (3,49%). In Beire is dit 6.471kg melk 4,19% bottervet en 3,53% protein. Somatiese sel telling is ‚n lae177 000. 500 toetsbulle per jaar word vir melk produksie in Duitsland getoets.

In Oostenryk het die populasie Fleckvieh in 1947 van 36,3% van die totale bees populasie aangegroei tot 81,3% in 2000. Dit verteenwoordig ‘n totaal van 1,9 miljoen Fleckvieh diere in Oostenryk. Die gemiddeld van alle laktasies in die betrokke land is 5 752 kg 4,15% bottervet en 3,42% proteine. Daaglikse groei toename van bulle in toetsstasies beloop 1,438 gram per dag. 120 toets bulle per jaar word in Oostenryk getoets.
Ander lande met beduidende populasies Simmentaler vir melkproduksie is die volgende: In Switserland maak Simmentaler ongeveer 44% uit van die totale beespopulasie van 1,7 miljoen diere. In Frankryk maak die Montbeliarde, Abondance en Simental Francaise gesamentlik 2 miljoen diere uit wat 15% van die land se gesamentlike bees populasie uitmaak. In Italie maak die 320 000 Pezeta Rosa 5% van die land se totale bees populasie uit en kom meestal in Suid Tirol voor. (Italiaanse Alpe) In die Tjegiese Republiek is ‚n ruim 60% van alle beeste Simmentaler. Hul 760 000 melkaangetekende koeie produseer 5 134kg melk 4,35% bottervet en 3,42% protein. In die Slowaakse Republiek is Simmentaler ook die dominante beesras met 45% van die totale beespopulasie. In Slowenie maak Simmentaler 57% uit, Kroasie 80%, Romenie 40%, Rusland en Ukrainie 25% .


ONTWIKKELING IN MELKPRODUKSIE

‘n Enorme groei in melk produksie binne die ras het die laaste 100 jaar plaasgevind. Syfers t.o.v. die ontwikkeling in melkproduksie in die Beirse staat in die volgende fig.

Fleckvieh in Beire: Melkproduksie oor 90 jaar.
JAAR     AANTAL KOEIE         MELK KG       BV KG    BV %      PR%
1914              2609                       2445             92         3,75
1930              19540                     2800           106         3,8
1940             983970                    2086            79          3,77
1950             117589                    3158           122         3,86
1960              336458                   3511           140         4,00
1970              352062                   3994           161         4,02
1980              574749                   4794           190         3,96        3,45
1990               725390                  5236           212         4,04        3,39
2000               787532                  6105           252          4,12       3,49
2005               908000                 6471                             4,19       3,53

Kudde gemiddelde’s van meer as 10 000 kg melk is nie ongewoon in Duitsland nie. Die laktasie gemiddeld van Karl-Josef Vermohlen se 104 koeie was in 2003 10 743kg 4,02% bv en 3,48% pr.

Melkproduksie in Suider Afrika

In Suid Afrika ken die meeste mense die Simmentaler as ‘n vleisbees, hoewel die Simmentaler boere en hul genootskap die ras as ‘n dubbeldoel beskryf. Een van die Simmentaler Genootskap se leuses is: “ Jy kan melk sonder vleis produseer, maar jy kan nie vleis sonder melk produseer nie.” Dit is presies wat Simmentaler telers doen , selekteer vir melk en ‘n vinnig groeiende kalf tot met speen is die eind resultaat. Simmentaler vleis boere is niks anders as “melk” boere wat hul melk deur die kalf bemark nie.

Om Simmentalers in Suidelike Afrika te melk was egter nie ongewoon nie. 4 miljoen kg botter en groot hoeveelhede kaas is oor ‘n tydperk van 24 jaar tussen 1935-1958 vanuit die destydse Suidwes Afrika uitgevoer. Met geen suiwel rasse in daardie land tydens hierdie tydperk is al hierdie melk deur Simmentalers en Simmentaler kruise geproduseer.

In die 60’s en 70’s het heelwat Simmentaler boere ook hul koeie gemelk. Die stelsel wat bekend gestaan het as “dairy ranching” is toegepas waar drie kwarte uitgemelk is om te verkoop en die vierde kwart vir die kalf gelos is. Hierdie stelsel is in die 80’s laat vaar weens nuwe melkstal regulasies en die meerderheid Simmentaler boere het net eenvoudig hul koeie veld toe gejaag en die melkery gestaak. Enkele boere het egter aanhou melk soos Mnr Awie Coetzee van Ermelo , wat sedert 1974 sy Simmentaler koeie melk.

Dit was met die draai van die melenium (2000) dat daar weer nuwe belangstelling opgevlam het vir Simmentaler as suiweldier met die vorming van die Simmentaler Melkbelange groep. Vanuit hierdie groep was daar verskeie besoeke aan Duitsland wat bygedra het om leier boere te oorreed om kruisteling op hul suiweldiere toe te pas. Met eerste resultate beskikbaar het ook proewe te Elsenburg en Outeniqua proefplase gevolg met Bavarian Fleckvieh Genetics as borg.


Ten slotte


Deur melk en vleis van hoogstaande gehalte te produseer van ‘n enkele ras, maak dit moontlik om meer ekonomies te boer met groter winste. Simmentaler het homself vir aanpasbaarheid en gehardheid reeds vir 100 jaar in Suid Afrika bewys. Simmentaler is die antwoord om Suid Afrikaanse boere op hul plase te hou tydens moeilike ekonomiese tye. Die ras maak dit ook moontlik vir swart opkomende boere om met groter sukses en inkomste ‘n bestaan te maak. Simmentaler is die antwoord vir sowel vleis as suiwel boer.

 




DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar